Getuigskrifte

Ons sal graag wil hoor wat die impak was wat Vibrant Hearts op jou lewe gehad het. Deel dit met ons hier
1Charlene - Dit was vir my n amazing kursus
Ek wat nou deur n egskeiding gegaan het, wat baie met seer en verwerping en baie kwaad moes deel. Die kursus het definitief aan rou plekkies in my lewe geraak. Daar was definitief goed in die verlede waarmee ek moes deel. Ek is op n plek waar ek weet ek is goed genoeg in die Here se oë. Ek het nog n lang pad, maar daagliks openbaar die Here en Hy werk met my met sekere goed.
2Annoniem - Ek was op n baie donker plek, vol twyfel
Aan die begin van hierdie kursus was ek op n baie donker plek, vol twyfel en woede teenoor God. Ek het dringend n verandering nodig gehad en het besluit om te "commit" om elke week te kom, maak nie saak hoe ek voel nie. Party weke was moeilik, maar ek het elke week baie geleer en begin agter kom hoe God steeds goed is. Ek het Hom vergewe (al het Hy niks verkeerd gedoen nie) en is vannaand op n plek waar ek weet Hy is by my, maak nie saak waar ek is of hoeveel keer ek val nie. Ek het geleer dat ek in n woestyn is om nader aan Hom te kom en ek het weer moed in my lewe om Hom te soek.
3Lindie - Dit het regtig my lewe verander
Woorde kan eintlik nie eers beskryf wat in my lewe gebeur het nie. Dit het regtig my lewe verander. Die Here het vir my goed kom wys wat ek bely het, waarvan ek lankal vergeet het. Hy het my kom vry maak en ek voel vir die eerste keer regtig "lig", die swaar las is weg. Ek het vandat ek kan onthou, nie goed genoeg gevoel nie en al die vyand se leuens geglo. Vir die eerste keer glo ek dit nie meer nie. Ek weet nou die waarheid. Dis hoe vryheid voel.
4Chris - Ek het gedink ek is nie goed genoeg nie
Dankie vir n awesome kursus. Ek het as dissipel n wonderlike ondervinding gehad met vrymaking. Deur die kursus en julle voorbeeld, het die Here my laat opstaan om te getuig oor my vrymaking in die dissipelskap kursus. Ek het gedink ek is nie goed genoeg en nie slim genoeg. Nou besef ek, as God my wil gebruik, sal ek opstaan en getuig. ek sal nie bang wees wat mense dink nie.
5Sonja - ek ervaar baie "healing" in my hart
Ek het Vibrant Hearts begin met n hart wat vol wonde was en n jaar voor die kursus begin het, het die Heilige Gees op my hart gelê om die kursus te doen. Van die eerste les af, het ek na die Hee geroep om my hart oop te maak, uit te skrop en Sy lig te laat skyn. En Hy het! Daar het elke Dinsdag aand dinge aan die lig gekom waarmee ek moes deel, en tot die volgende Dinsdag het ek gereeld terug gegaan na my boek en weer deur van die aantekeninge gewerk. Ek glo dat die werk nog nie klaar is nie, maar ek ervaar baie "healing" in my hart en ek is oneindig dankbaar daarvoor.
6Karin - I am very sad that these 14 weeks have ended
I am very sad that these 14 weeks have ended. I could feel God's Spirit working and touching me in every lesson. Thank you for being obedient and honest.
7Ina - 38 jaar terug het ek my seuntjie begrawe...
Eerste. Baie dankie vir julle 2 wonderlike mense wat jul tyd en persoonlike lewe met ons kom deel het. 38 jaar terug het ek my seuntjie begrawe, net 2 jaar oud. Net so toe soos sy graf het ek my seerkry gebere en nooit gepraat nie. Vir die eerste keer kon ek my hart oopruk en die Here toelaat om te kom genees.
8Louw - Dis n journey, nie n quick fix nie
Vibrant Hearts is n journey, dis nie n quick fix nie. dit gee vir jou Goddelike perspektief van alledaagse probleme en uitdagings. Ek besef net weereens dat daar altyd n wortel is van wat in ons lewens reflekteer, of dit nou goed is of sleg is. Ek is nou super bewus van hierdie goed en bid en vra die Here om my hart vir my te wys en oorsake van dit.
9Carina - Baie dinge in n mens se lewe is onverstaanbaar
Baie dinge in n mens se lewe is onverstaanbaar. Na die kursus kon ek n paar antwoorde kry op van die hoekoms in my eie lewe. Ek kon tot selfvergewing kom, want ek kon uit Lérie se getuienis beleef dat ons n waarlik vergewende God aanbid. Ek kon myself oopmaak en ontvang waar ek voorheen toegesluit en donker was. Dankie vir die reis, vir die kans om hier as dankbare, vry vrou te kan uitstap.
