Verbeel jou jy het n R200 noot vergeet in een van jou broeke se sak, en jy het geen idee dat dit daar is nie. Omdat jy nie weet dat dit daar is nie, gaan jy dit nie gebruik nie en is dit tot geen waarde vir jou nie.
Mark 13:33-34 PAS op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ’n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.
Mar 13:34 (NKJV) It is like a man going to a far country, who left his house and gave authority to his servants, and to each his work, and commanded the doorkeeper to watch.
Jesus het by meer as een geleentheid gelykenisse vertel van n Meester wat op n lang reis gegaan het en wat Sy diensknegte in beheer geplaas het terwyl Hy weg is.
Efe 6:12 – Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Mat 28:18 – “Aan My is alle mag gegee in die Hemel en op aarde”.
Meeste engelse vertalings lees “ALL Authority has been given to Me in heaven and on earth”.
Luk 10:19 – “Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap en oor AL die mag van die vyand en niks sal julle ooit skade doen nie”
Meeste engelse vertalings lees “I give you the authority to trample on serpents and scorpions and over ALL the power of the enemy and nothing shall by any means hurt you” (NKJV)
Die Een aan wie alle Autoriteit behoort, kan kies aan wie Hy dit gee en Hy kies Sy dissipels, “Ek gee aan julle die mag / die autoriteit oor al die mag van die vyand”
Efe 1:15-23 – Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. Ja, aan Hom het God alles onderwerp,(Aan My is gegee alle mag) Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Wat sê vers 20, waar is Jesus? – Aan die regterhand van die Vader.
Wat noem vers 23 ons? Die liggaam (op baie skrif plekke) – Wat noem vers 22 Jesus – Die Hoof
Efe 2:5-7 – Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.
Wie van julle het al in Jhb spitsverkeer gery en voor jou beweeg n verkeersbeampte op die snelweg in met arm vorentoe uitgesteek. Wat doen die motors? Verminder spoed en stop.
Het die beampte die liggaamlike krag om al daardie voertuie se vorentoe momentum te stop? NEE, ons stop omdat ons die autoriteit agter die univorm erken en weet die persoon het autoriteit aan hom / haar gedelergeer wat hulle die reg / mag gee om die verkeer te stop.
Wanneer ons jong Christene is, is dit ok om staat te maak op die autoriteit en geloof van ander Christene, maar dis belangrik dat ons groei tot volwassenheid en ons autoriteit opneem teen ons geestelike vyand.
Efe 4:37 – Gee aan die duiwel GEEN plek nie.
Jak 4:7 – Onderwerp julle aan God, weerstaan die duiwel en hy SAL van julle wegvlug.
Moenie die duiwel aan die hardloop kry deurdat hy agter jou aan hardloop nie. STAAN en WEERSTAAN hom. Hy sal vlug.
Gebed – Efe 1 – groei in wysheid en openbaringskennis.
Ons sal graag wil hoor wat die impak was wat Vibrant Hearts op jou lewe gehad het. Deel dit met ons hier: