Ons lees in Mat 16:13-16 : Toe Jesus in die omgewing van Sesarea-Filippi kom, vra Hy sy dissipels: “Wie dink die mense is Ek, die Seun van die Mens?”
“Wel,” antwoord hulle, “party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia, nog ander Jeremia, of een van die ander profete.” Hy sê toe vir hulle: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.”
Jesus vra: Wie sê die mense is Ek? – Vanoggend kyk Wat sê Jesus van Homself.. Wie Hy is.
Vanoggend gaan introspeksie plaasvind: Dit wat Hy van Homself sê, Waar los dit my en jou?
Ek wil begin Joh 8:58 waar Jesus n paar Jode baie kwaad maak:
- 58 Jesus het vir hulle gesê: “Ek verseker julle, nog voordat Abraham bestaan het, was Ek al wat Ek is. 59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom daarmee dood te gooi. Jesus het hulle egter ontwyk en uit die tempelgebied padgegee.
- Die Afrikaanse vertalers gebruik die woord orde soos volg:
- “Nog voordat Abraham bestaan het, was Ek al wat Ek is”
- Maar n direkte vertaling sou wees: “Nog voordat Abraham bestaan het, Ek is”
- Soos die Engelse NIV – “before Abraham was born, I am!”
- “I am” – griekse woorde “ego eimi”
- En die Jode is kwaad vir Hom want in Exo 3 is Moses by die brandende bos en vra vir God “As ek terug gaan Egipte toe, wie sal ek sê het my gestuur?”
- God antwoord: Ek is wat Ek is. Se vir hulle ‘Ek is’ het jou gestuur.
- I am who I am – ego eimi – ego eimi (griekse vertaling van OT)
- Die jode teenwoordig verstaan dat Jesus Homself gelykstel aan Jehova God toe hy sê: Voordat Abraham was… Ek is” – dieselfe ego eimi.
Wat sê Jesus van homself? – Ek is God.
In die boek Johannes vind ons 7 ander unieke “Ek is…” verklarings wat Jesus van Homself maak.
- Ek is die brood van die lewe
- Ek is die lig vir die wêreld
- Ek is die deur
- Ek is die goeie Herder
- Ek is die weg, die waarheid en die lewe
- Ek is die wynstok
- Ek is die opstanding en die lewe
Joh 6:35 – Ek is die brood van die lewe
Joh 6:35 (1953) – Ek is die brood van die lewe. Wie na My toe kom sal nooit honger kry nie en wie in My glo sal nooit dors kry nie.
- In Joh 6 verrig Jesus n wonderwerk deur met n paar broodjies en vissies 5000 mense te voed.
- Jesus voorsien aan mense se fisiese behoeftes, en net om seker te maak dat ons nie mislei raak deur te dink die hoof rede hoekom hy gekom het is om ons fisiese behoeftes aan te spreek nie, kom vers 35 – “Ek is die brood van die lewe”
- Die dag na die wonderwerk:
- Joh 6:26 (DB) – ‘Jesus sê toe: “Hoekom doen julle al die moeite om My so te volg? Dit is definitief nie omdat julle God in my dade raakgesien het nie. Nee, julle doen dit maar net omdat Ek vir julle kos gegee en julle lekker geëet het. Ai, alles net vir ’n ete! ‘
- Ek volg U Jesus, want u gee vir my skatte? Of ek soek U Jesus want U is my skat.
- Joh 6:12-14 vertel van 12 mandjies wat oorbly (oorvloed) en vers 15 sê die mense wou Hom met alle geweld koning maak.
- Wie hier erken: Ek volg Jesus OF Jesus is My Koning
- Joh 6:35 (DB) – Jesus antwoord hulle: “Ek is die brood van die lewe; Ek gee die ewige lewe vir mense. As iemand na My toe kom en vat wat Ek hom gee, sal hy geestelik heeltemal versadig As hy My vertrou, sal hy nooit weer geestelik dors kry nie.’
1 Tim 6:7-8 “We brought nothing into the world, so we can take nothing out. But, if we have food and clothes, we will be satisfied with that.”
- Wees vergenoegd met dit wat jy het – goeie beginsel.
- Die gevaar is – dit wat ons het, maak ons vergenoegd / versadig.
- Die mense in Jesus se tyd het Hom gesoek / gevolg – wou Hom koning maak? Hoekom? Oor dit wat Hy fisies vir hulle kon gee? Fisies het Hy hulle versadig.
- Introspeksie: Hoekom volg jy Hom? Waarmee word jou lewe versadig?
“Ek is die brood van die lewe; Ek gee die ewige lewe vir mense. As iemand na My toe kom en vat wat Ek hom gee, sal hy geestelik heeltemal versadig word. As hy My vertrou, sal hy nooit weer geestelik dors kry nie.”
