Sondag 22 Maart was ons laaste “normale” Sondag diens voor die inperking begin het.
Teen gister se datum, het Covid die lewe van 18,370 Suid Afrikaners geeis.
Dis amper 7 maande terug. Hoe was die laaste 7 maande van jou lewe?
Ons almal moes ons lewe aanpas. Die wêreld moes aanpas.
Dinge het goed begin. Dit was nuut. Ons almal het ten volle ingekoop.
Kom ons kyk na LCF se video views oor die laaste 7 maande.
Is dit wat gebeur met ons as die hitte van die seisoen toeneem? (geen programme, 1 uitsending p/w)
Die tema van vanoggend se boodskap is: Die Vuur wat suiwer.
MALEAGI 3:1-3 ‘Die Here, die Almagtige, sê: “Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die pad voor My gereedmaak. Die Here na wie julle soek, sal skielik na sy tempel toe kom. Die boodskapper van die verbond na wie julle so uitsien, kom beslis. Maar wie sal die dag van sy koms kan deurstaan? Wie sal kan standhou wanneer Hy verskyn? Hy sal wees soos vuur wat metaal suiwer of soos seep wat klere spierwit was. Hy sal gaan sit en oordeel soos iemand wat silwer smelt en suiwer maak. Hy sal die Leviete suiwer en hulle soos goud en silwer louter. Dan sal hulle weer vir die Here aanvaarbare offers bring. ‘
Mal 3:3 ‘He will sit, testing and purifying the silver; he will purify the sons of Levi, refining them like gold and silver, so that they can bring offerings to Adonai uprightly.’
Die skrifgedeelte praat van n vuur wat TOETS. n Vuur wat SUIWER.
Op verskeie plekke in die Bybel word die seisoene / prosesse wat ons as mense deurgaan vergelyk met die suiwering van silwer en goud.
Wat is die verskil tussen 9ct, 18ct, 24ct Goud?
Net so is daar onsuiwerhede binne ons wat weggesteek is vir die oog, maar wat die Here van weet en hierdie onsuiwerhede kom dikwels net uit wanneer die temperatuur van ons omstandighede so bietjie warmer raak.
Die oond van beproewing brand warm in Suid-Afrika.
Voel dit vir jou of jy in die vuur is?
Word jy gestraf? Of word jy gesuiwer?
Ons kan die vuur beveg, of ons kan saamwerk.
Job het net soos die meisie in die storie gevoel:
Job 23:8-12 (NKJV) “Look, I go forward, but He is not there, And backward, but I cannot perceive Him;
9 When He works on the left hand, I cannot behold Him; When He turns to the right hand, I cannot see Him. 10 But He knows the way that I take; When He has tested me, I shall come forth as gold.
WHY???
11 My foot has held fast to His steps; I have kept His way and not turned aside.
12 I have not departed from the commandment of His lips; I have treasured the words of His mouth
More than my [a]necessary food.
Dis hoekom my gedagtes spin as ek na hierdie grafiek van ons kyk.
Psa 12:7 – Die woorde van die Here is rein woorde, soos silwer in die oond gesuiwer, wat sewe keer gesuiwer is.
Wanneer ons in die vuuroond van beproewing is, kan ons staatmaak op Sy 7 keer gesuiwerde woorde.
Het die laaste 7 maande ons geforseer om in n gewoonte in te kom waar ons leer klaarkom het sonder die gemeenskap van die gelowiges? Sonder kerk toe kom op n Sondag en programme gedurende die week?
Min aanbidding? Min Woord?
Ons het gedwonge n gewoonte aangeleer wat afgeleer moet word.
Daardeur plaas ons onsself op n plek waar die vuur van die Here wat wil suiwer ook in ons lewe aktief is.
Hemelse Vader, vergewe ons dat ons net murmureer en kla oor die hitte wat toeneem in ons lewe. Ons almal besef opnuut vanoggend dat U ons nie verlaat het of straf nie. U is besig om ons voor te berei vir groter invloed en groter impak wat U deur ons lewe wil uitoefen.
Vergewe ons dat ons weg beweeg het van aanbidding en U woord, die einste dinge wat ons suiwer as die temperatuur toeneem. Ons kies…
Ons sal graag wil hoor wat die impak was wat Vibrant Hearts op jou lewe gehad het. Deel dit met ons hier: