2 Tim 2:21 – die kern skrifgedeelte vir die volgende 2 Sondae.
2 Tim 2:21 (NLV) – As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy n kosbare item wees, n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak.
2 Tim 2:21 (TPT) – “you are to be a pure container of Christ and dedicated to the honorable purposes of your Master”
Vrydag oggend 27 Mar 2020 was 1e dag van n beplande 21 dae lockdown weens Covid19
“As jy jouself skoon hou van die verkeerde”…
Daarom skryf n geestelike pa vir sy geestelike seun en sê: Timoteus, hou jouself skoon van die verkeerde.
Die huis word skoongemaak, veral die gastekamer –> gewas, ruik lekker, skoon beddegoed, geskenkie op die bed, welkom hier by ons.
Die Gees van die Vader, die Gees van die Seun –> Heilige, Heilige Gees is die kuiergas in Tempel van n gelowige.
Dink julle nie dat Heilige Gees dieselfde verdien (inteendeel meer) en dat ek met n uiterse mate van belangrikheid die dieptes van my hart, siel, gedagtes tempel moet skoonhou vir die Heilige Gees wat daar kom bly nie? –> Welkom Heilige Gees.
1 Cor 6:9-11 – TPT, Gal 5:19-21 – TPT, Efe 4:31, Ope 21:8
*** Persoonlike reinheid: n oopheid / bereidwilligheid vir Heilige Gees om vinger te wys en ek wat met baie erns aandag gee aan dit waarop Hy Sy vinger plaas. ***
ONTHOU:
n Aktiewe strewe na reinheid, help my op Hom beter te sien. Besoedeling van 1 Kor 6:9-11 en Gal 5:19-21, verblind my.
Hoekom persoonlike reinheid? – Mat 5:8 – Geseend is die wat rein van hart is want hulle sal God sien.
OEFENING: (sonbrille oefening) – in swak verligte ouditorium – sien nie die volheid nie.
Friedel, hoe kan die genot in God my help om die oomblik se stryd te oorkom???
Kom ek verduidelik:
NB!!: Wilskrag is baie belangrik in ons stryd teen onreinheid, maar wilskrag alleen sal NOOIT die monster van sonde en die genot daarvan oorkom nie.
Kol 2:20-23 (NLV) Wat NIE gaan werk nie – Aangesien julle, deur saam met Christus te sterf, die bose wêreldse magte afgesterf het, waarom leef julle nog volgens wêreldse voorskrifte soos: “moenie vat nie”, “moenie dit eet nie” en “moenie aanraak nie”? Dit is alles dinge wat verbruik word en vergaan – soos dit gaan met mensgemaakte voorskrifte en leringe. Met hulle selfuitgedinkte godsdienstige toewyding, selfvernedering en streng liggaamlike dissipline het hierdie voorskrifte nogal die reputasie dat hulle wysheid bevat. Inderwaarheid is hulle nutteloos vir die beheer van die sondige geaardheid.
Kol 3:2 ‘Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. ‘
Psalms 16:11 ‘You will show me the path of life; In Your presence is fullness of joy; At Your right hand are pleasures forevermore.’
DIE PUNT: Die geheim van persoonlike reinheid lê nie daarin om genoeg wilskrag te hê om nee te sê vir al die moenies van 1 Kor 6, Gal 5, Efe 4 en Ope 21 nie.
My beste tyd vir Hom gee… (Psa 27:4 to behold the beauty of the Lord) – sonbrille verhinder “Behold”
Witbroodjie… As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy n kosbare item wees, n spesiale besitting van die Huiseienaar
1 Cor 6:9-11
Moenie julleself mislei nie. Mense wat ’n onsedelike lewe lei, afgodsdienaars, egbrekers, manlike prostitute en die mans wat met hulle omgaan, 10diewe, gierigaards, drinkers, kwaadpraters, swendelaars – nie een van hierdie mense sal deel kry aan die koninkryk van God nie.
Gal 5:19-21
Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waarskuwing oor hierdie dinge: Wie sulke dinge doen, sal nie as erfgenaam deel hê aan God se koningsheerskappy nie.
Efe 4:31
Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. 32Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.
Ope 21:8
“Maar vir die oneerlikes, onbetroubares, korruptes, moordenaars, persone wat seksuele sondes doen, towenaars, afgodsdienaars en al die leuenaars wag die poel wat met vuur en swael brand. Dit is die tweede dood.”
Psa 27:4
Here’s the one thing I crave from God, the one thing I seek above all else: I want the privilege of living with him every moment in his house, finding the sweet loveliness of his face, filled with awe, delighting in his glory and grace. I want to live my life so close to him that he takes pleasure in my every prayer.
Ons sal graag wil hoor wat die impak was wat Vibrant Hearts op jou lewe gehad het. Deel dit met ons hier: