Alles wat jy wil weet oor Vibrant Hearts 2021 aanbieding
Ek het reeds probeer registreer maar n fout boodskap gekry.
Ons vra om verskoning hiervoor. Stuur vir ons n epos na info@vibranthearts.org en verduidelik die probleem vir ons.
Wat is Vibrant Hearts?
Vibrant Hearts is n 15 sessie program waar ons die Here die geleentheid gee om dit wat in jou hart vas sit en jy dalk nie van weet nie, te openbaar om sodoende n dieper verhouding met Hom te kan hê asook n beter verhouding met jouself en die mense om jou.
Ons almal het seergekry in ons verlede, wat maak dat ons teleurgesteld is ons self, ander mense en selfs die Here. Of jy dit nou wil erken of nie, dit speel tog n rol in wie jy is vandag.
Die program gee vir jou "tools" die wedloop van die lewe te hardloop met volharding, oë gevestig op Jesus.
Hoe kan ek registreer vir Vibrant Hearts?
Jy kan betaal en registreer hier op die web tuiste. As jy al ooit n produk op n aanlyn winkel gekoop het, sal hierdie vir jou baie maklik wees. Dis presies dieselfde beginsel.
Stap 1
Om die proses te begin, klik op hierdie skakel, maar lees eers verder om die proses te verstaan.
Stap 2
Bywoning by LCF: Kies die opsie. Koste is R150 per persoon.
Bywoning via Zoom: Kies daardie opsie. Kies jou hoeveelheid (default = 1) - Vir n huisgesin wat vanuit dieselfde venue inskakel, hoef jy slegs vir 1 te betaal. Dus R150 per gesin.
Stap 3
Klik die "Add to cart" knoppie. Jou Vibrant Hearts produk gaan in die mandjie geplaas word. Jy sal n boodskap aan die bokant van die skerm sien wat aandui dat jou produk suksesvol in die mandjie gevoeg is, tesame met n "View Cart" skakel. Klik op die "View Cart" skakel om jou "checkout" proses te begin.
Stap 4
Maak seker dat jou kursus teen 1 x R150 bygevoeg is on die mandjie (vir Zoom) of dan R150 per persoon vir wie jy inskryf as jy in persoon by LCF gaan bywoon. As jy n hardeband boek wil koop teen R150, kan jy weer na die Winkel skakel gaan, op die hardekopie boek klik en daarna ook die "Add to cart" knoppie klik. As jy daarna op die "view cart" skakel klik, sal die boek en kursus in jou mandjie lê.
Vir die boek kan jy kies om dit by LCF kantoor op te tel, of R99 courier opsie te kies na jou adres toe. Kursus vereis geen aflewering nie, slegs as jy die hardekopie boek kies. Die kursus kom saam n pdf e-boek.
Klik dan op die "Proceed to checkout" knoppie.
Stap 5
Verskaf jou Naam, Telefoon nr, epos adres, wagwoord. Klik op "Place order".
Die kaart betaal opsie sal n bladsy oopmaak waar jy jou kaart details kan verskaf.
Stap 6
As kaart betaling suskesvol is, sal jy 3 eposse van ons af ontvang. 2 van hulle bevestig jou bestelling en rekening wat geskep is. n Derde epos bevat meer details oor die weeklikse aanbiedins.
As jy EFT gekies het, sal jy ook eposse ontvang en ons sal uitkyk vir jou betaling. Gebruik die bestelling nommer wat op epos aan jou gestuur word as die verwysingsnommer. Jou registrasie is eers afgehandel nadat ons betaling ontvang het (EFT opsie is nie meer beskikbaar nie, slegs kaart betalings).
Wat kos dit?
VIA LCF BYWONING:
R150 per persoon wat bywoon.
VIA ZOOM:
R150 per familie wat vanuit dieselfde woning inskakel. As jy vir iemand anders wil registreer wat nie saam jou in dieselfde woning gaan wees nie, moedig ons aan dat dit apart van jou eie gedoen moet word.
1 x hoeveelheid = 1 gesin (in dieselfde adres)
Wanneer vind die aanbieding plaas?
Vibrant Hearts begin op 13 April 2021 en sal weekliks op Dinsdae om 18h30 begin.
