Meer oor ons

Vibrant Hearts is gebore vanuit Lérie se eie wandel met die Here en die genesing wat Sy Woord en Heilige Gees tot die seer van haar en haar gesin se verlede gebring het.

Eerstehands het hulle die waarheid en krag van Esegiel 36:26 ervaar: ” Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ‘n hart van vleis gee.”

Friedel en Lérie Coetsee vorm deel van die Pastorale leierskapspan van Life Christian Foundation (LCF),  n bediening in Vanderbijlpark wat in 1999 begin is en waarvan Friedel sedert 2001 deel is. Die getuienis van Friedel en Lérie se lewe is n getuienis van die goedheid van die Here, ten spyte van die dood van hul 4 jarige dogter (Kyla) in 2005.

In die donkerste uur van hul lewe het die lig van die Here kom skyn en hul donkerte kom verlig, hul harte stap vir stap kom genees. Dit is die rede hoekom hulle met soveel oortuiging getuig dat die woorde van 1 Joh 1:5 en Psa 18:29 n diep openbaring vir hulle was:

  • 1 Joh 1:5: “Dit is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.”
  • Psa 18:29: “U laat my lamp skyn, Here my God. U verlig my duisternis.”

Sedert 2013 wat Vibrant Hearts by LCF aangebied is, kry die Here die eer vir die baie lewens wat daardeur aangeraak is en die getuienisse van soveel mense wat vertel van die goedheid van die Here om die seerste seer van hul verlede te kom aanraak met Sy liefdevolle genesing en aanraking.

Friedel is ook die eienaar van Siteweb Online Marketing en is passievol om die Koninkryk van God na die sakewêreld toe te vat deur die initiatief van More than Profit

WordPress Video Lightbox