Opsomming van laasweek belangrike punte: – Wat was die hoofdoel van Jesus se koms?
Jesus Christus het aarde toe gekom om aan die kruis te sterf en mense van sondemag te verlos – dis ons aanneming tot kindskap.
Jesus Christus is die Een wat ons sou doop met die Heilige Gees en met vuur – vir ons roeping.
Die 2 boodskappe is die kern van die evangelie (profesieë uit OT).
Maar anders as in Handelinge, is die redding van die kruis en waterdoop waar meeste gelowiges stop, en die dunamis bekragtigende doping met die Heilige Gees bly n onbekende.
Ek het laasweek se boodskap afgesluit met n skrif en n vraag:
LUKAS 11:11-13 ‘“As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra.”’
As ons almal die volheid van Heilige Gees kry tydens wedergeboorte, hoekom moet ons die Vader vra vir die Heilige Gees?
DEEL 2 (begin):
Ek wil verduidelik in die vorm van 3 doop tipes waar Heilige Gees n rol speel:
Hand 2:38 – Bekeer –> Laat jou doop –> Jy sal die gawe van HG ontvang
3 doop tipes: HG doop ons in Jesus –> Dissipel doop ons in water –> Jesus doop ons met die HG
Dit kan op dieselfde dag gebeur – maar aparte gebeurtenisse.
1. Die Heilige Gees doop ons in Jesus
(ontvang ek die Heilige Gees met wedergeboorte?)
Om eerlik te wees, jy kan nie eers wedergebore raak sonder Heilige Gees nie
1 Kor 12:13 “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam (van Jesus)…”.
Heilige Gees Bring my na Jesus toe
Hand 2:37 – “toe hulle dit hoor, was hulle diep in hulle harte getref…”
Dit was Heb 4:12 “Die woord van God is lewend en kragtig en skerper as n tweesnydende swaard … en is n beoordeelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”
Efe 6:17 – die swaard van die GEES is die woord van God.
Ons harte word diep getref want dis Heilige Gees wat die swaard van die woord gebruik om ons harte te sny en ons te lei tot bekering.
Joh 16:8 – Heilige Gees oortuig die wereld van sonde, geregtigheid en oordeel.
Heilige Gees begin aktief raak in die lewe van n gelowige met wedergeboorte.
Agv wedergebore, gaan jy begin agterkom en leer hoe HG met jou werk – geestelik lewend gemaak
1.1 Gou terug by die skepping van Adam
Gen 2:7 – En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van lewe geblaas. So het dan die mens n lewende siel geword.
Vader blaas en die mens kry lewe + mens verloor iets met sondeval + jy sal sekerlik sterwe
1.2 Die opstanding: Jesus (die 2e Adam) verskyn aan die 11 dissipels
Joh 20:19-22 (die aand van opstandingsdag – deure is gesluit en dissipels is bymekaar).
Jesus in hulle midde en sê: “Vrede vir julle”. “Soos die Vader My gestuur het, stuur ek julle ook”.
Joh 20:22 – “Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: ‘Ontvang die Heilige Gees’.”
Wat is hierdie: “blaas” en “ontvang die Heilige Gees”?
Die voorhangsel van allerheiligste skeur toe Jesus sterf. 3 dae later blaas Hy…
In die tuin van Eden het die Vader geblaas en Adam het n lewende siel geword.
God die Seun kom blaas die keer en met die woorde: ontvang die Heilige Gees – die herstel wat verlore geraak het tydens die sondeval.
Die lewend maak vanuit ons sondige dooie kondisie – regenerasie – ons wedergeboorte.
Deur die Heilige Gees se invloed en dan gereed vir die Heilige Gees se invloed .
Van die dag af begin ons transformasie –
Ons word n nuwe mens.
Die Gal 5 vrugte van die Gees ontwikkel in ons lewe – HG werking produseer hierdie vrug.
Die Woord van God raak vir ons lewendig – ALLES AGV WEDERGEBOORTE + HG werking
Heilige Gees doop my in Jesus.
MAAR: Tog sê Jesus vir hierdie selfde dissipels in Luk 24:49 – bly in Jerusalem en wag vir die belofte van die Vader – tot julle toegerus is met krag uit die hoogte.
“Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: ‘Ontvang die Heilige Gees.”