Joh 8:12 – Ek is die lig vir die wêreld
Joh 8:12 (1953) – Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
- Fisiese lig is noodsaaklik vir lewe. Meeste plante draai na die lig toe vir lewe.
- Jesus verklaar hier dat Hy die geestelike lig is wat ons nodig het om geestelik te lewe.
“Wie my volg sal nie in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee”…
Joh 3:19-21 (DB) – ‘“Hoe die dinge in die hofsaak werk, kan so verduidelik word: Jesus het as die Goddelike Lig in hierdie wêreld kom skyn. Die mense het egter meer daarvan gehou om in die donker te leef as in die lig. En daar was ’n goeie rede voor: hulle dade en optrede was net ’n onheilige en slegte gekonkel. Daarom doen hulle die dinge in die donker, want hulle is bang dat almal gaan sien hoe sleg hulle dade regtig is. Daarom hou mense wat sulke slegte dinge doen, niks van die lig nie en hardloop daarvoor weg. As dit wat iemand doen, egter goed en sinvol is soos God dit bedoel het om te wees, hardloop hy juis na die lig toe. Hy het mos niks om weg te steek nie. Almal sal duidelik kan sien uit die dinge wat hy doen, dat hy iemand is wat aan God se kant staan en aan wie se kant God ook is.” ‘
ERV – The light[a] has come into the world. But they did not want light. They wanted darkness, because they were doing evil things.
Introspeksie: Lewe jy in die lig, of lewe jy in die duisternis?
- Mat 7:21-23 praat van die wat hom Here Here noem, maar duidelik in duisternis gelewe het.
Ek is die lig, kom na die lig toe sodat jy uit duisternis uit kan kom.
Joh 10:9 – Ek is die deur
Joh 10:9 (1953) – ‘Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. ‘
n Deur is n plek van ingang, n plek van toegang – Slegs Jesus red…
- Jesus is DIE deur waardeur ons toegang verkry tot die Koninkryk van God en die Koninkryk van die Hemel.
- As iemand deur My ingaan – SAL hy gered word.
Jy sal ingaan en uitgaan en weiding vind…
- En as kind in die huis sal ons ingaan in die heilige en ons sal uitgaan en ons werk doen en ons sal ingaan en Sy teenwoordigheid beleef en ons sal uitgaan en ons sal Hom uitleef.
- En ons sal weiding vind want Hy sê: Die brood van die lewe – is Ek.
- Introspeksie: Het jy al deur die deur beweeg – is jy gered? (lewe jy in die donker kamer of het jy al deur die deur beweeg na die lig toe?)
Joh 10:11 & 14 Ek is die goeie herder
Joh 10:11 ‘Ek is die goeie Herder. Die goeie Herder lê sy lewe af vir die skape.’
Joh 10:14 ‘Ek is die goeie Herder. Ek ken My skape en My skape ken My.’
Herhaal agter my aan: “Ek is bly – dat Hy die goeie Herder is – want ek – is n skaap”
- Wie van julle weet dat n skaap nie veel sonder n Herder kan doen nie?
- Dit is goeie nuus dat ons n Herder het, dit is goeie nuus dat Hy n goeie Herder is.
Wat sê Psa 23 van die Herder? Hoekom is Hy goed?
- Hy voorsien, Hy verkwik my siel, Hy lei my, Hy is by my, Hy beskerm – (Hy sien om na die wolf, die leeu, die beer), Hy seën
Vers 14 – Ek ken my skape, My skape ken My.
- Luk 15 sê ook vir ons hoekom Hy die goeie herder is…
- Want Sy skape dwaal af. En Hy sal vir n oomblik die 99 los en agter die een aangaan en as hy die afgedwaalde skaap vind, is Hy bly en tel die skaap op sy skouers.
- EEN is belangrik vir die Herder.
Introspeksie: Is jy vanoggend deel van die 99 of die een wat hy moet gaan soek?
Joh 14:6 Ek is die weg, die waarheid en die lewe
Joh 14:6 ‘Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie’.
Hy sê: Ek is die deur, en Ek is die weg na die Vader. (Die Vader is toeganklik en Ek is die weg)
Spr 14:12 sê: Daar is “n” weg wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan is die weë van die dood.
- Daar is n weg waarop n mens kan wandel wat lyk soos DIE weg…
- Ek praat met wedegebore gelowiges – jy het begin by die weg – is jy dalk nou op “n” weg?
Daar is DIE weg & daar is n weg wat vir die mens reg lyk, maar nie DIE weg is nie.
- DIE weg weet dat die een wat wandel nie op DIE weg is nie, maar die een wat wandel weet dit nie en kink hulle is op DIE weg.
Introspeksie: Die weg, is EK sê Jesus. Is jy op DIE weg, of is jy op die weg wat vir n mens reg lyk, is jy op jou eie weg?