10Anoniem - Dis Vibrant Hearts nommer 5 vir my
Strome van lewende water vloei uit my binneste!!! Strome! Healing hearst nommer 5 (Vibrant Hearts) en ek eer die Here vir ELKEEN!! Te danke aan Vibrant Hearts, staan my huwelik. Te danke aan Vibrant Hearts glo ek weer ek is goed genoeg. En uit dit vloei lewe op lewe op lewe. Ek eer die Here!! Ek kan saam jubel. A walk of obedience to life.
11Charles - Dit wat julle doen met hierdie kursus is wonderlik
Dit was "awesome", ek is bly dat ons besluit het om hierdie te doen. Dit wat julle doen met hierdie kursus is wonderlik. Dankie vir die manier hoe hierdie kursus aangebied was. Lérie, dankie dat jy jou hart ook met ons kom deel. Al ken ons julle nie persoonlike nie, kon ons deur hierdie kursus deel word van God se grootheid deur julle lewe. God is goed!!
12Lucy - Die Here het beslis my hart aangeraak
Alhoewel ek nie altyd in die bui was om Dinsdag aand uit te gaan nie, het ek elke week bygewoon en ongelooflik baie geleer. Ek besef vanaand dat ek die Dinsdag aand bymekaarkoms en les baie gaan mis. Baie dankie vir julle tyd en die deel van julle storie. Die Here het beslis my hart aangeraak en gevul. Ek kon werklik die Heilige Gees voel werk met my. Ek sal die kursus beslis aanbeveel en self weer bywoon.
13Paula - Dit kan die begin van my nuwe lewe wees
Die 14 weke het my lewe verleng. Ek was morsdood in alles. Maar dag vir dag kry ek weer hoop om aan te gaan. Ek het die Here glad nie geken nie, maar weet nou meer en wil meer glo en hoor. Ek voel dit kan die begin van my nuwe lewe wees.
14Martie - Ek moet in lyn kom om vry te word
Vanaand is my hart seer dat hierdie weke verby is. Soms, nee dikwels het jy net met my gepraat (so het dit gevoel!). Tot die voorbeelde was net vir my bedoel. Dankie vir alles wat jy my kom leer het van myself. Ek het besef my negatiewe denke en woorde spreek van rebellie in my hart. Ek het hier kom leer dat ek moet in lyn kom om vry te word! Baie baie dankie vir hierdie wonderlike kursus.
15Sonja - Vibrant Hearts het my geleer om die kamers van my hart oop te maak vir God
Vibrant Hearts het my geleer om self ondersoek te doen. Om die kamers van my hart stukkie vir stukkie oop te maak vir God. Om die Heilige Gees in te nooi. Ook om die seer / verwerping in ander te kan raaksien. My vrese te erken en my sondes te belei en na elke val terug te gaan na God toe en by Sy voete te sit.
16Leonie - Ek het so worthless gevoel, asof ek klaar was met die lewe
Waar begin ek? Toe ek begin het, het ek gewonder hoe gaan hierdie my help. Ek het so worthless gevoel asof ek klaar was met die lewe en met alles. Niks het meer sin gemaak nie. Ek het n oorlog begin. Hoekom ek? Wat moet ek leer en en en... Baie vrae en die Here was stil. Tog wou ek nie een week mis nie. Die Here het my nie gelos nie. Ek smag vir die eerste keer in my lewe na God.
17Marie - Ek het geleer om te dink wat ek dink
Hierdie kursus het vir my baie beteken. Om te vergewe. Waar daar seer was om dit beter te verwerk. Om regtig te dink wat ek dink. Ek kan met eerlikheid sê dit het my lewe verander. Ek verstaan nou ook waar kom die rebellie vandaan. Goed wat Lérie gesê het oor n mens se kinderjare. Daar het so baie goed uitgekom en ek verstaan nou hoekom ek so opgetree het.
18Elize - In die tyd het ek geleef vir Dinsdag aande
Ek wil graag julle twee kosbare instrumente en God bedank vir n wonderlike reis. In die tyd het ek geleef vir Dinsdag aande. So soet om te kan drink uit die hemelse fontein. Opnuut het ek weer die Heilige Gees, my enigste Helper ontmoet. Julle het my soms bietjie van my voete af geslaan. Soms was my wind uit, want ek het besef ek skiet ver tekort. Dankie Here vir die kans om selfondersoek te kan doen. Aan God al die eer.
19Riana - Woorde ontbreek om te sê hoe dankbaar ek is
Hierdie kursus was awesome. Nie een minuut was vermors nie. Dit was n voorreg om hier te wees. So baie dinge is duidelik gemaak. Ek wens elke mens op die aarde kon dit hoor. Dit het my lewe verryk. Mag ek elke dag n stukkie deel van wat ek gehoor het. Dankie dat daar nooit veroordeling was nie, maar elke keer net meer en meer bewus geword van God se liefde en vergifnis. Woorde ontbreek om te sê hoe dankbaar ek is.
20Dianne - Ek het geglo ek is absoluut onwaardig
Hierdie program het my Dinsdag na Dinsdag op n ongelooflike pad van gesondword gesit. Ek het so geglo ek is absoluut onwaardig. Stelselmatig het die Here my gebou en vanaand dank ek Hom dat Hy uit my hart weer lewende water sal laat vloei.
21Cindy - Hierdie kursus doen meer as wat my woorde kan verduidelik
Hierdie Dinsdae het my en my gesin se lewe so verander. My siening en hoe ek dinge verstaan. Ek wens ek kan vir almal wat ek sien en van hoor wat pyn het hiervan vertel, maar ek moet myself ook kort kort herinner. Die is dinge wat ek my kinders wil leer! Die antwoord is eintlik so eenvoudig… Jesus… kies… dink wat jy dink! Hierdie kursus doen meer as wat my woorde kan verduidelik. Dankie vir julle gehoorsaamheid. Ek en my man het antwoorde ontvang deur die Gees wat ons jare lank oor wonder en worstel. SDG!
22Lizelle - Baie dankie vir die oorgee van die sleutels
So lank stap ek al op die pad saam met Jesus en vir so lank is daar areas waarin ek nie groei en nie kom tot daar waar ek wil wees nie. Die kursus het vir my gewys dat alhoewel ek al soveel seer voor God neer gesit het, ek eintlik nog altyd net by die oppervlak uitgekom het. Nou sien ek hoe diep ek moet oopmaak – waar ek soms nie voel ek wil weer ingaan nie – dis reeds daar waar my oorwinning lê! Als wat ek nie is in Hom, of kan wees in Hom, is die sleutel hierin – nou in my hande gesit. Baie dankie vir die oorgee van die sleutels. Verseker sal ek nou “dit” bereik. Mag God julle seën met dieselfde mater waarmee julle dit oorgedra het!
23Tania - Tweede keer wat die die kursus doen, en elke keer kom wys Vader vir my iets nuuts!
Vibrant Hearts. A walk of obedience to life… Wow, wat ‘n journey! Tweede keer wat die die kursus doen, en elke keer kom wys Vader vir my iets nuuts! Hierdie kursus het my weer kom leer om alles vir Hom te kom gee, tyd met Hom en Sy woord te spandeer, en in ‘n DIEPER lewende verhouding met my SKEPPER te (wees) beweeg. Niks is vir Hom onmoontlik nie!!! Opgewonde dat Jesus ons lewenstorie sal gebruik tot Sy eer!!!
24Wilna - Hierdie kursus is ‘n praktiese toepassing en is van toepassing op ons allerdaagse lewens
Wat ‘n reis. Diep binne in ‘n hart wat BAIE hoë mure om het, is iets geraak. Hierdie kursus is ‘n praktiese toepassing en is van toepassing op ons allerdaagse lewens. Sommige aande was baie moeiliker as ander want dit is seer en donker plekke maar God se lig kan inkom danksy julle. Dissipline om dit met volharding te doen sodat ek dit kan leef is waarvoor ek bid. Goed in my lewe wat ek afgemaak het as onbelangrik het weer betekenis gekry. Dankie vir julle opregte omgee en dat julle daar is om elke tree saam te stap.
25Maritza - Ek wil begin deur dankie te sê vir God...
Ek wil begin deur dankie te sê vir God dat Hy julle twee op my pad gebring het. Dat Hy deur julle met ons ( ek en my man) deure van ons hart kom oopmaak het. Ek besef en verstaan baie van my emosies beter. Ek besef ook dat daar baie is waaraan ek moet en wil werk om die vrugte te kan dra van Sy Gees. Mag God julle net verder seën in julle pad vorentoe en moet NOOIT ophou om die kursus aan te bied nie.
26Liesl - Ek het opnuut besef hoe belangrik dit is om ‘n persoonlike verhouding met die Here te hê
Ek dink vibrant Hearts is een van die beste kursusse wat ‘n mens kan doen. Alle mense behoort dit te doen! Ek het meer geleer oor waar my “issues” vandaan kom, bv. verwerping. Ek het hoop gekry met betrekking tot dinge soos erfsondes. Om te weet net omdat familielede met angs en depressie sukkel, beteken nie dis nou maar my en my nageslag se lot nie. Ek het opnuut besef hoe belangrik dit is om ‘n persoonlike verhouding met die Here te hê, en dat Hy ‘n liefdevolle Pa is.
27Chantel - Vibrant Hearts het vir my waardevolle beginsels gegee
Vibrant Hearts beteken vir my baie deur dat dit vir my waardevolle beginsels gegee het om God beter te leer ken. Sy hart vir my en my gesin te ontdek al vertel die wêreld ‘n ander storie. Om vas te hou aan Sy beloftes elke dag.
28Alta - Ek het op n jong ouderdom my ma aan kanker verloor
Dit was vir my leersaam. Ek het nooit besef hoe diep Jesus in my lewe betrokke is nie. Baie dinge maak nou meer sin. Ek het op ‘n jong ouderdom my ma aan kanker verloor en dit nog altyd die skuld vir alles gegee en Jesus blameer. Nou werk ek aan daardie donker kamer van my hart en besef ek dat God nie verantwoordelik is vir al my hartseer en vrees nie. Dit gaan tyd vat, maar die lig sal deur skyn! Vrees het nie meer ‘n tuiste nie! dit beheer nie meer my denke nie! I’m no longer a slave to fear, I am a child of God!
29Petra - Ek het die kursus oral aanbeveel vir my vriendinne en familie!
Die 12 weke was ongelooflik! Die kursus het my laat uitsien na elke Dinsdag aand! Daar is so baie bespreek en behandel, ek kan nie nou eers alles onthou nie! Mens het nodig om dit weer en weer te doen! Dit was nodig dat ek sekere dinge moes hoor, al het ek dit geweet vanuit die woord. Sal beslis nou 2x of 10x dink voor ek praat of doen. Ek het die kursus oral aanbeveel vir my vriendinne en familie!!!! Baie kosbaar vir my! Is pas deur ‘n egskeiding, het nou vir die eerste keer weer VREDE in my hart!!
30Emma - Ek het so gergroei in die tyd!
Ek wil eerstens die Here my God dankie sê dat Hy in julle harte gewerk het om ons in die Gees en die waarheid te kom lei. Lérie ek weet dat jy ‘n vrou is wat bid en ek sou so bitter graag ‘n langer meer intense pad met jou wou loop. Ek het so gergroei in die tyd! Mag jy en Friedel geseënd wees.
31Yolanda - In die afgelope 4x Healing (Vibrant) Hearts was daar elke keer iets wat die Here met my kom deel het
In die afgelope 4x Healing (Vibrant) Hearts was daar elke keer iets wat die Here met my kom deel het. Ek onthou die eerste keer wat ek dit gedoen het, het ek die een aand skielik weer gedink aan iets wat meer as 30 jaar gelede gebeur het, ek het nogal gewonder waarom ek nou juis daaraan dink.. die volgende aand het ons daai topic behandel en ek het geweet die Here wil hê ek moet vergewe, al het ek al lankal daarvan vergeet. Volgende jaar doen ek en my dogter dit! Ek glo dat elke saad wat hier gegee is op vrugbare grond val, vir elke persoon wat ek saam gespleep het hiernatoe! Dankie vir jou gehoorsaamheid Lérie en Friedel vir die dieper dimensie aan Vibrant Hearts. Julle twee maak ‘n stunning team!
32Elize - Ek moes my hartkamers kom oopsluit
Liewe Friedel en Lérie. Ek het met ‘n baie deurmekaar en verwarde gemoed ingeskryf vir die kursus. My seun het dit gedoen en wat hy my vertel het, het my skoon jaloers gemaak. Ek het besef my hart is nie heel nie en soveel seer dinge is in my hart vasgeklem, en ek moes my hartkamers kom oopsluit het, en soos ek week na week die kursus kom doen het, het ek gevoel hoe God met my gepraat het. “Bely en vergewe” vergewe alles in jou verlede. God alleen is die waarheid, en ek moet nie my hart oopmaak vir satan en sy leuens glo nie. Ek het baie baie lank geworstel of ek ‘n goeie ma vir my kind was, so lank gevoel dat ek hom in die steek gelaat het, en elke keer was dit net ‘n klein dingetjie wat dit weer “getrigger” het en my weer minderwaardig laat voel het. Met die kursus het ek besef om elke keer my hart oop te maak, ek is nie alleen nie, Hy is by my. Ek het geleer om die mense wat my seergemaak het te vergewe… en bo als, myself te vergewe! Vergifnis maak heel, en ek wil volgens Sy wil lewe en Sy lig uitstraal.
WordPress Video Lightbox