En doop hulle…
Joh 8:31&32 – Toe het Jesus vir die Jode wat tot geloof in Hom gekom het gesê: “As julle in My woord bly, is julle waarlik My dissipels. En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vry maak.”
- Ons gaan vandag na n paar skrifte kyk en laat die Woord tot jou spreek vandag.
Die vrae aanspreek: Hoekom doop ons soos wat ons doop? Hoekom is dit belangrik om gedoop te word?
- Vir die wat klaar gedoop is, wandel jy nog in dit wat die doop verteenwoordig?
- Vir die wat nog nie gedoop is nie, of nog net as kind gedoop ismag vanoggend jou help om vryheid te kry oor die onderwerp.
Baptizo – Hoekom doop ons soos ons doop? Besprinkel of onderdompel?
Betekenis van baptizo
- Dip, immerse (indompel), om iets te reinig deur dit te dip / te onderdompel.
- As jy iets “baptizo” in water, vat jy dit onder die water in. n Algehele onderdompeling.
Acts 8:38-39 (NIV) “Both Philip and the eunuch went down into the water and Philip baptized him. When they came up out of the water, the Spirit suddenly took Philip away…”
- Filippus het hom binne in die water ingevat en hulle het uit die water uit opgekom.
In Joh 3:23 lees ons: “En Johannes (die doper) was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.”
- Hoekom was baie water nodig?
- Want die mense is in die water ingeneem en totaal en al onderdompel.
Heidelbergse Kategismus
- HK Vraag 74: Moet die jong kinders ook gedoop word?
- Antwoord: Ja, aangesien hulle net soos die volwassenes in die verbond van God en Sy gemeente ingesluit is. Ook aan hulle word nie minder as die volwassenes deur die bloed van Christus die verlossing van die sondes en die Heilige Gees wat die geloof werk, beloof nie. Daarom moet hulle ook deur die doop as teken van die verbond in die Christelike kerk ingelyf en van die kinders van die ongelowiges onderskei word. So is dit in die ou verbond deur die besnydenis gedoen en in die plek waarvan die nuwe verbond die doop ingestel is.
NT begin met Johannes die doper wat doop
Johannes die doper kom op die toneel in Mat 3 met die boodskap “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.”
- Hy is die beloofde profeet wat die weg sou oopmaak vir die komende Messias.
- Hy het primer na die Jode toe gekom met hierdie boodskap: bekeer julle.
- Die Jode was reeds God se volk en het die teken daarvan aan hulle vlees gedra (ten minste die mans) – Hulle was besny
- Ek wil hê julle moet die deel mooi verstaan:
- Die hoorders van Johannes se boodskap was Jode, God se verbondsmense, mense wat besny is en Johannes se boodskap aan hulle was: “Bly jul sonde en draai terug na God toe” en die wat dit gedoen het is gedoop.
- Mat 3:6 (NLV) sê: En nadat hulle hulle sondes bely het, het hy (Johannes) hulle in die Jordaanrivier gedoop.
- Johannes het reeds die Joodse volk kom voorberei dat hulle nie op hul besnydenis kan staatmaak nie, maar op God se genade soos hulle hul sondes bely en na Hom terug draai.
- Dat jy nie n kind van God is uit geboorte in die vlees nie, maar uit belydenis, vergifnis en bekering en wanneer iemand tot so n oortuiging gekom het, is hy deur Johannes gedoop.
- Johannes se doop was alreeds die begin van die aanslag teen die sekuriteit van besnydenis as kind van Abraham en dat hulle nie op grond daarvan God se oordeel sou vryspring nie. Lees vers 7-9 van Mat 3.
Johannes die doper het met sy bekeringsboodskap en doop die weg kom oopmaak vir Jesus om n verbond te kom vestig waarin hy die Lam geword het wat vir die sonde van die wereld geslag is en dat geloof in Hom ons deel maak van God se verbondsfamilie.
Ons is gered deur geloof – (hoe word n dissipel gemaak?)
EFÉSIËRS 2:8-9 ‘Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. ‘
- Geloof red. Wie se geloof? My geloof, of my ouers se geloof?
- My eie geloof verbind my aan Jesus, nie my ouers se geloof nie.
- Die verbond wat met Jesus se bloed bevestig is werk so:
- Elkeen kies vir homself. n Ouer kan nie n kind in die verbond plaas deur die doop nie.
- Joh 3:16 – elkeen wat glo
Jesus is gedoop
Sal julle met my saamstem dat die Here Jesus vir ons n rolmodel lewe is?
- Hy het vir ons kom wys hoe n lewe lyk waar Hemelse Vader eerste gestel word.
- Van Gen tot Ope, wie is my en jou se nr 1 rolmodel en voorbeeld?
Mat 3:16 (Jesus se doop)
Ná Jesus se doop het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom oop, en Hy sien hoe die Gees van God soos ’n duif op Hom afdaal. Daar kom toe ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun, ’n Kind so na my hart.
Wie wonder: Hoekom is Jesus gedoop? Hy het dan geen sonde gehad nie en het nie nodig gehad om hom te bekeer nie.
Johannes sê vir Jesus – U moet my doop, ek moet nie vir U doop nie. (Jesus is nie gedoop agv sonde nie)
Mat 3:15 (53) – Laat dit toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.
Mat 3:15 (NLV) – Ons moet God se wil op hierdie manier gehoorsaam.
Daar is iets rakende die vertroue in Jesus se offer aan die kruis en die doop wat daarna volg wat alle geregtigheid vervul in die lewe van n gelowige.
- NLV – Ons moet God se wil op die manier gehoorsaam.
Jesus se woorde in Mat 28
MATTHÉÜS 28:19 ‘Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. ‘
n Mandaat wat ons vandag nog na strewe om te gehoorsaam:
- Maak n dissipel, Doop n dissipel, Leer n dissipel
Wie moet gedoop word? Dissipels. Is n baba n dissipel? Nee
- Wedergeboorte verbind my aan Jesus en is die begin van my pad van dissipelskap.
- Die doop is simboliek van hierdie verbintenis.
(Rom 6:3-4 – simboliek van n begrafnis en n opstanding)
ROMEINE 6:3-4 ‘Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. ‘
- Doop vir die gelowige is n aksie waarin ek as gelowige identifiseer met die dood, die graf en die opstanding van Jesus.
- Doop is n simboliese aksie van dit wat in my gees gebeur het met wedergeboorte
- Ek was dood, maar Jesus het my lewendig kom maak. My ou, sondige mens is dood. Ek is n nuwe mens in Christus en is opgewek om n nuwe lewe saam met Hom te leef.
- En soos Johannes mense gedoop het nadat hulle bely en hulle tot God bekeer het, is doop vandag die volgende stap van geloof – ek is een met Jesus in sy dood, graf en opstanding.
- **** n Publieke verklaring en assosiasie wat vir Vader, Seun en HG belangrik is dat ek dit moet deurgaan en met dit moet assosieer – gaan maak n dissipel en doop die dissipel sodat die dissipel kan assosieer met dit wat Jesus vir hom / haar gedoen het en soos Gal 2:20 kan sê “ek is saam met Christus gekruisig. Dit is nie meer ek wat leef nie maar Chistus wat in my leef en die lewe wat ek nou leef, leef ek deur die geloof” **** Hallelujah
Trouring en doop
Wat maak dat ek getroud is? n Trouring? Nee.
- Dis n teken van die verbond wat tussen my en my vrou opgestel is.
- Ons beloftes aan mekaar maak ons getroud en ons het n ring as teken.
Wat verseker my redding?
- Die doop? Nee. Doop red my nie.
- My geloof in die verlossingswerk van Jesus red my.
- Doop is die teken dat ek verklaar dat ek een is in Sy dood en opstanding
Dringendheid… n Bevel… Onmiddelik
Ons sien iets van n dringendheid in die Hofdienaar se vraag aan Filippus: Daar is water, wat verhinder my om gedoop te word. Hy wou nie wag en uitstel nie.
Hand 2 (Die uitstorting van die Heilige Gees)
Petrus vol van die HG preek n boodskap en ons lees in vers 37 en 38:
‘TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. ‘
Vers 41: Dié wat Petrus se boodskap aanvaar het, is gedoop en hulle het lede van die kerk geword. Hulle was so 3000.
Hand 9 (Paulus se bekering / toe hy nog Saulus genoem is)
Vers 18: En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddelik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.
Hand 10:44-48 (Cornelius en gesin)
Terwyl Petrus nog hierdie dinge sê, het die Heilige Gees op almal gekom wat sy boodskap gehoor het.Die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die Heilige Gees ook op nie-Jode as geskenk uitgestort is. Hulle het geen twyfel daaroor gehad nie, want hulle het hulle ongewone tale hoor praat, en hoe hulle God se grootheid besing.
Petrus het toe gesê: “Wat kan verhinder dat hulle met water gedoop word noudat hulle net soos ons die Heilige Gees ontvang het?” Toe het hy beveel dat hulle in die Naam van Jesus Christus gedoop word. Daarna het hulle hom gevra om ’n paar dae daar te bly.
Handelinge 16 (Paulus en Silas in die tronk besig om lof liedere te sing)
- n aardbewing en die tronk se deure gaan oop.
- Toe die tronkbewaarder wakker word en dit sien, wou hy sy eie lewe neem.
- Paulus skree hard dat hy dit nie moet doen nie.
- Die woord van die Here is aan hom en sy gesin verkondig en vers 33 sê hulle is onmiddelik
Die dissipels en Paulus was gehoorsaam aan die Mat 28 opdrag deur dadelik die nuut gemaakte / geredde dissipels te doop (selfs Paulus as nuwe dissipel).
- Dit was die volgende stap van gehoorsaamheid.
- NIE – gaan en word eers heiliger en dan kom jy om gedoop te word NIE.
Moet ek bid of dit nodig is om gedoop te word?
- Moet ons bid of dit nodig is om iemand wat teen ons oortree, te vergewe? Nee. Hoekom? Die woord sê ons moet. Ek moet net gehoorsaam.
- Moet ons gaan vas en bid of dit vir ons nodig is om my naaste lief te hê? Nee. Hoekom? Die woord sê ons moet. Ek moet net gehoorsaam.
- Moet ek vir jare bid om te vra of dit vir my nodig is om n dissipel maker te wees? Nee. Hoekom nie. Want die woord sê ek moet. Ek moet net gehoorsaam.
- Is dit nodig om vir maande / jare te bid en te vra of dit nodig is om gedoop te word? Nee. Die woord sê ek moet. Ek moet net gehoorsaam.
Wat is die belangrikheid van die doop?
- Petrus vol van die Heilige Gees beantwoord die vraag:
- Hand 2 Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. ‘
- Bekering saam met doop – n deur / n sleutel
- Tot die ontvang van Heilige Gees – die Helper sonder wie ons nie die wedloop kan hardloop
Dis die wil van ons Hemelse Vader
- Redding deur Sy seun
- Ek wat dit deur geloof ontvang en een word daarmee deur die doop.
- Die ontvang van Heilige Gees wat my Helper en leermeester is.
Hier is water, wat verhinder jou om gedoop te word.