(ons gaan af voordat ons opgaan, slegte nuus voor goeie nuus)
Habakkuk 1:2-4
Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?
3 Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is?
Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei. 4 Die wet het nie meer krag nie, en daar geskied nie meer reg nie. Slegte mense het die oorhand oor die goeies, en so word die reg verkrag.
Ons hoor Habakkuk se uitroep: Here, hoekom help U nie? (ellende, onderdrukking, geweld, baklei) – (lees die Beeld) Habakkuk vra: wat gebeur Here, hoekom is dit so?
Friedrich Nietzsche – n skrywer gebore in 1844 tot 1900 – term “God is dead” beroemdheid gegee het.
Ek wonder as Habakkuk in die 20e eeu geleef het, wat sou hy gesê het??? (ek en jy in Habakuk se skoene)
“Slim” wetenskaplikes van ons tyd praat spottenderwys van Teoloë as tandmuis spesialiste – Airy fairy
In Habakkuk 2:18-20 antwoord God:
18 Wat is die nut van ‘n afgod? Dit is maar net iets wat deur ‘n mens gemaak is, ‘n beeld waarvan net bedrog te wagte kan wees. Wat baat dit die maker om op sy maaksel te vertrou as hy ‘n afgod gemaak het wat nie eens kan praat nie? 19 Ellende wag vir hom wat vir ‘n stuk hout sê: “Word wakker!” of vir ‘n dooie stuk klip: “Staan op!” Kan ‘n afgod jou iets leer? Al is hy met goud of silwer oorgetrek, is daar geen lewe in hom nie. 20 Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!
17 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees…
Daar was eenmaal ‘n ma-vark wat drie klein varkies gehad het. Toe hulle mooi groot was, het sy vir hulle gese: ” Julle is nou te groot om langer hier te bly. Julle moet weggaan en julle eie huise gaan bou. Maar pasop dat die wolf julle nie vang nie!” Die drie varkies het hulle goedjies gevat, hulle ma gegroet en begin stap. ‘n Entjie verder het hulle by ‘n man gekom wat ‘n bondel stooi op sy rug gedra het. Die eerste varkie het gevra of hy van die strooi kan koop en was baie in sy skik toe die man alles aan hom verkoop. “Ons sal sterker huise bou as joune!” het die ander twee varkies gese. Hulle het hom gegroet en verder gestap. Langs die pad het hulle ‘n man ontmoet met ‘n groot bondel stokkies op sy rug. Die tweede varkie was baie opgewonde en het dadelik die stokkies gekoop. Die derde varkie het alleen aangestap. Hy het ‘n man langs die pad gekry en hierdie man het ‘n klomp bakstene gedra. Die derde varkie was ook die slimste varkie en hy het dadelik al die bakstene gekoop.
Toe bou die eerste varkie vir hom ‘n huisie van strooi. Die tweede varkie vir hom ‘n huisie van stokkies. En die derde varkie het vir hom ‘n mooi en stewige huisie van bakstene gebou. Hy het lank daaraan gebou, want dit was ‘n baie sterk huisie. Toe hy klaar was, was hy baie in sy skik en het gese: “Nou sal die wolf my nie kan vang en opvreet nie!”
Die volgende dag het die wolf met die pad langs gestap… (die res van die storie ken ons).
Lees Daniel 1:1-13 (op selfoon)
Nie net het die vyeboom nie gebot nie, Daar was ook geen druiwe aan hulle wingerde nie.
Betekenis van hul name (Al 4 kry Babiloniese Afgodsname):
Tog sien ons:
… asof dit nie genoeg was nie, was daar ook geen kleinvee in die kampe en die beeskrale was sonder beeste. Nog en nog en nog…
“Al red God ons nie, ons sal nog steeds nie voor jou beeld buig nie”. – ek glo Hy kan red, maar al doen Hy nie
Die HERE gee uitkoms EN Die Here gee uitkoms EN Die Here gee uitkoms EN Die Here gee uitkoms. (daar was n dag)
Maar al gee Hy nie uitkoms nie, sal ons steeds doen wat Hy van ons vra???
STORIE: Dr (alkoholis en bekeer by Billy Graham Crusade). Kolega sien verandering en vra “Wil jy my sê as jy na die moeilikste dag alleen in jou spreekkamer kom en onthou van n bottel whisky wat agter een van jou boeke in die rak staan, gaan jy nie uitreik en daarvan drink nie?” Hy antwoord: Weet jy, sedert ek Jesus Christus ontmoet het, het ek ontdek, ek is nooit ooit alleen nie”
Al is die tonnel donker, kan SY teenwoordigheid al die verskil maak in die donkerste tye van ons lewe.
Hab 2:2-4 (vers 4: die regverdige sal deur die geloof lewe)
Hab 3:17-19 – geduldig bly wag as dit nie gou kom nie(waar is U Here –> Nogtans, nogtans, nogtans sal ek in die Here jubel)
God help ons om na sekere realiteite met ander oë te kyk, al sou die vyeboom nie bot nie.
Ons sal graag wil hoor wat die impak was wat Vibrant Hearts op jou lewe gehad het. Deel dit met ons hier: