

[vc_section][vc_row][vc_column width=”1/6″][/vc_column][vc_column width=”2/3″][vc_column_text]
(in die begin) Gen 1:1-2 – In die begin het God die hemel en die aarde geskape… En God het gesê: ‘Laat daar lig wees, en daar was lig’.
(In die middel rond) Joh 1:1-5 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God.3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.4In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
(aan die einde) Ope 19:12-13 Sy oë het soos vuur gevlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was ‘n Naam op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self. Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy Naam is: “Die Woord van God.” Jesus is die Woord van God in persoon. Jesus is self God – van die begin, tot die einde.
Jesus se laaste opdrag aan Sy dissipels wat nog deur die eeue weergalm na my en jou:
MAAR – Jesus het nie net gesê ‘gaan leer hulle my bevele nie’, Hy het gesê ‘gaan leer hulle om alles te ONDERHOU wat ek julle beveel het’.
Ons kan soos n pappagaai al Jesus se bevele leer – dis die makliker deel. Die die amper onmoontlike deel kom egter by die “onderhou” in – “leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het”. (en daar is n groot verskil!)
Lees Joh 6:53-55 en vers 60 en 66
‘En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. ‘
‘EN baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. ‘
(onderhou gebooie – check – MAAR een ding kom jy kort… verkoop alles wat jy het en kom volg my – EN… hy het bedruk weggegaan)
Mar 10:25-27 (die goue woorde)”Kinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God te kom?. Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te kom as vir ‘n ryke om in die koninkryk van God te kom.
Dit het hulle geweldig ontstel en hulle het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?”
( Met ander woorde: U WOORDE IS ERG, HERE – wie kan dan gered word?)
Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”
Wanneer iemand poog om gehoor te geen aan Jesus se bevele: soos Bv n ryk man poog om afstand te doen van wat hy besit om sodoende vir Jesus te volg, poog hy die onmoontlike.
Maar dan die woorde “vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik”.
Wanneer ons na die woorde van Jesus gaan kyk, wanneer dit soos n enorme taak voel om Jesus te leef, word bemoedig deur Mar 10:27 ‘ Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik’.
(brei verder uit oor onmoontlik vir die mens, moontlik vir God – rooi woord voorbeelde)
Mat 7:24-27 24“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. 25Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots. 26En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand gebou het. 27Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.”
2 Kor 2:14-16 : “14MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. 15Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; 16vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe.
Ons praat van Jesus se geur… Watter geur het Hy afgegee?
Luk 15:1-2 1EN al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister. 2En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.
Jesus se geur trek sondaars, Jesus se geur maak godsdienstige mense ongemaklik. Kan ek korrek aflei dat die godsdienstige mense se geur nie sondaars aangetrek het nie?
Kan ek verder aflei dat hierdie godsdienstige mense nie dieselfde geur as Jesus afgegee het nie. Die geur van Godsdiens
Waaroor gaan LCF intro video?
Lerie vertel my onlangs hoe n dame in ons gemeente die volgende opmerking maak nadat hulle mekaar groet: “Nou weet ek ook hoe engele ruik”.
Soms ruik ek ook soos n engel (ek weet dis moeilik om te glo) – WEET JULLE WANNEER?
Joh 6:66 – Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.
Joh 6:67-68 Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?” Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
Ek som op – Onthou ons onderwerp / hooftema vir die jaar is – Leef Jesus
Hierdie boodskap is bedien by Life Christian Foundation in Vanderbijlpark.
[/vc_column_text][/vc_column][vc_column width=”1/6″][/vc_column][/vc_row][/vc_section][vc_row][vc_column][vc_column_text]
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]
[vc_row][vc_column][vc_column_text]
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]Ons sal graag wil hoor wat die impak was wat Vibrant Hearts op jou lewe gehad het. Deel dit met ons hier:[/vc_column_text]
[vc_row][vc_column][vc_column_text]

[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column]