Is dit moontlik om te hoor, maar nie te luister nie.
Ouers: dankie tog more is Maandag, my kinders gaan skool toe.
Hulle hoor, maar hulle luister nie – Dis ons kinders… Wat van ek en jy?
Joh 5:1-10 (lees NLV)
Amazing verhaal van n man wat vir 38 jaar verlam was. Sy lewenspad kruis met Jesus en oombliklik loop hy weer. Wat dink julle was die reaksie van die mense toe hulle hom sien loop? Wat? Wow? Is jy nie die verlamde nie? Jy loop!! Jy was verlam, jy loop. Maar vinnig is dit gevolg deur: Dis die sabbat, jy mag nie jou matjie dra nie. Hoe belaglik was die uitkyk van van die mense: voor hulle loop iemand wat nog nooit geloop het nie en al wat hulle kan sien is sy matjie.
En ons sien in hierdie voorbeeld die uitkyk van godsdienstigheid: Ken die skrif goed genoeg op uit te wys dat die 4e gebod oortree word. Die wonderwerk word misgekyk en die fokus word geplaas op “die dra van n matjie”. Die bonatuurlike is reg voor hulle oë. God is aan die werk en iets verstommends gebeur maar die Jode wil Jesus doodmaak want genesing was volgends hulle op die verkeerde dag en “die man dra sy matjie en hy mag nie”.
Luk 13:10-17 (lees)
Weereens op die sabbat – in een van die sinagoges. n Vrou is vir 18 jaar lank die helfte van haar hoogte, krom, gebukkend. Jesus lê haar hande op en oombliklik staan sy regop! Sy is besig op God te prys vir haar genesing (nie kalm nie – gelag en huil deurmekaar) Die Sinagoge hoof was verontwaardig – Hy draai na die mense: as julle genesing kort, julle het van Saterdag aand tot Vrydag oggend om te kom vir genesing. Hierdie is die verkeerde dag vir n wonderwerk.
Hoe verhard is hy nie in sy eie godsdienstigheid nie? Geen simpatie of blydskap vir die vrou wat genesing ontvang het nie. Geen verwondering of waardering vir die bonatuurlike in hulle midde nie. Geen oor vir die musiek van haar lofprysing to God nie. Hy is n godsienstige snob – Ken die skrif goed genoeg op uit te wys dat die 4e gebod oortree word. God is aan die werk en iets verstommends gebeur maar sy hart mis dit.
“Julle skep die muggie uit julle beker uit, maar sluk die kameel in”
So die punt is?
Jy kan die skrif ken, maar God mis.
Jy kan die skrif goed genoeg ken om sonde uit te wys, maar teen God optree as die bonatuurlike manifesteer.
Waar is die muggie en waar is die kameel woorde van Jesus?
Ons vind dit in Mat 23 – (glad nie n voel goed hoofstuk in die Bybel nie).
Jesus berispe die skrifgeleerdes in Fariseërs – Hy spreek skynheiligheid aan. n NT Skrifgeleerde was n persoon wat n kenner / spesialis / geleerde was in die wet van Moses en wat die volk moes leer aangaande die dinge van die wet. Fariseers was hoofsaaklik middelklas sakemanne wat in baie gevalle leiers was van sinagoges en n besondere toegewydheid gehad het om die wet te gehoorsaam.
Skrifgeleerdes en Fariseers was super godsdienstige mense. Skrifgeleerde – Engels n “Scribe” – trek hul oorsprong terug vanaf die tyd van Esra.
Esra 7:10 – Esra het hom gewy aan die wet van die Here. Hy wou dit in die praktyk toepas en vir Israel alke voorskrif en bepaling leer.
Ons lees egter dat Mat 23 begin met Jesus wat vir die mense sê dat hulle moet doen wat die skrifgeleerdes en fariseers vir hulle sê om te doen, maar hulle moet nie doen wat hulle doen nie. Lees vers 1-3 – julle vertel vir ander wat om te doen, maar doen dit nie self nie.
7 keer in hierdie hoofstuk –
Wee julle skrifgeleerdes en fariseers (1983)
Ellende wag vir julle skrifgeleerdes en fariseers (1953)
Ellende wag vir julle kenners van die wet en godsdienstige toegewydes.
Uiterlik pragtig, vroom, godsdienstig – maar van harte onrein
En dan kom vers 24 (1953) – “Blinde leiers, julle wat die muggie uitsuf, maar die kameel insluk” (Jesus rooi woorde)
(1983) – Julle skep die muggie uit julle beker uit, maar julle sluk die kameel in.
