Hierdie boodskap is gebore na n onlangse gesprek met iemand in ons gemeente wat vir my die volgende gesê het: “Ek en my vrou wonder nog wat ons doel in die lewe is, wat God se plan met ons lewe is”.
Baie gelowiges het die volgende onbeantwoorde vrae in hulle lewe het:
- Hoekom is ek hier?
- Maak my lewe saak?
- Wat is my doel in die lewe?
En soos goeie gelowiges gewoonlik doen, is hulle biddend oor hierdie vrae.
- In baie gevalle is daar nie dadelik enige antwoord van die hemel se rigting af nie so mense bly biddend.
- En terwyl hulle biddend hieroor is, sonder enige antwoord, is die gevoel teenwoordig dat hulle lewe geen of min doel het (little to no purpose).
- Hulle bly relatief passief in hulle geloofslewe.
- Hulle is wel aktief in gebed – vir jare – maar passief in enige ander geloofstappe.
- Wat moet ons doen Here?
- Wat is my doel Here?
- Waar moet ek n verskil maak Here?
- Miskien verwag ons n hoorbare stem uit die hemel om hierdie te antwoord.
- En die hoorbare stem antwoord nie en hul geloofslewe het nie enige vervulling in nie want die persone ervaar nie dat hulle enige verskil maak in God se koninkryk nie.
VRAAG: Is daar sulke persone hier?
Verstaan my mooi
- Ek gaan nie vanoggend verkondig dat dit nie nodig is om te bid en by die Here te hoor nie.
- Ek sê nie vanoggend dat ons groot skuiwe in ons lewe moet maak en nie die Here moet raadpleeg nie.
Ek gaan wel sê dat ons soms jare bly bid oor dinge wat Jesus reeds in die woord vir ons duidelikheid oor gegee het.
- Ons bid vir antwoorde wat die Bybel reeds vir ons gee.
Indien die onderwerp van “wat is my doel in die lewe” n ernstig onbeantwoorde vraag in jou lewe is en vanoggend ook nie heeltemal help nie, raai ek jou aan om die volgende boek te lees:
- Purpose driven life – Rick Warren
- Hy raak 5 hoofpunte in die boek aan:
-
- We were planned for God’s pleasure – so your first purpose is to offer real worship.
- We were formed for God’s family – so your second purpose is to enjoy real fellowship.
- We were created to become like Christ – so your third purpose is to learn real discipleship.
- We were shaped for serving God – so your fourth purpose is to practice real ministry.
- We were made for a mission – so your fifth purpose is to live out real evangelism.
- Rick Warren – There are unplanned pregnancies, but there are no un-purposed people.
Ek wil vanoggend hierdie opsom in 2 hoof punte:
- Jesus sê: Kom
- Jesus sê: Gaan
- Kan hierdie 2 punte help om n vraag aan te spreek vanoggend?
- n Praktiese voorbeeld
Jesus se woorde: Kom
Matt 11:28 (1983) “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee.”
DB – ‘“Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek. “Kom luister na wat Ek vir jou oor jou lewe wil leer. Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te leef nie. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te hê. ‘
- Kom na My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek.
- Ons klaar dit uit: Sonder God, is daar geen sin in die lewe nie.
- Haal Hom uit die prentjie uit en daar is absoluut geen antwoord op die “doel” vraag nie.
- Jesus klaar dit uit: as jy uitgeput en oorlaai is, as jy weer sin in die lewe soek?
- Kom na My toe.
Col 1:15-16 (MSG) We look at this Son and see the God who cannot be seen. We look at this Son and see God’s original purpose in everything created.
16 For everything, absolutely everything, above and below, visible and invisible, rank after rank after rank of angels – everything got started in him and finds its purpose in him.
Dit maak sin: Om die doel van my lewe te ontdek moet ek kom uitvind by die Een wat my gemaak het.
Jy sê: Ek weet dit, want ek bid dan juis en vra vir Hom wat is Sy doel met my lewe.
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee.”
Jesus se woorde: Gaan
“Gaan en maak dissipels van alle nasies…”
Mat 28:19-20 (DB) – ‘Ek wil hê julle moet iets vir My doen: “Die wêreld is nou julle sendingveld. Gaan oral na almal toe en daag hulle uit om My sonder enige voorwaardes of verskonings te volg. As hulle bereid is om My met hulle hele lewe te volg, moet julle hulle doop op gesag van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. So sal julle hulle inlyf om deel van God se familie te wees. Maar dan is julle nog nie klaar nie. Leer hulle en lei hulle dan in alles wat Ek vir julle geleer het. Vertel hulle hoe belangrik dit is om aan My gehoorsaam te wees en te doen wat Ek vra. “En wees verseker: Ek verwag nie dat julle dit alleen moet doen nie. Elke dag, tot met die wederkoms, sal Ek self by julle wees.”’
Jesus nooi ons: Kom na My toe. Wat gebeur as ons reageer en wel kom?
