Begin vanoggend eers met die woorde van die Prediker:
Prediker 11:8 (NLV) – Ongeag hoe lank jy lewe, geniet elke oomblik daarvan. Maar onthou die donker dae, want hulle sal baie wees;
- (van die vertalings leen hom daaraan toe dat die dae van die dood baie meer gaan wees as die dae van die lewe)
- En ander sê vir ons om bly / dankbaar te wees as jy lank gaan lewe, maar dat jy moet onthou dat hoe langer jy lewe, hoe meer donker dae gaan jy ook beleef.
- Die optimis onder ons sal moontlik eerder hierdie skrif wil vermy, want die gedagte daaraan kan n negatiewe uitwerking op jou gemoed hê.
- Tog is die Bybel op meer as een plek baie duidelik dat ons donker dae kan verwag in ons reistog op aarde.
Petrus sê vir ons 1 Pet 4:12 (33/53): Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;
- moenie dat die donker dae van beproewinge jou verbaas asof dit iets vreemds is wat met jou gebeur nie.
Baie dankie Friedel – ek voel nou sommer stukke beter.
Die woorde van Jesus – Hou goeie moed
Joh 16:33 (Afr 33/53) – Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Situasie waaronder hierdie woorde gespreek is:
- Oomblikke voordat Jesus gevang word en oorgelewer word vir die kruisiging.
- In Hfst 16 vertel Hy weer dat Hy weggaan, maar dat Iemand beter oppad is om Sy plek in te neem.
- In Hfst 17 bid Hy vir Sy dissipels.
- In Hfst 18 word Hy gevange geneem. (moet die rolle nie eintlik omgeruil wees nie)?
In n hoofstuk getiteld: “Die laaste onderwys aan die dissipels” kom sê Jesus:
- Dit gaan vir julle moeilik wees in die wêreld.
- Maar in My kan julle vrede hê. Hou goeie moed.
- Jesus praat nie hier van “Verlossing van verdrukking” nie, maar van “Verlossing in verdrukking”.
- Nie van “Verlossing van stormagtigheid” nie, maar van “Verlossing in stormagtigheid”.
- Ons wag afwagtend vir ons wêreld om te verander, vir die verdrukking en die storm om te lig. Wat as dit nie lig nie?
“Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”
Hoe gee Hy “verlossing in stormagtigheid”? – Hy kom bevestig dat Hy in die storm is
Mat 14:22-27 (Afr 33/53) – Lees
- Vers 27: Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek. Moenie vrees nie.
- Hou goeie moed. Dit is Ek.
- Wees dapper, Ek is hier.
Devotions storie
(Stephan se devotions storie – probleme gevolg deur, staan sterk, bly bid- MAAR geen skrif nie).
Hou moed vs hou goeie moed
Het hy iets verkeerd gedoen? Nee (hy het homself moed ingepraat en homself bemoedig om te bly bid)
- Dit kan effektief wees:
- Friedel sê: “Hou moed Friedel, jy gaan dit maak.”
- Maar daar is n meer effektiewe manier om sterk te staan in die verdrukking:
- Jesus sê: “Hou goeie moed Friedel. Dit is Ek.”
- Friedel sê: “Wees dapper Friedel, komaan.”
- Jesus sê: “Wees dapper, Ek is hier.”
Gemeente sê vir hulle self (almal saam): Hou moed, jy gaan dit maak.
VS:
Friedel aand gemeente: Of jy hoor Helige Gees sê vir jou: “Hou goeie moed, Ek is hier.”
(watter een gaan vir jou die meeste vrede inbring?)
Wanneer kan n gelowige vrede in die verdrukking hê (die My vrede wat Jesus van praat)?
- Een Woord van God – EEN woord van Hom af maak my storms stil.
- Hoekom net jouself wil moed inpraat sonder die woord van God?
- Vertel vir my van jou probleme, maar vertel ook vir my wat God tot jou spreek en waarop jy mediteer?
- Anders is dit net jy en die golwe, jy en die wind.
Joh 16:33 – Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Mat 14:27 Hou goeie moed, dit is Ek. Moenie vrees nie.
- Woorde van Jesus wat aandui dat moed en vrede in verdrukking kan wees.
- Dat moed en vrede teenwoordig kan wees al is die boot vol water.
- Weet jy waarna is ek opsoek? Vrede in verdrukking. Dapperheid in verdrukking.
God spreek vrede in Paulus se storm in – Hand 27:18-25 (lees)
- Hand 27:25 – Daarom, hou moed manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.
God stuur n woord aan Paulus in die storm: Julle gaan dit maak Paulus.
- (die storm hou nie dadelik op nie, die skip breek uitmekaar uit, maar almal is gered)
Omdat Paulus n woord van God het, kan Hy opstaan en vir die ander sê: Hou moed manne, ek glo dit sal wees soos God aan my gesê het.
“Nie verlossing van stormagtigheid nie” MAAR “verlossing in stormagtigheid” – Hou goeie moed.
Paulus aan homself “hou moed” – of die goeie moed “God sê aan Paulus – almal van julle sal oorleef”
(wat dink jy bring die meeste vrede)?
As dit donker is
- Dit is baie maklik om perspektief te verloor as dit donker is.
- Dit is ook baie maklik om iemand moed in te praat terwyl jy in die lig staan.
- Dit is nie altyd so maklik om self die advies te volg wat jy vir iemand anders gee nie, nê?
- As dit donker is sal mense enigiets doen om te ontvlug / beter te voel / te “cope”
- Ontvlug na daardie website toe, elke aand net n paar glasies van daardie voggies, gaan koop op jou kredietkaart met geld wat jy nie eintlik het nie.
- Maar dit is soos om pyn pille te drink vir tandpyn as jy nie kos geeet het nie. Dit skep vir jou ander probleme.
- Hou aan hiermee en jy gaan binnekort met n bloeiende maagseer sit.
Ons kan nie bekostig om ten enige tyd in n kondisie van geestelike wanvoeding te wees nie.
Waarheen is jy oppad Friedel?
- Geestelike wanvoeding plus verdrukking plaas ons baie baie maklik op n plek waar ons God betwyfel en waar ons rebelleer selfs teen goeie advies van mense wat in die lig staan.
- Geestelike wanvoeding kan veroorsaak dat my eie “hou moed” en ander se “hou moed” en selfs Jesus se “hou goeie moed” nie vir my genoeg is nie.
- Dan gryp mense na tydelike oplossings wat vir n oomblik n verligting bring, maar die oplossings maak dat jy binnekant besig is om dood te bloei.
- Waar is jy in die verdrukking?
- Op facebook, of in Sy boek?
- Hier is n boodskap vir iemand vanoggend: “You need to get off of Facebook and get your face into My book”
Dan belyn jy jouself vir die woorde van die bekende lied “Good good Father”
- I have heard the tender whisper of love in the dead of night.
Dokter dokter
Wie van julle soek n Dr wat nooit vir jou slegte nuus gaan gee nie?
- My Dr is altyd positief. Hy gee nooit vir my slegte nuus nie. Weet jy, ek was vir maande siek met n kondisie en hy het nooit eers vir my vertel nie.
Jesus is nie so n Dr nie – In hierdie wêreld sal julle verdrukking hê, maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Waarop is my en jou se moed / dapperheid gebou?
- Ons het moed en dapperheid solank as wat dit met ons net goed gaan?
- Of n goeie moed gekoppel aan n stuk waarheid dat al is dit donker Hy in die donker saam my is om Sy Vrede en moed in te bring?
Elke liewe keer…
Numbers 6 blessing
The Lord bless you and keep you
The Lord makes His face shine upon you and be gracious to you
The Lord lift up His countenance upon you
And give you peace.
Get in Gods face and get in Gods presence…
- He will shine upon you,
- He will be gracious to you
- and give you His peace.