Die gedeelte met Jesus en Thomas speel af in Johannes 20. Ons lees Jesus se woorde in vers 29
“Glo jy nou nadat jy klaar gesien het? Geseënd is hulle wat nie sien nie en tog geglo het.”
Yochanan 20:29 OJB (Joh 20:29): And Rebbe, Melech HaMoshiach says to him, Because you have seen Me, you have emunah (faith)? Ashrey (Happy) are the ones not having seen and having emunah.
(emunah ** pistis ** ek het al voorheen hierdie kortliks genoem in n boodskap, vandag in meer detail)
(Die algemene siening oor die betekenins van geloof)
Is dit n redelike goeie samevatting van geloof vir die meerderheid mense in RSA?
Ek gebruik ek gereeld Rom10:9-10 wat sê:
“As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Wat met die hart glo ons tot gerehtigheid en met die mond bely ons tot redding.”
Kom ons kyk na die OJB – Orthodox Jewish Bible:
Because if you make hoda’ah (confession) “with your PEH” of Adoneinu Yehoshua, and have emunah “in your LEV” that G-d raised him from the Mesim, you will be delivered.For with the “heart” one has emunah unto being YITZDAK IM HASHEM and with the “mouth” hoda’ah is made unto Yeshu’at Eloheinu.
Geloof red. Geloof is n baie baie belangrike element van Christenskap.
Heb 11:6 – Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag, want hy wat tot God gaan moet glo dat Hy is…
OJB – And without Emunah it is impossible to please Hashem. For it is necessary for the one making a kiruv approach to Hashem to have Emunah in the fact that yesh Elohim (G-d is there)
Die punt wat ek wil maak vanoggend is dat Emunah (hebreeus) n baie dieper betekenis het as ons algemene begrip van geloof:
In Jak 2 vind ons die vers dat geloof sonder werke dood is en in vers 19 lees ons:
Jak 2:19 – Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.
Wat gaan volg vanoggend is skriftuurlike bewys dat geloof te doen het met standvastigheid en volharding; dat geloof te doen het met toegewydheid aan God en vertroue in God; dat geloof te doen het met n handel en wandel wat die vrug dra van vertroue en afhanklikheid.
HAT verklarende woordeboek oor standvastigheid:
Moses se hande versterk deur Aaron en Hur:
Exo 17:12 (1953) – En Aaron en Hur het sy hande ondersteun. die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.
Standvastig volgens HAT is onwrikbaar, nie verander nie, beslis, volhardend.
Nie net n “Ek stem saam, dit is so, ek glo dit. n Intelektuele berusting” nie.
faith – faithfulness – geloof – getrouheid – (NIE “gelouheid” – klink soos Openbaring waarsku)
faith – pistis – faithful – pistos (Grieks) ** faith / faithful – emunah (Hebreeus)
2 Chron 19:9 (1953) – En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die Here, met getrouheid en met ‘n volkome hart.
Terug by Jak 2:19 – die duiwels glo ook…
DUS: Ons volgehoue geloof in God word bewys deur ons getrouheid aan Hom.
VRAAG: Is dit moontlik om te glo in God, maar om Hom nie te vertrou nie?
As jy vir my sou vra wat is geloof sou ek jou heel moontlik uit Heb 11:1 geantwoord het:
(Afr 53) ‘DIE geloof (emunah) dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. ‘
Geloof is n vaste vertroue… kom ons staan vir n oomblik hierby stil.
Die eerste keer wat emunah voorkom in die Bybel is Gen 15:6 – oor Abraham
Vir baie is hierdie n skrif wat gebruik word om die belangrikheid uit te lig om te glo in God se beloftes, eerder as om te probeer om jou redding te verdien.
Julle weet reeds dat ek die volgende vir julle gaan sê:
Israel hoor die verslag van 10 van die 12 spioene oor Kanaan en wil net daar vir hulle n ander leier kies en teruggaan Egipte toe.
Was Israel ongehoorsaam aan God omdat hulle nie in Hom geglo het nie?
Of omdat hulle Hom nie vertrou het dat Hy Sy woord sal vervul om die land en die reuse in hulle hande te gee nie.
Storie: https://www.icr.org/article/faith-vs-trust
Wanneer Jesus sê: Joh 20:29 – salig is die wat nie gesien het nie en tog glo… (praat hy van my en jou)
Joh 3:16 – want so lief het God die wereld gehad dat Hy Sy enigste Seun gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie…
Die regte begrip van die woord “glo” het ewigheidsimplikasies.
Ons sal graag wil hoor wat die impak was wat Vibrant Hearts op jou lewe gehad het. Deel dit met ons hier: