

[vc_section][vc_row][vc_column width=”1/6″][/vc_column][vc_column width=”2/3″][vc_column_text]
Hierdie boodskap is gebore na n onlangse gesprek met iemand in ons gemeente wat vir my die volgende gesê het: “Ek en my vrou wonder nog wat ons doel in die lewe is, wat God se plan met ons lewe is”.
Baie gelowiges het die volgende onbeantwoorde vrae in hulle lewe het:
En soos goeie gelowiges gewoonlik doen, is hulle biddend oor hierdie vrae.
VRAAG: Is daar sulke persone hier?
Ek gaan wel sê dat ons soms jare bly bid oor dinge wat Jesus reeds in die woord vir ons duidelikheid oor gegee het.
Indien die onderwerp van “wat is my doel in die lewe” n ernstig onbeantwoorde vraag in jou lewe is en vanoggend ook nie heeltemal help nie, raai ek jou aan om die volgende boek te lees:
Ek wil vanoggend hierdie opsom in 2 hoof punte:
Matt 11:28 (1983) “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee.”
DB – ‘“Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek. “Kom luister na wat Ek vir jou oor jou lewe wil leer. Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te leef nie. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te hê. ‘
Col 1:15-16 (MSG) We look at this Son and see the God who cannot be seen. We look at this Son and see God’s original purpose in everything created.
16 For everything, absolutely everything, above and below, visible and invisible, rank after rank after rank of angels – everything got started in him and finds its purpose in him.
Dit maak sin: Om die doel van my lewe te ontdek moet ek kom uitvind by die Een wat my gemaak het.
Jy sê: Ek weet dit, want ek bid dan juis en vra vir Hom wat is Sy doel met my lewe.
“Gaan en maak dissipels van alle nasies…”
Mat 28:19-20 (DB) – ‘Ek wil hê julle moet iets vir My doen: “Die wêreld is nou julle sendingveld. Gaan oral na almal toe en daag hulle uit om My sonder enige voorwaardes of verskonings te volg. As hulle bereid is om My met hulle hele lewe te volg, moet julle hulle doop op gesag van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. So sal julle hulle inlyf om deel van God se familie te wees. Maar dan is julle nog nie klaar nie. Leer hulle en lei hulle dan in alles wat Ek vir julle geleer het. Vertel hulle hoe belangrik dit is om aan My gehoorsaam te wees en te doen wat Ek vra. “En wees verseker: Ek verwag nie dat julle dit alleen moet doen nie. Elke dag, tot met die wederkoms, sal Ek self by julle wees.”’
Jesus nooi ons: Kom na My toe. Wat gebeur as ons reageer en wel kom?
Maar die doel van die “kom na My toe” is en was en sal nog altyd wees sodat die woorde kan volg “gaan dan heen”.
Jesus roep Sy dissipels met hierdie woorde:
(kyk of jy die kom en die gaan hierin sien)
Mat 4:19 – “Kom agter My aan en Ek sal julle vissers van mense maak”.
Jy sê dalk op hierdie punt: Dankie vir die verfrissing van my geheue, dis baie goed. Maar dis juis my gebed: Waarheen moet ek gaan?
Voordat ek verder gaan, hier is die punt sover:
Friedel, hoe? Waar?
Hier is ek Pastoor. Daar buite is ek Friedel die entrepreneur.
Wys Video: More than profit
Verduideliking:
Daar is n breekdeel van n sekonde na vergaderings wat ek voor n keuse staan: Gaan ek die gebed vraag vra of nie?
En wanneer ek dit doen, is daar soms trane by die ontvanger van die gebed.
En ons groet mekaar en ek stap weg en hier in my hart weet ek hoekom ek lewe: En dit is om ndraer van koninkryk te wees waar ek is en elke geleentheid en elke oomblik van impak bevestig dit vir my.
Waar is jy? Watter geleenthede is elke dag voor jou?
Jy sit en bid vir jare oor jou doel, maar jy laat elke dag geleenthede verby jou gaan wat as jy dit sou aangryp, jy geweldige doel / sin / purpose sou ervaar.
Al begin jy met: Kan ek vir jou bid?
Ek weet nie hoe dit lyk waar jy beweeg nie. Ek weet nie wat die behoefte is waar jy beweeg nie. Dis juis die ding… Jy is daar, nie ek nie.
Wat is nodig? Gaan doen jy dit.
Dan is jy besig om te gaan…
[/vc_column_text][/vc_column][vc_column width=”1/6″][/vc_column][/vc_row][/vc_section][vc_row][vc_column][vc_column_text]
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]
[vc_row][vc_column][vc_column_text]
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]Ons sal graag wil hoor wat die impak was wat Vibrant Hearts op jou lewe gehad het. Deel dit met ons hier:[/vc_column_text]
[vc_row][vc_column][vc_column_text]

[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column]