Die tema van vanoggend se boodskap is die onderwerp van begeerte en die doel is om n groter begeerte na Jesus in jou wakker te maak.
n Toneel wat afspeel by die bad van Betesda in Jerusalem:
Joh 5:5-6 “En n sekere man was daar, wat 38 jaar aan sy siekte gely het. Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al n lang tyd siek was, sê Hy vir hom ‘Wil jy gesond word?'”
Is dit nie vreemd nie? Jesus weet, tog vra Jesus hom.
Op n geleentheid by Jerigo speel die volgende af:
Luk 18:35-41 En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra hy hom en sê: ‘Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?’
n Blinde man maak amok en skree Jesus Jesus Jesus – en Jesus vra hom die vreemde (in ons oë dalk n dom vraag): Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? / Wil jy gesond word?
Ek kyk hierna en dit lyk vir my of met hierdie 2 vrae, Jesus die begeerte van die 2 manne wou bepaal.
Begeerte se betekenis
Daar is n verskil tussen “iets te wil hê” en “iets te begeer”
Voorbeeld van 2 sterk manne wat op die verhoog kom om my stil te maak…
“Ek wil iets hê” – dit sal lekker wees om dit te verkry, maar as opposisie opstaan, dan raak die wil stil.
“Ek begeer iets” – maak nie saak hoe moeilik dit is of wat die opposisie is nie, ek sal doen wat nodig is om te verkry wat ek begeer.
Byvoorbeeld (Illustrasie)
Wil jy gesond word?
Wil jy intiem wees met die Here?
Wil jy graag Sy stem hoor?
Wil jy n instrument in Sy hand wees?
Wil jy hê dat jou lewe Hom moet verheerlik?
Begeer jy om gesond te word?
Begeer jy om intiem te wees met die Here?
Begeer jy om sy stem te hoor?
Begeer jy om n instrument in Sy hand te wees?
Begeer jy dat jou lewe Hom moet verheerlik?
Wat is jou top 5 begeertes in die lewe?
Met die uitsluitlike doel dat die Here die grootste begeerte / skat van ons almal se lewe sal raak.
Jes 26:8 – Here ons doen graag wat U vra. Ons enigste begeerte is om U Naam te eer.
Ek het vroeer genoem dat begeerte is sinoniem met “n honger” en “n dors”.
My vleesmens word ons honger deur nie te eet nie.
DIS ANDERS MET MY GEESMENS.
Boodskap aan Lerie van een van ons vennote:
Baie dankie, ek het nie woorde nie. Weet net hoe baie ek alles waardeer. God wil my vry maak en ek wil gesond word. Gister was week 5 wat ek daagliks tyd met God spandeer, en ek het net my hart vir hom geopen, op baie seer plekke. En hy het my baie goed gewys.
EERSTE DISSIPLINE Daarna BEGEERTE:
Ja Lerie, ek honger en dors na nog net meer van hom. En ek sien nou hy is n liefdevolle Vader vanaf ek meer tyd saam hom spandeer. En besef nou die beeld wat ek al van kind van God gehad het, dat hy vir ons kwaad is en ons net wil straf nie is wie ek gedink het hy is nie.
Ek het n ander prediker hoor sê: Een van van die grootste uitdagings van n gelowige is om vol te wees, maar honger te bly.
VOL: It is well with my soul.
HONGER: Ek weet daar is meer van U. Here ek is opsoek na die “meer”.
In die vlees: Ek het lekker geeet, ek is versadig. Wil jy nog iets eet? NEEEEE asb nie.
In die gees: My beker loop oor van U Here, maar vergroot my kapasiteit vir meer van U.
Ek is vol, maar ek is honger.
Mar 11:24 (KJV) Therefore I say unto you, what things soever ye desire, when you pray, believe that ye receive them, and ye shall have them.
BEGEER trek aan die hemel totdat dit word: soos in die hemel, net so ook op die aarde.
Ons sal graag wil hoor wat die impak was wat Vibrant Hearts op jou lewe gehad het. Deel dit met ons hier: