I’ve heard a thousand stories of what THEY think you’re like
But I’ve heard the tender whispers of love in the dead of night
And you tell me that you’re pleased
And that I’m never alone
You’re a good good father
It’s who you are, it’s who you are, it’s who you are
Julle elkeen kan na 1,000 van my preke luister waarin ek vir julle my openbaring van God se goedheid deel.
Maar die belydenis “You’re a good, good Father” kom slegs deur eie ontdekking. “I have heard the tender whispers of love in the dead of night”
Joh14:6 -Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
2 elemente:
Die enigste weg – Jesus (vs. alle paaie lei na God)
Die eindbestemming – Die Vader
Ek is persoonlik vas oortuig dat so baie gelowiges op die weg is, maar het nog nooit by die eindbestemming aangekom nie – ken nie God as hulle Goeie, Hemelse Vader nie.
“Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”
Jesus kom openbaar God as Vader
In die bybel (Hoofsaaklik OT) stel God Homself aan ons bekend as:
Die Almagtige, die Skepper en die Eienaar van alles wat bestaan, Voorsiener, Geneesheer, Beskermer, Die Heilig-Heiig-Heilige Een, Die een wat Heilig maak, Die Regverdige Regter, Die Here my Herder, Alomteenwoordige, alles Sienende, Alwetende God, Die Here van die leerskare, Die Ewige tot Ewige God, Die Alpha en Omega, Die een vir Is-Was-En Sal kom.
Daar is nog meer en so baie verskillende verwysings na God – uit hierdie paar reeds genoem kan ons duidelik sien dat Hy soveel anders as ons is
Jes 46:5 – Met wie sal julle My vergelyk?
Jes 46:9 – … Ek is God en daar is niemand soos Ek nie.
En omdat Hy soveel anders is, is dit soms n reistog vir ons om te ontdek wie Hy is, en hierdie ontdekkings is lewensveranderend.
Dit is hoekom die onderwerp van God se Vaderhart so n belangrike onderwerp is.
God is al hierdie GROOT dinge en tog kom Jesus (in die NT) en stel hierdie God aan ons bekend as – Vader.
Heb 1:1-2 In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun
Joh 1:18 – Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is (Engels praat van “bosom”), het Hom bekend gemaak.
Vader – slegs n paar keer in OT – 181 verrwysings deur Jesus alleen.
Toe God Homself aan die mens wou bekend stel as Vader was daar net 1 Persoon in die heelal wat dit kon doen – Dit was die seun wat uit die boesem van die Vader gekom het.
Jesus het gekom met n openbaring wat geen profeet ooit kon gebring het nie.
In Joh17:6 (bid Jesus vir Sy dissipels en noem:
“Ek het u Naam bekend gemaak aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het”.
Watter naam het Jesus kom bekend maak?
Vir eeue is Jode bekend met YHVH – Jehova / Adonai Elohim – Die naam is bekend vir hulle.
Watter naam het Jesus kom bekend maak?
6 Keer in Joh 17 gebed gebruik Jesus – “Vader”
Jesus het God as Vader kom bekend maak? Hoe het Hy dit gedoen? (nie net praat nie maar demonstreer)
Deur te lewe as n Seun van God.
Hy was nooit bang nie (behalwe in Getsemane – ons kom nou daarby), nooit sonder hoop nie, altyd geweet wat om te doen.
Hoekom? Want die Vader was altyd by Hom en Hy het dit geweet..
Onregverdig: Hy kom uit die boesem van die Vader, daarom kon hy as Seun demonstreer.
Soveel meer rede dat die Weg ons begelei na die Eindbestemming.
Want Seun en HG sal Vader aan ons bekend maak.
En hoe groter hierdie bekendmaking, hoe meer sal ons leef as seuns en dogters.
Ruan demonstrasie – Hoekom Vader?
Wat gebeur as ons kinders bang is in die aande? Hoe roep hulle ons?
O Pastoor van LCF, eienaar van Siteweb wat hoof is van ons huis en alles dophou wat ek doen. Sal jy wat my my sorg deur my te voed en te klee asb hierheen kom?
NEE – Pappa, of Mamma – En ons is daar in n oomblik
Dit is goed om te weet wie God is deur sy kenmerkende eienskappe te leer deur Sy name.
Dit is persoonlik en intiem om Hom te leer ken as Vader.
Jesus en Sy Vader se wil
Watter prioriteit was Sy hemelse Vader se wil in Jesus se lewe?
Soewereine wil van God:
Geopenbaarde wil van God:
VRAAG: (Waar is nog n baie bekende skrif gedeelte van Jesus en Vader se wil?)
Mar 14:36 – En Hy sê: “Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van my weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.
Terug by Ruan se roep: Pappa…
Slegs 3 keer word Abba gebruik (2 keer Paulus, een keer Jesus)
Abba is Aramees vir Vader – dit neig egter na die baie meer intieme en afhanklike “Pappa” of “Daddy”.
In Jesus se donkerste uur staan 2 dinge uit –
Sy algemeen gebruikte “Vader” word n baie meer intieme “Pappa Vader”.
“I have heard the tender whispers of love in the dead of night”.
“nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil”.
Demonstrasie van die absolute prioriteit van Vader se wil in Seun se lewe.
Joh 6:38 – Want Ek het uit die hemel neergedaal nie om My wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. (ek het gekom, ek is hier om my Vader se wil te doen).
In Joh 4 bring Jesus se dissipels vir Hom kos en Jesus antwoord (vers 32): Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.
Terwyl hulle onder mekaar wonder se Jesus verder:
Joh 4:34 – Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat my gestuur het en om Sy werk te volbring.
Jesus demonstreer nie net verhouding met Hemelse Vader nie, Hy modelleer vir ons die belangrikheid van Vader se wil en Sy absolute persoonlike prioriteit om dit uit te oefen.
Joh 14:31 maar die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader my beveel het. (omdat Ek hom lieghet, doen ek Sy wil)
Ek en die Vader se wil
Mat 21:28-32 (LEES) – Gelykenis van die Pa en 2 seuns.
VRAAG: Watter een het gedoen wat die pa wou he? (1983) / … het die wil van die vader gedoen?(1953)
Pasop vir godsdienstigheid, maar nie doen wat Vader sê nie.
MOENIE godsdienstig wees nie, wees gehoorsaam.
Bevestig die punt deur n ander skrif:
Mat 7:21 – Nie elkeen wat vir my sê Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemel nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.
Mat7:23 (33/53) – Ek het julle nooit geken nie, julle wat die ogeregtigheid werk.
83 vertaling sê: julle wat die wet van God oortree.
Julle at nie doen wat ek sê nie.
Hoe belangrik is dit vir my en jou om soos Jesus Joh 4:34 te sê – my voedsel is om die wil van my Vader te volbring?
Om Sy geopenbaarde wil te leer ken, en dit te doen.
Afsluiting
1 Joh 2:17 – En die wereld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.
Rom 12:2 Moenie aan hierdie wêreld gelykvormig word nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed sodat julle kan beproef wat die goeie, welgevallige en volmaakte wil van God is.
Ek kan nie soos die wereld lyk nie.
Laat God toe om jou denke te verander / vernuwe.
Dan sal jy beter kan onderskei wat Sy goeie, aanvaarbare en volmaakte wil is.
Pragtig, jy is op die Weg, reis nou verder na die Eindbestemming.