Die belofte van die Vader omdat: Ou Testament Profesieë oor die Heilige Gees
Heilige Gees is geen vreemde onderwerp in die OT nie.
Maar dis nie die fokus van my boodskap vanoggend nie. Ek wil spesifiek net kyk na beloftes in OT oor die komende uitstorting van die HG
Joel 2:28-29 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.
Ese 36:27 En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
Jer 31:31-33 Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit. Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. (alles agv die komende, inwonende HG)
Jesus verwys na “wag op die belofte van die Vader” want Heilige Gees se koms op n ander manier as in OT was op die Vader se hart vir Sy kinders.
Die wat, wanneer en hoe?: Protestant, Pinkster en Charismaties (rakende doop met HG)
2020 Christenskap vs Handelinge era Christenskap: HG in die kern van die lewe van gelowige, die sleutel tot oorwinning oor sonde, siekte en die bose.
Katolieke: Iets wat oor tyd verander het. Daar is n algemene siening vandag onder Katolieke dat jy die doping van die Gees ontvang as jy as baba gedoop word en dan met “confirmation” n nuwe vars invulling (soortgelyk met dit wat ons Traditionele agtergrond ons gee in die kinderdoop en belydenis van geloof aflê).
Protestante en Hervormers: teologie sê dat ons die Heilige Gees doping ontvang tydens die regenerasie van ons gees, wanneer ons tot geloof in Jesus kom.
Pinkster: Azuza straat herlewing met die draai van die vorige eeu het die geboorte gesien van die pinkster en daarna die charismatiese beweging. Die uitkyk bestaan dat die doping met die Heilige Gees n bekragtigende gebeurtenis is vir n gelowige, en iets wat volg op wedergeboorte. Dus 2 aparte gebeurtenisse. Hulle glo dat die doping met die Heilige Gees n deurgang is na n groter mate van die operering van die gawes van die HG in n gelowige se lewe.
klein doop se impak – verminder die bonatuurlike gebeurtenis: Bv Cornelius en sy gesin
In die woorde van Jesus
Tradisionele Chistelike Teologie laat maklik by ons die gedagte dat ons nie in ons persoonlike dissipelskap reis Jesus kan naboots nie:
Hy is God (en ons nie) en daarom het Hy soveel wonders verrig.
As ons sou poog om in dieselfde krag as Hy te bedien, is dit godslasterlik want ons poog om God te wees.
Ons moet bly by redding, heiligmaking, prediking van die woord, gebed en volharding in swaarkry.
Wat sê Jesus:
Luk 6:40 n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.
Joh 17:18 – Soos die Vader my gestuur het, so stuur ek julle
Joh 13:15 Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.
Gaan en doen soos Ek gedoen het.
Die uitstuur van Jesus se dissipels:
Mat 10, Mark 3 en Luk 6 – Die dissipels ontvang die opdrag om die koninkryk van God te verkondig, bose geeste uit te dryf en elke vorm van siekte te genees.
Die doping met die Heilige Gees was die bekragtigende gebeurtenis om hulle te help om hierdie opdrag suksesvol uit te voer.
Tot die trompette gaan blaas en Jesus die era van die oes gaan eindig met Sy koms, is hierdie selfde mandaat op elke gelowige.
Maar gelowiges “settle for less” – en kry nie oorwinning oor sonde nie want daar is geen vuur / krag van die Gees in hulle lewe nie.
Gedeeltelik agv dogma.
Gedeeltelik agv die feit dat ulle versadig is met die wêreld en nie honger en dors vir meer van God se teenwoordigheid en krag in hulle lewe nie.
Die doel van die reeks
En die doel van hierdie reeks is om dogmaties dinge reg te stel sodat die waarheid vry kan maak.
Dat die doel van die kruis vergifnis inhou en herstel van verhouding… MAAR OOK
Die Heilige Gees bekragtiging as doel.
Om ons te laat begeer en vra vir meer.
Sodat ons kan oorwin oor duisternis deur n evangelie van krag uit te leef.
Ek sluit af
LUKAS 11:11-13 ‘“Julle vaders – as julle kinders vir ’n vis vra, gee julle dan vir hulle ’n slang? Of as hulle ’n eier vra, gee julle dan vir hulle ’n skerpioen? Natuurlik nie! As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra.” ‘
As ons almal die Heilige Gees kry tydens wedergeboorte, hoekom moet ons die Vader vra vir die Heilige Gees?