Heinings (Hedges) – Gebed (deel 1 van 5, meer daaroor later)
VRAAG: n Persoonlike besluit om ongeploegte gronde van my hart oop te breek en voor te berei (stil gebed)
Inleiding & definisie
Oorsprong van die reeks: Engelse woord “Hedge”.
Vertaal in Afrikaans: Heining (verskil as ek google vir heining vs hedge)
“Hedge” per definisie
‘n Heining of grens wat gevorm word deur nou groeiende bosse of struike.
Die doel van hierdie heining: Om te beskut, om te beskerm. (foto)
Hedge – n Heining of n grens (beperk toegang – jy kan tot hier toe beweeg en nie verder nie.)
Woorde van lucifer
In die woord word die duiwel genoem – n mense moordenaar, vader van die leuen, n bedrieer.
3 kere opgeteken waat hy praat – al 3 n verdraaide waarheid (Eden, Job, Jesus versoek)
Kan jy enigiets glo wat hy sê? –> NEE – n duidelike NEE
Een ding wat ons weet van hom – die verborge dinge wat ons nie sien nie, kan hy sien.
En daarom is daar een plek in die waar die duiwel n paar verstommende woorde uiter wat my en jou as gelowige baie opgewonde behoort te maak.
Wag n bietjie Friedel – kan ek opgewonde raak oor enigiets wat die duiwel sê?
Vat jou Bybel en gaan na Job Hoofstuk 1 (lees vers 6-12)
Job 1:9-10 (NKJV) So Satan answered the Lord and said, “Does Job fear God for nothing? Have You not made a hedgearound him, around his household, and around all that he has on every side? You have blessed the work of his hands, and his possessions have increased in the land.
GNT – You have always protected him
Job 1:9-10 (1983) Toe antwoord die Satan die Here: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie! U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan.
Die duiwel kom verklap n verborgenheid, n waarheid – die geheim tot Job se sukses.
n Heining rondom Job (on every side sê NKJV)
… God se beskutting, God se bonatuurlike, strategiese beskerming rondom Sy kinders.
teen elke plan, wapen, aanval van die vyand.
n Grens wat hom (lucifer) beperk. Hy kon alleenlik na sy aanklag verder gaan om te verniel omdat God daardie heining gelig het.
Die Heining konsep – God se bonatuurlike voorsiening van beskerming
Job 1:1 – hoekom heining om Job – vroom, godvresend, bly weg van kwaad.
MAAR satan sê: Job dien God vir dit wat hy daaruit kan kry. Kyk net hoe ryk is hy.
satan kon nie deur die heining breek sonder dat dit toegelaat was nie.
satan probeer deur ons heinings kom. Ons eie ongehoorsaamheid kan hom help om deur te kom sonder toestemming. (MOENIE N GAT IN GOD SE HEINING MAAK NIE)
Preekreeks – oor die volgende 5 weke
Heining van: (uit vers 10)
Gebed
Persoonlike heinings – met betrekking tot Job self, gesondheid, wat met hom gebeur.
Relational hedge – wat Job vir sy kinders gedoen het, hoe hy vir hulle ingetree het.
Besittings heining – beskerming van dit wat Job gehad het.
Heining van guns
Hoekom begin ons met: Heining van Gebed
Die eerste heining bou, versterk, ondersteun en beskerm die ander heinings.
persoonlike heinings, ons verhoudings, ons werk, ons huishoudings, ons beloftes van seen en guns (saam met gehoorsaamheid)
Vanoggend n paar persoonlike besluite om te maak
1. n Persoonlike besluit om ongeploegte gronde VAN JOU HART oop te breek en voor te berei
Ploeg jou hart om vir n hernude tyd van gebed.
Hos 10:12 Ek het gesê: ‘Saai die goeie saad van geregtigheid en julle sal ’n opbrengs van my liefde oes. Ploeg die nuwe grond van julle harte, want dis nou die tyd om die Here te soek sodat Hy kan kom en geregtigheid oor julle uitstort.’
Mat 13 – saaier wat saad op verskillende tipes grond saai.
Grond wat voorberei was, was die goeie grond waar 30, 60 en 100 voudig vrug gedra was.
“‘Saai die goeie saad van geregtigheid en julle sal ’n opbrengs van my liefde oes. Ploeg die nuwe grond van julle harte, want dis nou die tyd om die Here te soek sodat Hy kan kom en geregtigheid oor julle uitstort.”
2. n Persoonlike besluit om gebedlose leefstyl te weier
1 Sam 12:23 – “Ook sal ek nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal julle aanhou onderrig in die goeie en reguit pad.”
Andrew Murray “The sin of prayerlessness is a proof that the life of God in the soul is in deadly sickness and weakness”
Wie hier sal vanoggend n persoonlike besluit maak om te weier om n gebedlose lewe te leef?
Wie hier vanoggend sal n persoonlike besluit maak om die ongeploegte land van gebedloosheid weer oop te breek en voor te berei? (laat hierdie boodskap my hart om ploeg)
Probleme in die land? Siekte in my liggaam Ek sal daaroor bid.
Ongeredde bestuurder wat die lewe vir my moeilik maak? Ek sal VIR HOM bid.
Baie probleme, maar sien steeds goeie dinge uit Sy hand? Ek sal elke dag dankie sê
Wesley Deuwel – “Prayerlessness is the sin of a casual Christian. Prayerlessness is a sin against your own spiritual life. You will not grow in grace. Prayerlessness robs you of the consciousness of the near presence of Jesus. Prayerlessness is the evidence of your attitude toward God – unfaithfulness and lovelessness.
Wie hier sal vanoggend n persoonlike besluit maak om te weier om n gebedlose lewe te leef?
Wie hier vanoggend sal n persoonlike besluit maak om die ongeploegte land van gebedloosheid weer oop te breek en voor te berei?
Samuel Chadwick – “It would seem as if the biggest thing in God’s universe is a man or woman who prays. There is only one thing more amazing, that is, that the person, knowing this, should not pray.”
(bladsy 32-33)
3. n Persoonlike besluit om te volhard in gebed
Luk 18:1-8 – Regter en weduwee (lees gedeelte)
NEE: Jesus het vir hulle n gelykenis vertel om duidelik te maak dat God n onregverdige regter is wat onbereid is om na ons te luister?
Is God die onregverdige regter? NEE – lees waaroor die gelykenis gaan.
JA: Jesus het vir hulle n gelykenis vertel om duidelik te maak dat n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.
moenie moed opgee nie. moenie moed opgee nie – HERHAAL
Hartseer vraag: “Maar sal die Seun van die mens by Sy koms nog geloof op die aarde vind?”
Ek gaan nie bid nie, dit gaan nie help nie.
“sodat mense moet aanhou bid sonder om moedeloos te raak” – of is almal moedeloos en bid nie
Wat wil ek hê moet jy met jou huis toe vat?
n Persoonlike besluit om jou hart om the ploeg vir n hernude tyd van gebed.
n Persoonlike besluit om the volhard in gebed
Rom 12:12 – … verbly jou in die hoop, staan vas in verdrukking, volhard in gebed. (hoekom volhard??)
1 – Daniel bid 21 dae… Dag 1 verhoor, maar geestelike stryd verhinder onmiddelike deurbraak
2 – Soms vat dit God tyd om die issues in my uit te sorteer wat my deurbraak verhinder.
3 – Soms vat dit God tyd om ander te kry om in lyn te kom om te doen wat jy voor vertrou.
4 – Soms is vas saam met gebed nodig
… sommer net n paar van baie moontlike redes hoekom on moet volhard in gebed.
Gebed en die “wag op die Here” beginsel
Wesley Deuwel: “Waiting on the Lord means we must disconnect yourself for a time, or from your environment, material things, daily responsibilities and cares to devote your spiritual attention to God.
Wag, met n verwagting om te hoor vanuit die hemel.
Nie met gedagtes wat dwaal nie.
Gee God n oomblik van stilte – jy gaan dalk baie verras wees om iets van Hom af te hoor.
Jesus en gebed
Het jy al voor n moeilike besluit gestaan? Kyk wat Jesus gedoen het voor hy die 12 Apostels gekies het:
Luk 6:12-13 – In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag daar deurgebring in gebed tot God. Toe dit dag word het Hy Sy dissipels nader geroep en 12 van hulle uitgekies, wat Hy ook Apostels genoem het.
Jesus bid deurnag tot Vader voor hy die 12 kies.
In Markus 1 dryf Jesus bose geeste uit n man in n Sinagoge in Kapernaum.
Toe hulle uit die sinagoge kom, is Jesus na Petrus se skoonma se huis toe en genees haar van hoë koors.
Daardie aand drom die hele dorp voor die deur van die huis saam waar Jesus aan woning was.
Lees Markus 1:33-35
In die lig van behoefte, wys Jesus hoe belangrik dit is om met die Vader te wees.
Is jou begeerte na n deurbraak so groot dat jy bereid is om slaap te verloor om met Vader in gebed deur te bring?
Lukas 11:1 Nadat Jesus op n geleentheid gebid het, vra Sy dissipels – Here, leer ons bid.
Hulle was daar, het Jesus beleef terwyl Hy gebid het en dit lei tot daai vraag.
Onse Vader:
Eerstens oor God se Naam
Dan God se Koningkryk
Dan God se wil
Dan later eers vir ons daaglikse brood
Ons probleem is dat ons vashaak by ons daaglikse brood.
Vir my persoonlik raak gebed n spesiale oomblik (soos in die hemel,net so ook op die aarde), wanneer ek fokus op Sy Naam, wie Hy is, en soms so bietjie vergeet van my daaglikse brood.
Voorbeeld – tyd van vrye gebed…
AFSLUITING GEBED:
Vader, leer ons die rol en prioriteit van gebed. Here, gee vir ons n dors en n waardering vir gebed, vir aangesig-tot-aangesig ontmoetings met Jesus. Ek bid vir n vasberadenheid in ons harte om onsself voor te berei vir gebed, om soos Jesus tyd te maak daarvoor. Vader skep vanoggend in ons n honger en dors vir gebed. Mag elke persoon hier aanhou bid, sonder om moedeloos te word.
Boek om te lees – Power without measure – McMillan