Mat 7:21-23 praat van die wat hom Here Here noem, maar duidelik op die verkeerde weg was.
Joh 15:1 – Ek is die ware wynstok
Joh 15:1 (1983): Ek is die ware wynstok en My Vader is die boer. (lees die hele vers 1 en 2)
Dra my en jou lewe die vrug van wedergeboorte?
- Het jy geweet dat vrug dra vir Vader baie baie belangrik is.
- Joh 15:2 – Elke loot aan My wat nie vrug dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra snoei Hy reg sodat dit meer vrugte kan dra.
- Herhaal agter my aan: “Ek is bly – dat Hy die wynstok is – want ek – is n loot”
- Wie van julle weet dat n loot nie kan vrug dra sonder die wynstok nie?
- Hy sê dit in Joh 15:4 – Sonder my kan julle nie vrug dra nie.
Rom 8:1 – Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
- As jy in Jesus Christus is kan jy vleeslik of Geestelik lewe.
- In Christus, maar Vleeslik = veroordeling; In Christus en Geestelik = geen veroordeling.
- Dra ons vrug? Watter vrug?
Vlees vrug of Gees vrug? (Galasiers 5)
- Die werke van die vlees (In Christus, maar in die vlees?)
- Gal 5:19-21 – ‘Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waarskuwing oor hierdie dinge: Wie sulke dinge doen, sal die koninkryk van God nie beërwe nie. ‘
- Die vrug van die Gees
- Gal 5:22-23 – ‘Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. ‘
- “wat verbreek die houvas van pornografie?” 25 Mar *** In hel oor onvergifnis
Introspeksie: Is jy in die wynstok? Dra jou lewe vrug? Of is die vlees volkome in beheer?
Joh 11:25 – Ek is die opstanding en die lewe (vra iemand kom speel op keyboard)
Joh 11:25 (1953) – Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo sal lewe, al het Hy ook gesterwe.
- Die woorde word aan Marta gesê net voor Lasarus uit die dood opgewek word.
- Die skrif verwys na Jesus se oorwinning oor die dood, dat die gelowige nie met vrees na die dood hoef te kyk nie.
- Die bevestiging, dat al sterwe die gelowige, die gelowige gaan aanhou lewe by Hom.
- Dit kan ook verwys na ons dooie geestelike kondisie en dat Jesus ons lewendig maak deur wedergeboorte.
VRAAG: Wie sal lewe al sterwe hul ook? – Die wat glo
Glo of geloof is n woord wat algemeen misverstaan word.
- Grieks: Pisteuw – to have faith in; to trust in
- Hebreeus: Emunah – faithfulness, steadiness, firmness, trustworthiness
- Emun – “A craftsman is one who is firm and secure in his talent.”
- “The feminine form of emun is the word emunah meaning firmness, something or someone that is firm in their actions. When the Hebrew word emunah is translated as “faith,” (or the greek pisteuw) as it often is, misconceptions of its meaning occur. Faith is usually perceived as a knowing (or hope that comes by knowing) while the Hebrew emunah is a firm action. To have faith in God is not just knowing that God exists or knowing that he will act, rather it is that the one with emunah will act with firmness toward God’s will. “
- Jak 2:18-24
Introspeksie: Die wat glo sal lewe, al sterwe hulle ook. Hoe lyk jou glo? Is dit slegs n vertroue in / n kennis van / n hoop in OF n wete / kennis / hoop wat oorgaan tot aksie?
- Terug by die wynstok – n vertroue wat vrug voortbring?
Vanoggend se Introspeksies
- Ek is die brood van die lewe: Introspeksie: Hoekom volg jy Hom? Waarmee word jou lewe versadig?
- Ek is die lig vir die wereld: Introspeksie: Lewe jy in die lig, of het jy die duisternis liewer as die lig?
- Ek is die deur: Introspeksie: Het jy al deur die deur beweeg – is jy seker van jou redding?
- Ek is die goeie Herder: Introspeksie: Is jy vanoggend deel van die 99 of die een wat hy moet gaan soek?
- Ek is die weg, die waarheid en die lewe: Introspeksie: Die weg, is EK sê Jesus. Is jy op DIE weg, of is jy op die weg wat vir n mens reg lyk, is jy op jou eie weg?
- Ek is die ware wynstok: Introspeksie: Is jy in die wynstok? Dra jou lewe vrug? Of is die vlees volkome in beheer?
- Ek is die opstanding en die lewe, wie in my glo sal lewe al sterwe hy ook: Introspeksie: Hoe lyk jou glo? Is dit slegs n vertroue in / n kennis van / n hoop in OF n wete / kennis / hoop wat oorgaan tot aksie?
Wat het Heilige Gees vanoggend in jou hart geroer? Kan geloof oorgaan tot aksie? Staande stil gebed.