Heining om jou besittings / joue goeters (Possessions Hedge)
Job 1:10 (NKJV)- Have you not made a hedge around him, his household, and around all that he has on every side. You have blessed the work of his hands, and his possessions have increased in the land.
Die boodskap vir my en jou:
Daar is so iets soos God se bonatuurlike beskerming, reg rondom dit wat ons bestuur / besit.
Die VRAAG: Hoe kry ons dit? Hoe versterk ons hierdie heining?
Joh 10:10 – “Die dief kom om te steel, te slag en te verwoes” en daarom…
Is ons besittingsheining onder aanval
3 varkies storie – varkie met baksteen huis.
2 van die varkies se huise was geen probleem vir die wolf om te vernietig nie.
by die 3e varkie: Die wolf blaas en blaas en blaas. Niks werk nie.
Die wolf probeer die skoorsteen.
… on every side: Hoe weet Satan dit? Hy het probeer inkom. Hy het alle kante probeer en ontdek God se bonatuurlike heining van beskerming is reg rondom dit wat beskerm word en hy kon geen plek vind om in te kom en te vernietig nie.
Hierdie heining rondom alles wat ons het is geen wolf en 3 varkies storie nie. Die “real”
Een slegte boodskap na die ander
Gee vir lucifer n geleentheid en hy sal jou lewe verwoes.
MAAR gee vir God die ere plek in jou lewe en Hy sal lucifer van jou af weghou.
Ons praat vandag van n bonatuurlike heining van beskerming rondom on besittings MAAR:
Die ere plek van ons hart kan so maklik aan ons besittings behoort.
Daardie plek waarna verwys word… “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart…”
Daardie “hele hart” plekkie kan n groter begeerte hê na dit wat ek het / kan kry, as na God.
En Satan weet dit. Wat is die eerste aanklag of eerste strategie van satan in Job 1?
Na Job 1:10 – kom vers 11 “But now, stretch out your hand and touch all that he has, and surely he will curse You in your face”.
satan ken die hart van die mens en Job is nie die enigste persoon waar bates gebruik word as wapen om tussen mens en God in te kom nie.
Kan dit wat n mens besit, tussen hom en God staan?
Dit kan, en dit was satan se 1e plan om Job teen God te laat draai.
Vat aan Job se goeters en hy sal God vervloek.
Vat aan mense se goeters en kyk hoe hulle harte teen God draai.
Wat gaan gebeur as ek (nie alles nie) iets verloor wat ek het / wat myne is?
Ons raak opgewonde oor bonatuurlike heinings van beskerming rondom Job se goeters…
(kan Job se lewe ons help om on eie heining te versterk?)
“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart…”
Hoekom was dit so vir Job?
Watter eienskappe van Job kan ek en jy hê om ons heining op te bou en beskerm?
Job 1:1 –
God spog nie oor Job se rykdom en sukses, of dat Job die belangrikste persoon in die Ooste was nie.
(Dit wie Job was – nie wat hy het) Vroom, opreg, Godvresend. Iemand wat boosheid vermy het.
Kom os fokus bietjie in op Job se lewe: Hoe n tipe mens was hy?
Job se getuienis oor homself: (God se getuienis oor Job is Job 1:1, daarom is daar gronde…)
Hoe het ander reageer as Job opdaag? Job 29:7-11
respek, eerbied, ek bly eerder stil en laat Job toe om te praat.
1. God se verklaring: Job was vroom / blameless – onberispelik
Job was n man van integriteit, n man met selfbeheersing.
“Blameless” – innocent of wrongdoing.
Waarvan was Job “blameless” / “innocent of wrongdoing?
Job het uit sy pad uit gegaan om mense te help.
Niemand kon vir Job beskuldig dat hulle in hulle armoede swaargekry het en dat Job nie gehelp het nie.
Job 29:11-12
Job 31:16
Job het nie homeself belangriker geag as sy diensknegte nie.
Job 1:3 – Onder die mense van die Ooste, was hy die belangrikste man.
Job 31:13-15
Job was n vrygewige mens, het armes, weeskinders en weduwees gehelp, naaktes geklee.
Job 31:17-22
Geen wonder Job was so gerespekteerde persoon nie. Sy lewe het nie rondom hom en sy besittings gedraai nie.
Gen 12:2 – God aan Abram – “Ek sal jou seën … en Jy moet tot n seën wees.”
Vers 22 Mag my bo-arm afgeskeur word van my skouer af
VRAAG: Kan julle sien hoekom God n heining van beskerming rondom Job se goeters geplaas het?
VRAAG: Begeer jy n heining rondom jou goeters?
2. God se verklaring: Job was opreg / upright
Job het sonder wet of Bybel gelewe soos wat God wou gehad het hy moet lewe.
Job 31:1-12
“I made a covenant with my eyes; how could I gaze at a virgin?
Die bybel sê nie dat Job sonder sonde was nie, maar dat Job baie ernstig was om te doen wat reg is voor God.
VRAAG: Kan julle sien hoekom God n heining van beskerming rondom Job se goeters geplaas het?
VRAAG: Begeer jy n heining rondom jou goeters?
3. God se verklaring: Job was Godsvresend
Job 31:4 – God hou my paaie dop en tel elke tree wat ek het.
Job se goedhartigheid en omgee is gebore uit sy Godvresendheid.
Die een aan wie alles behoort, hou my dop.
En dit het die doen en late van sy lewe bepaal.
VRAAG: Kan julle sien hoekom God n heining van beskerming rondom Job se goeters geplaas het?
VRAAG: Begeer jy n heining rondom jou goeters?
4. God se verklaring: Job het weggedraai van kwaad af / boosheid vermy
Agv Job se Godvresendheid het hy tot die uiterste gegaan om nie te sondig nie en versoeking te weerstaan.
Aan wie behoort dit wat ek het?
Myne? God s’n en ek bestuur wat Syne is?
Ons antwoord so maklik “God s’n” Ek is net n rentmeester. Regtig?
Hoe gaan ons om met dit wat Syne is?
Wat gaan gebeur as ek (nie alles nie) iets verloor wat ek het / wat myne is?
Hoe het Job gereageer?
Job 1:21 – Sonder iets het ek in die wereld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem…
PRYS DIE NAAM VAN DIE HERE (vat aan Job se goeters en hy sal God vervloek)
Job het verstaan, sy goed is eintlik God se goed.
Job, nadat hy al sy besittings verloor het
Job 2:3-4 Die Here vra vir die Satan “En my dienaar Job, het jy hom nou gesien? Sy gelyke kry jy nie op die aarde nie. Hy is vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.”
God se beskrywing van Job was presies dieselfde nadat Job alles verloor het.
God was vir Job belangriker as al sy goeters.
Laat God vir my en jou word, wie God vir Job was, en kyk of ons heinings nie ook opgebou en versterk sal word nie.
Gen 12:12 – As God jou seën, wees tot seën.
Mat 6:33 – Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al die ander dinge sal vir jou bygevoeg word.