Datums mag verander as die Departement van Onderwys die skool kalender verander
13 April (Sessie 1)
20 April (Sessie 2)
Skoolvakansie geen sessie - 27 April
04 Mei (Sessie 3)
11 Mei (Sessie 4)
18 Mei (Sessie 5)
25 Mei (Sessie 6)
01 Junie (Sessie 7)
08 Junie (Sessie 8)
15 Junie (Sessie 9)
22 Junie (Sessie 10)
29 Junie (Sessie 11)
06 Julie (Sessie 12)
Skoolvakansie geen sessie - 12 Julie
Skoolvakansie geen sessie - 20 Julie
27 Julie (Sessie 13)
03 Augustus (Sessie 14)
10 Augustus (Sessie 15)
Waar / hoe word Vibrant Hearts weekliks aangebied?
Vir die eerste 100 persone wat verkies om by LCF gemeente by te woon, sal daar weekliks 'n in-persoon aanbieding plaasvind (weens huidige Covid beperkinge).
Vibrant Hearts gaan ook weekliks via Zoom aangebied word, indien jy in 'n ander dorp woon.
Jy sal elke Dinsdag voor 18h30 by die Vibrant Hearts webtuiste inlog op die volgende skakel met jou wagwoord wat geskep is tydens die registrasie proses.
Klik hier om weekliks in te skakel.
Nadat jy suksesvol ingelog het, sal jy outomaties na n bladsy toe geneem word waar jy die Zoom skakel gaan vind.
Klik op die "Join meeting via Zoom app" skakel op die bladsy.
(lees ook die: Wat is Zoom vraag se antwoord om beter te verstaan hoe ons Zoom gaan gebruik en wat jy moet doen om Zoom te kry).
Wat is Zoom? / Hoe gaan ek weekliks inskakel?
Zoom is die gratis program wat jy nodig het om op jou foon, tablet of rekenaar te installeer sodat jy kan deelneem aan die weeklikse aanbiedings.
As jy via rekenaar gaan inskakel
Laai die "Zoom Client for meetings" program af op hierdie skakel.
Jy hoef nie vir Zoom te betaal nie. Al wat jy nodig het is om die program op jou rekenaar te hê. As jy weekliks op die Vibrant Hearts website inlog en op die "Join meeting via Zoom app" knoppie klik, sal die program jou toegang gee. Jy gaan jou naam en van insleutel en klik op "join meeting". Wag vir ons om vir jou toegang te gee. Wag geduldig, ons sal jou voor 18h30 inlaat.
As jy via selfoon of tablet inskakel
Installeer die "Zoom CLOUD Meetings" app van jou foon se app store af. Die app is gratis en jy hoef vir niks te betaal nie.
Jy sal weekliks by die Vibrant Hearts webtuiste inlog en op die "Join meeting via Zoom app" knoppie klik wat jy sal vind op die bladsy wat gaan laai nadat jy suksesvol ingelog het. Dit sal jou Zoom app oopmaak waar jy jou naam en van kan verskaf en dan klik op "join meeting". Wag geduldig tot ons jou inlaat. Dit sal voor 18h30 wees.
Kan ek my e-boek uitprint?
Ja, jy is welkom om dit te doen.
Het julle nie n hardekopie boek nie?
Ons het n hardekopie boek wat vir R150 aangekoop kan word op die webtuiste.
Vir aankope in Vanderbijlpark, raai ons jou aan om te reel met die LCF kerk kantoor wanneer jy die boek daar sal optel. Skakel vir Kim by 079 430 8845 en reel asb. Moet nie net daar opdaag sonder vooraf reelings nie.
Indien jy in n ander dorp bly en n boek aankoop, kies asb die R99 ekstra shipping opsie om jou boek afgelewer te kry.
Wat as ek n sessie mis op die Woensdag aand? Kan ek opvang?
Ons gaan n skakel beskikbaar maak wat vir 6 dae geldig gaan wees na die aand se aanbieding. As jy dit nie opvang voor die volgende week se sessie nie, is jou geleentheid daarmee heen.
Om toegang te kry tot die skakel, sal jy weer by die Vibrant Hearts webtuise moet inskakel.
Is dit moontlik om al die sessies vir myself te koop?
Ja. Afrikaanse opname is beskikbaar op die webtuiste vir R500 vir die volledige pakket (R33 per sessie x 15 sessies).
Op hierdie manier moedig ons ook mense aan om Vibrant Hearts by hulle eie gemeente / bediening aan te bied.
I am English? How will you cater for me?
Unfortunately this round of Vibrant Hearts will only be presented in Afrikaans. We are planning the recording of all the sessions in English, so please watch this space.