(Ek begin met Jesus se rooiletter woorde in Joh 14)
Joh 14:16-17 (NLV) – Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees; dit is die Gees van die waarheid. Die wêreld is nie instaat om Hom te ontvang nie omdat hy Hom nie sien of ken nie. Julle ken Hom egter, omdat Hy by julle gaan bly en in julle gaan woon.
Joh 14:26 (DB) (in die rooi letter woorde van Jesus) – ‘Later sal my Vader vir julle julle spesiale Helper, die Heilige Gees, stuur. Hy sal namens My kom en sorg dat julle alles goed sal onthou wat Ek vir julle gesê het.’
Die Vader stuur n Helper – Wie is die Helper?
- Mat 10:20 noem Hom – Die Gees van julle Vader.
- Gal 4:6 sê dat die Vader die Gees van Sy Seun in ons harte gestuur het.
- Heilige Gees is die Gees van die Vader en die Seun wat in ons kom woon.
- Met Jesus se weg gaan het Vader vir my en jou n ander Helper / Raadgewer gestuur.
- Hierdie Helper is die een wat ons leer en herinner aan alles wat Jesus gesê het.
- En die hartseer / tragiese ding van ons as gelowiges is dat ons so dikwels nie ons Helper ken nie.
- Die hartseer dat ons daagliks lewe asof hierdie Helper van die Vader nie hier is nie.
Die Helper se invloed in Jesus se lewe
Ons lees nie baie van Jesus se lewe voor Sy doop nie – tydens Sy doop het die HG op Hom neergedaal.
Luk 4:1 – Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af en is deur die Gees in die woestyn gelei.
- Dis duidelik dat met die koms van die HG op Jesus iets verander het.
- Jesaja 11:2 vertel vir ons van die kenmerkende eienskappe van Jesus:
- Die Gees van die Here sal op Hom rus, die Gees wat wysheid en insig bring, die Gees wat raad en krag bring, die Gees wat kennis en eerbied vir die Here bring. Hy sal Sy vreugde daarin vind om Die Here te gehoorsaam. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn of op vals getuienis of hoorsê nie.
- Geestelike, Godsvrug eienskappe juis omdat die Gees van die Here op Hom rus.
- Jesus het die vermoë gehad om die diepste wysheid, waarheid en genade in te spreek in die moeilikste situasies wat voor Hom was. Kragtige lering wat vandag ons rigtingwyser is.
- Om nie eers te praat van die wonderwerke nie.
- Jesus se totale lewe en impak was omdat Hy vol van die Heilige Gees was – Die HG het Hom gelei en die HG het deur Hom opereer.
- Dit was Jesus, wat van my en jou?
Die Helper se invloed in die dissipels lewe
By geleentheid vra Jesus Sy dissipels: Wie sê julle is Ek? en Mat 16:16 lees ons Petrus se antwoord: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
- Hulle het geweet en geglo wie Jesus was.
- Mat 26:35 – Petrus sê: Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloën nie.
- Maar toe die druk toegepas word to word daar verloën, toe vlug hulle almal.
- Die dissipels uit hulle self het nie gehad wat nodig was om die evangelisasie opdrag van Jesus oor die wêreld te neem nie.
- Dis nadat Heilige Gees oor hulle gekom het dat hulle krag ontvang het om getuies te wees.
Heilige Gees vul hulle op pinkster en ons sien die vervulling van Jesus se woorde: julle sal groter dinge doen as Ek… En hulle het, na HG se uitstorting. (dit was hulle, wat van my en jou?)
“U is die Christus, die Seun van die lewende God”
Die Helper se invloed in my en jou lewe
Rom 8:14 (53) – Want almal wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God.
- Daar is iets rakende HG teenwoorwoordigheid en leiding in ons lewe wat teken is van ware kindskap.
Efe 1:13-14 (NLV) ‘Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. Die Heilige Gees is God se deposito wat ons volle erfenis waarborg totdat almal wat aan God behoort, volkome verlos sal wees. Daarvoor moet ons God se grootheid prys!’
- Die wat die HG het is gemerk, geseël (met n merk wat ons nie kan sien nie – dalk n verloofring).
- Dat HG die deposito is wat God vir ons gee as teken dat Hy ernstig is om die pad met ons voluit te stap tot die einde toe.
Heilige Gees word nie verniet Die Helper genoem nie. HG is God met ons.
- Hy is ons motivering, Ons Inspirasie,
- Die krag wat ons nodig het vir ons geestelike pad.
- Hy kom ons swakhede te hulp (Rom8)
- Hy bewerk Heilige Gees vrugte in ons. (Gal 5)
- Hy bemagtig ons met Heilige Gees gawes. (1 Kor 12)
- Hy is die transformerende krag van God in ons (Rom 12)
- Hy is ons merk, ons verloofring vir die ewige lewe, ons deposito. (Efe 1)
Dit wat ek en jy graag wil word, wil wees in die Here gaan nie uit onsself alleen gebeur nie maar in samewerking met die Heilige Gees. Sonder Heilige Gees gaan ek en jy nooit uitkom waar ons graag wil nie.
Wat is die punt waarheen ek oppad is?
- Ek het dit reeds genoem.
