Vanoggend is deel 2 in die reeks wat ek hierdie jaar gaan aanraak – Die woorde van Jesus.
Hoekom ag slaan op die woorde van Jesus?
- Joh 12:49 – Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat ek moet sê en wat ek moet praat.
- Jesus is die Woord van God en Hy verklaar hier dat hy net sê wat die Vader vir Hom beveel.
- Ons kan as n saak van hoë prioriteit ag slaan op Jesus se woorde.
Laas week: Amper onmoontlik woorde op aan gehoor te gee…
Om gehoor te gee aan Jesus se woorde is dalk nie maklik nie, maar dis nie onmoontlik nie.
ALLEENLIK omdat niks vir God onmoontlik is nie (Mar 10:27). God in my, God deur my
Vanoggend se onderwerp: Genade en Waarheid
(die woorde van Johannes oor Jesus)
Joh 1:14-17 (1983) 14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. 15Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.” 16Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 17God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
- Die wet is gegee MAAR Genade en Waarheid het gekom
Die wet was iets ekstern wat aan Moses gegee is. Moses is nie die wet nie en die wet is nie Moses nie.
Maar toe Jesus kom, toe kom genade en waarheid aarde toe. Jesus is genade en waarheid.
“Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.”
Wat vers 17 nie sê nie
- Dit sê nie: ‘genade het deur Jesus Christus gekom’ nie
- Dit sê ook nie: die waarheid het deur Jesus Christus gekom’ nie
- Dit sê: ‘genade EN waarheid het deur Jesus Christus gekom’ – 100% genade, 100% waarheid
Jesus Christus is vir die gelowige in persoon n kombinasie van genade en waarheid. Nie net genade of net waarheid nie.
En wanneer ons “JESUS gaan LEEF” – dit vir ons belangrik is om te sien hoe albei afgespeel het in Sy lewe.
Genade – Amazing Grace
LCF Band: “Amazing grace, how sweet the sound that saved a wretch like me. I once was lost, but now I’m found. Was blind, but now I see” – the hour I turned to God and was accepted – precious
Genade (in hierdie lewe / nou / vandag): Om van God af te ontang, wat ek nie verdien nie.
(aanneem tot kindskap, vergifnis, Sy teenwoordigheid, liefde, goedhartigheid, ewige lewe)
Om met genade te lewe beteken dat ons eerste met n daaglikse diep besef het dat ons self nie verdien wat ons het nie. (ek praat nie hier van n gevoel van onwaardigheid nie – dis iets anders)
Ons is nooit dankbaar vir dit wat ons dink ons verdien nie. Ons is altyd diep dankbaar vir die dinge wat ons weet ons NIE verdien nie.
- Ek en jy verdien ewige hel.
- Die wat eendag hemel toe gaan gaan, gaan nie daarheen gaan omdat hulle dit verdien het nie.
- Wie is daarbuite wat jy dink jy weet is oppad na n ewigheid sonder die Here – harde woorde “oppad hel toe”.
- Onthou, jy verdien dit eintlik ook.
- Mag jou diep dankbaarheid dat jy nie gaan kry wat jy verdien nie jou help om Jesus te leef (ONTHOU: ons onderliggende tema vir die jaar – Leef Jesus) met liefde en omgee en nie met veroordeling nie.
Wanneer ons oor die onderwerp van genade praat is sommige versigtig dat ons nou vir mense n oop deur gee om sonde te kan doen. (maar dis nie die korrekte benadering nie)
Dit help my om te onthou dat die prys wat vir ons genade gebring het was n BAIE, BAIE , BAIE duur prys.
n te duur prys vir my om n lou lewe te lei.
- Wanneer ek en jy daaglikse besef watter diep genade aan ons bewys is, dat ons nie gaan ontvang wat ons eintlik verdien nie, sal die openbaring van genade juis dit wees wat sal veroorsaak dat ons nie wil sondig nie.
Waarheid
Wat is waarheid en wat is nie? Nie n eenvoudige vraag om vir die wêreld te antwoord nie.
Vir baie is waarheid relatief. Jy het jou waarheid, ek het my waarheid. Wat waar vir jou is, is nie waar vir my nie. – (verdraai die woord om by jou leefstyl aan te pas)
Is dit waarheid vir die gelowige?
- Die Bybel is iets wat ons kan glo – waarheid – God se woorde – glo, maar nie kan verander nie.
- Jesus verklaar (rooi woorde) Joh 14:6: “Ek is die weg, die waarheid en die..”
- Jesus bid in Joh 17:17: “Heilig hulle in U waarheid; U woord is die waarheid…”
Ons kan nie die waarheid verander nie. Die waarheid moet ons verander. (herhaal)
Dis gevaarlik wanneer ons poog om die waarheid te verander om aan te pas by ons leefstyl. Ons kan tydelik daarmee wegkom, maar kan dalk verassings kry wanneer ons God van aangesig to aangesig ontmoet.
Die einste waarheid wat ons probeer buig, gaan die einste waarheid wees wat ons gaan oordeel.
Die Waarheid sê: daar is n hel en ek verdien dit.
Genade sê: Jesus kry wat ek verdien, sodat ek nie hoef te ontvang wat ek verdien nie (die 2 loop nie apart)
Joh 1:17 – “… genade EN waarheid het deur Jesus Christus gekom”.
Genade sonder waarheid
- Amper alles is aanvaarbaar tov mense en optredes.
- Daar is geen veroordeling nie.
- Konfronteer nie dit wat verkeerd is nie.
- Is n afgewaterde evangelie (lig die voordele van Christenskap uit sonder n koste betrokke)
- Almal hou van jou, want jy affronteer nooit iemand nie.
- Kan julle hoor dat iets fout is hier? (HG – Gees van waarheid – Joh 16:13 en Joh 14:17)
Waarheid sonder genade
- Baie reels en regulasies, baie moet’s en moenies.
- Baie uitspraak en veroordeling.
- Is n tekort aan liefde.
- Agv jou veroordelende uitsprake stel niemand belang om na jou te luister nie.
- Kan julle hoor dat iets fout is hier? (HG – Gees van Genade – Sag 12:10 en Heb 10:29)
** Meeste van ons neig of na die een, of na die ander (eks n genade persoon / eks n waarheid persoon – jy is te radikaal, of jy is nie radikaal genoeg nie), maar ek glo julle sal met my saamstem dat om JESUS te LEEF ons net soos Hy genade en waarheid nodig het.
Jesus se rooi woorde van genade en waarheid- soms hard en reguit, soms sag en vol genade
Luk 18:9-14 (LEES) – rooi letter woorde van Jesus
- Die Fariseer se woorde drup van self verheerliking.
- In sy oë verkry hy status deur vergelyking – verhoog homself deur ander af te trek.
- Die tollenaar erken sy sonde en vra vergifnis.
As dit kom by sonde, kan ons mense in 2 groepe kategoriseer:
- Sondaars wat hulle sonde erken.
- Sondaars wat hulle sonde ontken.
Dis vir my opvallend dat Jesus die 2 groepe anders benader het.
Jesus se rooi letter woorde teenoor skrifgeleerdes en fariseers:
- Julle is skynheilig, dwaas, blinde gidse, wit geverfde grafte, wetteloos, van binne vol doodsbene (Mat 23)
- Julle is kinders van die duiwel, julle is leuenaars (Joh 8)
- In hulle eie oë was hulle ok, maar nie self gedoen wat hulle ander geleer het om te doen nie.
Kom vir genade – En gaan sondig nie meer nie
Joh 8:1-11 – vrou betrap in owerspel
Die “slegs-waarheid” groepie daag op met klippe in hulle hand – die vrou is op hete daad betrap, sie wet sê sy moet sterf.
As die “slegs-genade” groepie daar was, sou hulle dalk hul hand op haar skouer geplaas het met die woorde “dis OK liefie, moenie worrie oor die buite egtelike verhouding nie. Die Here verstaan jou situasie en ons verstaan ook.”
“Het iemand jou veroordeel nie…?”
Genade: Ek veroordeel jou ook nie…
Waarheid: … Gaan heen en sondig nie meer nie
Hier is die punt vir my en jou: Kom ja Jesus toe vir genade, maar bekeer jou (draai weg) van n leefstyl van sonde.
Opsomming vir ons teenoor ander (LEEF JESUS):
Die wêreld daar buite ken hoofsaaklik 2 tipes Christene:
- Die tipe wat die waarheid bring sonder genade.
- Die wat baie oulike mense is maar wat nooit die waarheid met jou sal deel nie.
Wat ons gemeenskap nodig het is n derde tipe Christen:
- Een wat in die gees van genade hulle genoeg liefhet, om die waarheid met hulle te deel.