Een van die kritiese belangrike boublokke in die fondasie van enige verhouding is vertroue en waar vertroue ontbreek is geen verhouding so gesond was wat dit kan wees nie.
HEB 11:1 – DIE Geloof is dan n vaste vertroue…
Daar is n konnektasie tussen glo en vertrou.
Ek wil vanoggend meer fokus op die vertrou gedeelte.
Is daar n vaste vertroue in HOM, ongeag ons situasie?
Vertroue het baie te doen met jou geloofaardigheid in iemand se bevoegdheid – dat hulle kan en sal doen wat hulle sê.
In Engels gesê: where there is trust, there is a confidence in someones competence.
In my huwelik: Ek het oor die jare vir Lérie as vertrouenswaardig gevind en daarom het ek n positiewe verwagting in haar optrede en n wete dat ek op haar kan staatmaak.
PSALMS 37:5 AFR83 – “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”
(Commit, trust and He will do this. – NIV)
Die woorde “laat jou lewe aan die Here oor” is vir ons dalk sinoniem met “Ek glo in Hom, daarom…” of “ek vertrou in Hom, daarom laat ek my lewe aan Hom oor”. – n Oorgawe…
So “laat jou lewe aan die Here oor” is agv geloof en vertroue.
Maar dis vir my so diep dat die Psalmdigter spesifiek sê: “en vertrou op Hom”.
a.w jy kan jou lewe aan die Here oorlaat, maar nie noodwendig op Hom vertrou nie.
Die “Hy sal sorg” belofte gaan nie tot vervulling kom as albei aspekte van “laat my lewe aan die Here oor” EN EN EN “vertrou op Hom” nie teenwoordig is nie.
Abraham vertrou – die Vader van geloof (Gen 15:6)
AFR53 – “Abram het in die Here geglo en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken”.
Abram was voor die wet reeds deur Sy geloof as regverdig voor God bevind.
Die Hebreeuse woord hier gebruik vir “geglo” is emunah – wat ook “vertrou” beteken.
NLV – “Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken.”
Abram kies, daar was nog nie te veel van n geskiedenis wat Hy opgebou het nie.
Hy het teen Hfst 15 nog nie die vervulling van Sy belofte gesien nie.
Op 100 jarige ouderdom moes Abram kies om steeds in te gaan en intiem met sy vrou te verkeer.
n Bewys van Sy vertroue in wat God gesê het – aksie geneem.
Heb 11 sê vir ons dat hy die mes gelig het met die vaste vertroue dat God sy seun Isak uit die dood sal opwek. (want God het in die verlede gedoen wat Hy sê).
n Bewys van Sy vertroue – aksie geneem.
Voor die vervulling van Sy belofte het Abraham vertrou en die vervulling van Sy belofte het hom net nog meer sekerheid gegee om te vertrou, in die lig van sekerlik die moeilikste versoek wat enige ouer ooit sal kry.
“Abram het in die Here geglo en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken”
Israel vertrou nie
Israel het enorme geskiedenis gehad om op terug te val, maar hulle het nie vertrou nie.
Dit was nie n geval van dat hulle nie glo dat God bestaan nie. Hulle het nie vertrou dat Hy sal doen wat hy sê nie. En daarom was hulle straf so groot. Wat nog moes God doen?
Op die drumpel van die beloofde land het die hele volk moes omdraai, want hulle kies die negatiewe verslag van die 10 spioene bo die van Josua en Kaleb wat vir hulle probeer vertel het die Here namens hulle sal optree.
Num 14:11 sê die Here vir Moses “Hoe lank sal hierdie volk My almag bly onderskat? Hoe lank sal hulle weier om op My te vertrou, ten spyte van al die wonders wat Ek onder hulle gedoen het?”
Dis moontlik vir ons ook om te glo dat God gesê het, maar nie te vertrou dat Hy dit vir ons sal doen nie.
Wat het Hy al in die verlede vir my en jou gedoen, maar ons vertrou Hom nie vir ons hede nie.
Wat gee oorsaak tot hierdie kraak van vertroue in jou fondasie?
Teleurstellings in die verlede
Vriende, ons het ook gebeure in die verlede gehad waaroor ons gebid het en wat nie uitgewerk het soos ons geglo het dit sou nie.
En die dinge maak dat ons sukkel om weer te vertrou.
Maar as ek moet begin, sal ek ook vir julle lank kan besig hou met deurbrake wat ons beleef het na ons teleurstellings.
Dinge wat menslik gesproke nie verduidelik kan word nie.
As ons nie gekies het om Hom weer te vertrou nie sou ons uitgemis het op BAIE wonderwerke.
Deurbrake van voorsiening, beskerming, genesings, fluisterings om ons te lei.
Wat praat die hardste in jou lewe?
Die 10 spioene gebeurtenisse wat vergeet wat God in die verlede wel al gedoen het en wat sê die probleem voor hande is te groot. God kan nie.
Jak 1:5-8 CJB “Now if any of you lacks wisdom, let him ask God, who gives to all generously and without reproach; and it will be given to him. But let him ask in trust, doubting nothing; for the doubter is like a wave in the sea being tossed and driven by the wind. Indeed that person should not think that he will receive anything from the Lord, because he is double-minded, unstable in all his ways.”
Heb 11:6 CJB “And without trusting, it is impossible to be well pleasing to God, because whoever approaches him must trust that he does exist and that he becomes a Rewarder to those who seek him out.”
Of die Josua en Kaleb herinneringe van God in jou verlede en dat God SAL weer?
Heb 10:23 “Let us continue holding fast to the hope we acknowledge, without wavering; for the One who made the promise is trustworthy.”
Sê jou kop dalk vir jou dit is so, maar jou hart is nie heeltemal daar nie.
Philips Craig & Dean – Tell your heart to beat again – Verhaal van pastoor wat getuie was by n opehart operasie
In die lig van ons saamlees en studie van Frank Damazio se boek oor “Miracles” wil ek jou vra om biddend ondersoek in te stel oor hoekom jy sukkel om God te vertrou.
Ek waarborg jou daar lê erens in jou verlede gebeure wat jou teleurgestel het.
Ek kan vir jou sê en Heb 10:23 kan vir jou sê: Hy is betroubaar.
Ek dink nie jou kop is die probleem nie.
Dalk is dit tyd om vir jou hart te sê om weer asem te haal en weer te begin vertrou.
Ons gaan nie kan aanbeweeg en die bonatuurlike beleef, as ons Hom nie vertrou nie.
Gebed: Vader, ek kies nou om U weer te vertrou. Ek besef dat ek nie altyd die volle prentjie sien en verstaan nie en daarom het wantroue ingekruip. Ek is jammer. Ek dank U dat ek vanoggend die eerste tree kan gee om U weer te vertrou.