- Die hartseer ding van ons as gelowiges is dat ons nie ons Helper ken nie.
- Die hartseer dat ons daagliks lewe asof hierdie Helper van die Vader nie hier is nie.
Ons kyk vanoggend na die invloed en impak van Heilige Gees op Jesus se lewe, die dissipels se lewens, my en jou se lewe en julle sal saamstem dat in die persoon van Heilige Gees is n sleutel vir ons geestelike pad.
- Heilige Gees is die vuur van God in ons binneste wat nodig is om sterk te brand.
- Hy is die krag in : “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom…”
- Ons moet “Julle sal krag ontvang wanneer die HG oor julle kom” mense wees.
- NIE 2 Tim 3:5 (DB) mense – van buite af sal dit lyk of hulle kerkmense is, maar van binne af sal hulle dolleeg wees, sonder God en Sy krag. (skyn van godsaligheid, krag verloën)
VRAAG: Is dit moontlik om van buite af te lyk soos kerkmense, maar van binne dolleeg, sonder God en Sy krag? (ons almal ken sulke mense, is dit moontlik dat ek daardie persoon vir iemand anders is?)
Bedroef en Blus
Daar is n gevaar wat ons in die gesig staar in ons dag tot dag lewe met Heilige Gees:
- Heilige Gees kan bedroef word:
- Eph 4:30 En moenie die Heilige Gees bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.
- Bedroef – Om die Gees van die Vader intens hartseer te maak.
- Joh 21 – Jesus vra 3 keer vir Petrus – Het jy my lief – Petrus bedroef na 3e keer.
- Heilige Gees kan geblus word:
- 1 Thes 5:19 – Blus die Gees nie uit nie.
- Extinguish – as jy n vuur blus – jy sit die vuur uit, jy maak die vuur dood.
Konteks van Efe 4:30 – Bedroef die Gees – Hoe doen ons dit?
- Voor vers 30
- Lê die leuen af, praat die waarheid, word toornig, maar moenie sondig nie, laat die son nie onder gaan oor julle toorn nie, gee die duiwel geen plek nie, as jy steel… hou op, laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie
- DAN – Bedroef nie die HG nie
- Na vers 30 – verwyder bitterheid, woede, toorn, geskreeu, lastering. Vergewe mekaar.
- Wat bedroef die HG? *** Gaan oor die punte…. die bedroef die Gees ***
- 1 Thes 4:1-8 (83) – LEES
Te veel HG bedroef, kan lei tot HG blus en dit maak ons van buite lyk soos kerkmense, maar van binne dolleeg, sonder God en Sy krag.
Bybelse voorbeeld: Saul en Dawid
1 Sam 16:13-14 (NLV) Terwyl Dawid daar tussen sy broers staan, neem Samuel die olie wat hy saamgebring het en gooi dit uit op Dawid se kop. Van toe af het die Gees van die Here kragtig in hom gewerk. Daarna het Samuel na Rama toe teruggegaan. Maar die Gees van die Here het Saul verlaat…
- Watter hartseer woorde: Terwyl een jong man kragtig deur God aangeraak word en gevul word met die Gees, lees ons in die volgende vers van Saul en dat die HG hom verlaat.
- 6 hoofstukke vroeër in 1 Sam 10 (53) lees ek n paar verse: LEES uit Youversion.
Saul was deur God gekies, n gesalfde man, HG oor hom vaardig geraak.
- Dawid pleeg moord en owerspel. Dis nie wat Saul doen nie.
- Wat was Saul se sonde wat gemaak het dat HG hom veraat?
- Saul verwerp God se woord, Saul toon geen vrees vir God nie. Saul luister nie na wat God sê nie, Saul vertrou God nie. Saul toon geen berou nie.
JA Friedel, maar dis n ou Testament voorval. Jesus sê in Joh 14 die Helper gaan kom en vir ewig by julle wees.
- Friedel, wat met Saul gebeur het kan nie met ons gebeur nie.
- Heeltemal reg dat… Ons kry nie so n duidelike voorval in NT soos HG wat Saul verlaat nie.
- Op watter punt verlaat die HG jou? – Nie ek of enige iemand kan dit antwoord nie.
- Wat ons wel kry:
- Annanias en Safira sterf toe hulle vir HG jok.
- Gal 3:1 – Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? (dis moontlik)
- Ons kry baie voorbeelde van n vlees wandel vs n Gees wandel.
- Vlees wandel bedroef HG (intense hartseer).
- Vlees wandel blus HG (blus is maak die vuur van die Gees dood)
- Die vuur was SO groot, nou so groot, later heeltemal dood. HG weg.
- Dit staan in die NT.
Wat as jy besef jy bedroef die HG, jy blus die HG. Wat is die pad terug?
Spyt vs Berou – lees drukstuk.
Die pad terug – berou en bekeer (omdraai, wegdraai, verandering van jou gedagtes oor die onderwerp).
Maak nie saak hoe ver weg jy getree het nie, jy kan omdraai en een tree terug gee.
- Berou, Bely en Bekeer (3 x BBB’s).
- Dawid in Psa 51 (teen U en U alleen het ek gesondig – Neem nie U Heilige Gees van my af nie)