Vra net wat jy wil…
Its Time in Pretoria – Wie was daar die naweek?
LCF gebed 6am Saterdag oggend – Wie was hier?
En die res? Waar was julle? (het iemand by hule huise te minste 15 min in gebed spandeer)?
Psa 6:9 – Die Here het geluister na my smeking, die Here het my gebed aangeneem.
- Beantwoord die Here nog in 2018 ons gebede?
VRAAG: Wie van julle het nog nooit enige van jou gebede beantwoord gesien nie?
ANDERS GESTEL: Wie het nog nooit enige situasie waarvoor jy gebid het sien verander soos wat jy in jou gebede gevra het nie?
- As ons situasie verander, hoe reageer ons?: Was dit n gelukkie vir Frikkie, of is God se almag in werking wanneer ons bid?
As ons mense is wat verandering sien wanneer ons bid, hoekom nie gister saam met die res van die land bid nie?? – Ek wonder maar net.
LCF en preke oor gebed
- In die 2e helfte van 2017 het Sakkie n preek reeks oor gebed gepreek (9 boodskappe in totaal)
- Ek het in die jaar n boodskap oor gebed gebring in ons “Heinings” reeks met die uitdaging gestel: “Ek weier om n gebedlose lewe te lei”
- Hoekom? – LCF kultuur – gebed
As die boodskap van gebed nog nie sterk genoeg deurgekom het nie, wil ek dit vanoggend weer beklemtoon.
Skrifgedeelte: Johannes 15:1-8 (klem op vers 7-8)
Lees Joh 15:1-8
Van vers 1 af is dit duidelik dat vrug in die lewe van n gelowige, baie belangrik is vir God.
- Geen vrug is n probleem.
- As daar vrug begin kom, sal Vader intree sodat daat meer vrug kan wees.
Wat is vrug?
- Innerlik: wanneer ons God toelaat om Jesus kwaliteite in ons te ontwikkel (Gal5:22)
- Uiterlik: Wanneer ons God toelaat om deur ons te werk om Sy naam te verheerlik.
Die wynstok skrifgedeelte: n Baie bekende hoofstuk in Johannes wat n voorwaarde bevat vir die bid van kragtige gebede –
- Joh 15:7 – As julle in my bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê en julle sal dit verkry.
- AS – DAN voorwaarde – As julle in My bly en My woorde in julle…
- … sal julle vra net wat julle wil hê en julle sal dit verkry.
- Is hierdie nie een van daardie gedeeltes wat ons laat frons en dink “no ways…”
As julle in My bly en My woorde in julle…
Wat word bedoel met: As julle in My bly?
As julle by my bly, saam my aanhoudend wandel, in afhanklikheid bly leef, leef asof jy sonder my niks kan doen nie, as julle aan my bly kleef soos n wynstok aan die wingerd, as julle bly vrug dra…
Wat word bedoel met: en My woorde in julle?
Verwantskap tussen vers 4, 5 en 7
- Vers 4: Bly in My, soos Ek in julle (dan sal julle vrug dra – innerlik, uiterlik)
- Vers 5: Wie in My bly en Ek in Hom (dan sal julle vrug dra)
- Vers 7: ipv Jy in My en Ek in jou, verander dit na: Jy in my en My woorde in jou…
- Vers 7 lê dit prakties vir ons uit: Hoe Jesus in my kan bly…
- As Sy woorde in my bly.
In vers 7 verklaar Jesus vir ons dat wanneer ons vir Hom plek gaan maak in ons lewe, Hy nie n stil gas wil wees nie, maar dat Hy pratend inkom. Hy kom in met opinies en opdragte.
Wie se opinies maak vir jou die meeste saak?
Joh 15 plaas vir ons lig op die onderwerp dat Jesus wil inkom en begeer dat Sy opinies vir ons meer belangrik sal raak as enige ander opinie en Sy opdragte die wet van ons lewe sal word.
- As Jesus in my bly, bly Sy opinies in my.
- As Jesus in my bly, bly Sy opdragte in my
- As Jesus in my bly, bly Sy beginsels in my … dis hoe Sy woorde in my bly.
Hierdie is intensionele stappe wat ons neem om in n lewende verhouding met n lewende Verlosser te staan wie se woorde vir ons lewendig is – nie n stel dooie moets en moenies nie,
“Ontvang my woorde, onthou My woorde, dink na oor My woorde, glo My woorde, doen My woorde”.
Dan is Sy woorde vir ons lewendig, dan bly Sy woorde in ons, dan bly Hy in ons.
Dan, volgens Joh 15:7, is die kondisie reg vir ons om meer konstante beantwoording van op gebede te hê.
Vra net wat julle wil… (hoe kan die res van die woord ons help om die te beantwoord?)
