Gedurende 2021 sal Vibrant Hearts in-persoon by LCF aangebied word, asook aanlyn via Zoom. Die eerste 100 persone wat bespreek en kies om by LCF weekliks bymekaar te kom, sal deel kan uitmaak van die in-persoon aanbieding. Zoom is beskikbaar vir bywoning van jou huis af.
Om te registreer en betaal vir Vibrant Hearts wat op 13 April 2021 begin, moet die kursus produk in die “shopping cart” gevoeg word en die normale stap van registrasie en betaling gevolg word soos met enige aanlyn aankope van n produk.
Die kursus is die produk wat jy koop en ons gaan jou details kry en bewys van jou betaling.
Om die kursus te betaal, klik hier en kies die aantal persone vir wie jy betaal. Vir Zoom, tel elke huisgesin sal tel as 1 persoon. Persone in verskillende venues sal apart moet registreer en betaal. Koste is dus R150 per Zoom konneksie wat inskakel. By LCF is koste R150 per persoon.
Nadat jy die aantal persone gekies het, voeg die kursus in jou mandjie deur die “Add to cart” knoppie te klik. Nadat jy dit gedoen het sal n boodskap opkom aan die bokant van die skerm wat lees:
- “Registreer vir Vibrant Hearts aanbieding (Begin 13 April 2021)” has been added to your cart.” en n View Cart skakel sal beskikbaar wees.
Maak seker die aantal persone is reg en die bedrag wat jy moet betaal is reg (R150 per persoon) en klik op die “Proceed to checkout” knoppie.
Vul asseblief die besonderhede in van die aanlyn vorm en klik deur na die betaling waar jy jou kaart besonderhede moet insit.
As betaling suskesvol is, sal jy n epos ontvang met meer besonderhede in oor hoe die proses met Zoom gaan werk, sou jy via Zoom wil inskakel.
Dankie vir jou belangstelling in Vibrant hearts.