- Ons leer Jesus ken. Dit verander ons.
- Ons ervaar Sy teenwoordigheid, Sy liefde, Sy genade, Sy vergifnis. Dit verander ons.
- Sy hartsbegeertes word ons hartsbegeertes. (hopenlik)
- My begeertes om Sy wil te doen, raak al hoe sterker.
- Ek begin Sy wil uitleef. Dit verander my.
- Ek word n nuwe mens, en dan kom Sy woorde: Gaan
- (niks hiervan sou gebeur het as ek nie eers na Hom toe gekom het nie)
Maar die doel van die “kom na My toe” is en was en sal nog altyd wees sodat die woorde kan volg “gaan dan heen”.
Jesus roep Sy dissipels met hierdie woorde:
(kyk of jy die kom en die gaan hierin sien)
Mat 4:19 – “Kom agter My aan en Ek sal julle vissers van mense maak”.
- En as julle volgende jaar inskryf vir “Go Fish” sal julle in sessie 1 hoor hoe Andy Stanley sê – volgelinge vang vis. Die uitnodiging om te kom en gaan het nog nooit verander nie.
- Sien verbintenis tussen Mat 4:19 en Mat 28:19-20 “Gaan dan heen en maak dissipels…”
Jy sê dalk op hierdie punt: Dankie vir die verfrissing van my geheue, dis baie goed. Maar dis juis my gebed: Waarheen moet ek gaan?
Voordat ek verder gaan, hier is die punt sover:
- Indien jy dit nie weet nie: My en jou se doel in die lewe is om na Jesus toe te kom, Hom te leer ken en deur SY Heilige Gees getransformeer te word in ons pad van gehoorsaamheid aan Hom en dan te gaan en God se koninkryk te bring na ander mense.
Friedel, hoe? Waar?
More than profit – kom ek vertel my storie
Hier is ek Pastoor. Daar buite is ek Friedel die entrepreneur.
- Hier binne het my lewe invloed en impak – dit gee vir my geweldig sin in die lewe.
- Maar n groot deel van my lewe gebeur buite die kerk kantoor en buite LCF.
- Jy sê dalk vir my: Friedel, as ek sondae gepreek het en 2 keer n week kursusse in die aande vir mense aangebied het, sou ek ook die doel van my lewe verstaan het. Maar jy het nie die platvorm nie.
- My antwoord: Jy het nie hierdie platvorm nodig om sin en doel te ervaar nie.
Wys Video: More than profit
Verduideliking:
- Wat is hierdie?
- Dit het my gepla dat ek so baie besigheidsafsprake het en die uitsluitlike doel is om iemand te kry om in te stem om geld te betaal om ons dienste te gebruik. En dis al.
- Sonder dat die ewige eindbestemming van die persoon voor my vir my saakmaak.
- Hoe kan ons besigheid n groter “business with a purpose” wees?
- Ek vind nie doel net in die maak van geld nie.
- By laasjaar se BWAP:
- Ek sit en luister na Sakkie en in my binneste ontstaan die volgende gedagte.
- Friedel, bou n website www.morethanprofit.org, maak n video. Sit die video op die website saam met n paar artikels wat gaan oor dit en dit. Laat druk n besigheidskaartjie met die website adres en n vraag op: sal jy jou regteroog aan my verkoop vir 5 miljoen rand.
- En in jou besigheidsafsprake, na jul gesprekke, vra vir die persoon of jy vir hom kan bid. Of jy sy besigheid kan seen?
- En ek begin dit doen.
- En weet jy wat? Niemand sê vir my “NEE” nie. Inteendeel…
- En ek handig kaartjies aan ander entrepreneurs uit en moedig hulle aan om na die website te gaan en die video te kyk.
- Oom Sakkie praat van DV.pdH wat in sy email signature is.
- Ek sit in myne: There is more to life than just living to make a profit: www.morethanprofit.org
Daar is n breekdeel van n sekonde na vergaderings wat ek voor n keuse staan: Gaan ek die gebed vraag vra of nie?
En wanneer ek dit doen, is daar soms trane by die ontvanger van die gebed.
En ons groet mekaar en ek stap weg en hier in my hart weet ek hoekom ek lewe: En dit is om ndraer van koninkryk te wees waar ek is en elke geleentheid en elke oomblik van impak bevestig dit vir my.
Die punt
Waar is jy? Watter geleenthede is elke dag voor jou?
Jy sit en bid vir jare oor jou doel, maar jy laat elke dag geleenthede verby jou gaan wat as jy dit sou aangryp, jy geweldige doel / sin / purpose sou ervaar.
Al begin jy met: Kan ek vir jou bid?
Ek weet nie hoe dit lyk waar jy beweeg nie. Ek weet nie wat die behoefte is waar jy beweeg nie. Dis juis die ding… Jy is daar, nie ek nie.
Wat is nodig? Gaan doen jy dit.
Dan is jy besig om te gaan…