In Levitikus word kruipende insekte asook kamele (volgens gebrek aan gesplete hoef) as onrein diere verklaar en mag nie geeet word nie.
Met ander woorde, hulle was baie versigtig om te kyk vir n muggie in hulle drinkwater, maar sit hulle glas neer en smul aan n kameel steak.
Die skrifgeleerdes was baie streng en presies om die kleiner sake van die wet te gehoorsaam, maar roekeloos en ongehoorsaam rakende die gewigtige sake.
Ons sien in Mat 23 hoe godsdienstigheid kan dink “God is tevrede met my”, maar Hy is nie.
Wat sien ons in Mat 23 waarvoor ons versigtig moet wees?
Ons vertel vir ander wat om te doen, maar doen dit nie self nie.
skep die muggie uit, maar sluk die kameel in.
Doen goeie dinge om deur mense raakgesien te word. Daardeur het ons klaar on loon ontvang.
skep die muggie uit, maar sluk die kameel in.
Selfverheffing in plaas van nederigheid.
skep die muggie uit, maar sluk die kameel in.
n Skrifgeleerde, maar mis uit op die koninkryk van die hemel.
skep die muggie uit, maar sluk die kameel in.
Maak misbruik van die wat minder bevoorreg is as jy, maar ontvang eendag n swaarder oordeel.
skep die muggie uit, maar sluk die kameel in.
Jy maak n bekeerling, maar hy word n kind van die hel
regste politiek in RSA
skep die muggie uit, maar sluk die kameel in.
Jy sweer, maar bly nie by jou woord nie.
skep die muggie uit, maar sluk die kameel in.
Betaal tiendes in fynste detail, maar mis uit op belangriker dinge soos geregtigheid, barmhartigheid en getrouheid.
Doen die laaste sowel as die eerste.
Anders skep die muggie uit, maar sluk die kameel in.
Uiterlik is jy pragtig, maar innerlik skynheilig en onrein.
skep die muggie uit, maar sluk die kameel in.
Heeltemal verblind vir jou eie foute – 2 Tim 3:5
Die uiterlike skyn van godsdiens is teenwoordig, maar die krag van die godsdiens ken jy nie.
7 seuns van Skeva – hoe het hulle die muggie geskep maar kameel geëet?
Hand 19:11-16 (Lees NLV)
Skeva was n Senior Joodse priester. So die 7 seuns sou in ons tyd die pastoor / dominee se seuns gewees het. Ek glo hulle het baie godsdienstig groot geword. Die bybels sê hulle het rond gereis en duiwels uitgedryf (exorcists).
As n Geestelike leier hier sou ek met reskep toekyk as een van my kinders eendag in die bediening van bevryding staan waar hulle outoriteit beoefen oor bose geeste wat mense vul.
Ek sou voel daar is n redelike soliede fondasie gelê in hulle lewe, die dat hulle in daardie tipe bediening staan.
Stem julle met my saam?
Dis duidelik uit die stuk uit dat die manne baie entosiasties was, maar dinge het lelik skeef geloop. Wat kan ons aflei uit die stuk uit? Hoekom
Hulle het geweet van Jesus, maar het hom persoonlik nie geken nie.
Skep die muggie uit, maar sluk die kameel in.
Godsdienstigheid het nie krag nie.
Die 7 manne was manne sonder geestelike outoriteit.
Hulle het probeer goed doen, maar sonder sukses.
Soos die pragtigste prent van n kaggelvuur… maar GEEN hitte.
Is dit n probleem as die duiwel weet wie jy is?
Dis n probleem as die duiwel nie weet wie jy is nie.
Afsluiting
Vanoggend se skrifgedeeltes was oor godsdienstige mense wat in hulle eie oë die regte ding doen.
Maar die Here sien iets anders.
Of die Here is besig reg voor hulle oë, maar hulle mis dit.
Mense wat opgewonde raak oor muggies, maar besig is om kamele te eet.
Kan dit wees dat ons sukkel met situasies, dat ons kyk na ander as rede vir ons probleme, maar ons is verblind vir ons eie?
Ek is so seker die fout lê nie by my nie, maar eintlik is ek so verkeerd.
Ek is verblind vir die kameel wat ek besig is om te eet.
Die fout lê by my vrou / man / kind / vriendin.
Adam sê: Here, dis die vrou wat U my gegee het (Eva en God se skuld).
Van my grootste transformasies het gekom vanuit situasies waar ek kon reflekteer en met my eie verkeerd deel.
In HG teenwoordigheid – al wat ek wil doen is om “jammer” te sê vir my eie kamele.
Waarmee sukkel jy? Is jy bly oor die muggie, maar jy mis dalk die kameel?