Friedel, my “no ways” gedagte was nie oor deel 1 van vers 7 nie, maar oor deel 2… “… sal julle vra net wat julle wil hê en julle sal dit verkry.”
As hierdie stelling waar is net soos dit hier staan: “Vra net wat jy wil, jy sal dit kry”, waarvoor sal jy vra?
- Persoonlike behoeftes, dit wat ons in die vlees benodig?
- Geestelike behoeftes, dit wat die koninkryk van God benodig?
- Eie begeertes:
Jak 4:3 – As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.
Jesus leer ons bid:- Jesus raak albei aan…
- Ons Vader… Laat U Naam Geheilig Word, U Kininkryk kom, U wil geskiet…
- Gee ons vandag ons daaglikse brood…
MAAR eerste kom die God-gesentreerde begeertes, die God-grootmaak en verheerlik begeertes
DAN eers die vleeslike behoeftes.
Selfs n groter doel aan daaglikse brood
Vir n hart wat eerstens begeer na God se Naam, koninkryk en wil, sal selfs die voorsiening van daaglikse brood n groter doel hê as net die bevrediging van n vleeslike behoefte…
- AS ons gebede oor beskeming van ons lewens, bates, groei van besigheid en inkomste, bevordering by jou werk inruil lei tot die verheerliking van God se naam en bevordering van Sy koninkryk en wil, kan ons met vrymoedigheid daaroor bid.
- MAAR gebed is nie net n middel om ons vleeslike behoeftes alleen aan te spreek nie.
- Jak 4:3 sê: gebed is nie net vir ons daaglikse brood nie – vir gemakliker lewe nie
- God se wil
1 Joh 5:14 – En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens Sy wil.
- Gebed is nie net daar om ons wil te vervul nie, maar God se wil uitgevoer deur ons.
- As ek nie brood het nie, kan ek bid vir daaglikse brood? JA
- As ek brood het, kan ek bid vir fillet steak??? JA / NEE
- As ek vroeer doodgaan omdat ek elke aand fillet steak eet, waarheen gaan my siel en gees?
- God se wil is die ken van Sy naam en die bou van Sy koninkryk in my lewe.
- Met vrymoedigheid kan ek hieroor bid
- verlustig jou in Hom
PSA 37:4 – verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
- Die volgorde is reg.
- Die begeertes van ons harte word geldige onderwerpe vir gebed wanneer ons hart hom verlustig in die Here bo enige iets anders.
- Wanneer n hart die waarde van God en God se koninkryk en God se wil bokant alle ander dinge stel, kan God vir so n hart sê: Jou begeertes kan ek vervul.
- Stel God se belange eerste, en kyk of God nie gaan omsien na jou belange nie.
- verlustig jou in Hom –> As jy in my bly en my woorde in jou:
- Hy sal jou gee die begeertes van jou hart.
- Vra dan net wat jy wil en jy sal dit verkry.
- Teenwoordigheid van vrug en beantwoording van gebed
Volgens Joh 15:7-8 (Lees dit) is gebed n middel tot vrug dra: (In Friedel se verduideliking)
- Moet daar einlik skeiding kom tussen vers 7-8? “Hierdeur verwys heel moontlik terug…”
- Indien dit reg is soos dit daar staan beteken dit:
- As julle in My bly en my woorde in julle, dan gaan julle beantwoording kry van die dinge waaroor julle bid. En wanneer dit gebeur, word God se naam verheerlik, want julle lewe is dan besig om vrug te dra.
- God sê vir Sy kinders: Doen wat ek vra, en ek sal doen wat jy voor vra. Hierdeur dra jou lewe vrug. Hierdeur word My Naam verheerlik.
- BEVESTIG in vers 16:
- Joh 15:16 – Julle het my nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee, wat julle ook al in My Naam vra.”
- Verbintenis tussen beantwoorde gebed, die dra van vrugte en verheerliking van God.
Afsluiting
Moeilike boodskap want ek ken van julle hier se wandel en se begeertes van julle hart en julle aanhoudende gebede.
- Nie gebede vir bling bling dinge van die lewe nie.
- Hoekom nog nie beantwoord nie? Ek weet nie.
Wie van julle as daar 13 jaar terug toe Kyla oorlede is die aand in Medi Clinic Vereeniging.
- Ons het gebid, almal het gebid.
Ek het n eenvoudige teorie: (dit kan dalk nie vir jou werk nie)
- Ek gaan aan Hom bly kleef.
- Dit gaan my die geleentheid gee om eendag op Sy skoot te sit en by Hom te hoor, hoekom.
- As om eendag in die poel van vuur verwyderd van Hom te bly wonder, vir ewig.
Joh 15:7 – “as julle in my bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê en julle sal dit verkry”
- Hoe meer ons derdrenk word met die woorde van Jesus, hoe meer seker kan ons wees dat ons gebede verhoor gaan word.