Joh 1:1-5 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. 4 In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 5 Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.
“Congregational Care” WhatsApp groep (die laaste 3-4 weke ):
Persoonlike operasies.
My ouers se operasie. My man se operasie.
3 familie lede sterf in n motorongeluk
Die 1 jaar herdenking van my broer se dood.
Kanker en chemo in n 3 jarige dogtertjie se lewe.
My kar word gesteel.
Ongeluk met my kar.
Hoeveel van julle se storie / uitdagings tans het nie die kerk se whatsapp groepie gemaak nie?
Verhoudings uitdagings
Werksuitdagings
Gesondheidsuitdagings
Finansiele uitdagings
Daar is altyd uitdagings!!!
Situasies wat die vermoë het om die lewe uit ons te druk, en dit dikwels regkry.
Ek wonder hoeveel mense sit hier vanoggend en ervaar nie “lewe” nie.
Jy het nie “gebackslide” nie. Jy het nie opgehou om die geloofspad te loop nie.
Jy het nie jou rug gedraai op die Here en jou geloof opgegee nie.
Jy is nog hier, maar jou binneste voel dood.
Jy voel ver van die Here af.
Jou geloof is bietjie laag.
Jy is geestelik moeg.
Joh 1:4 “In hom was lewe en die lewe was die lig vir die mense” – Praat van lig en lewe.
Maar lig en lewe is die laaste ding wat jy nou beleef.
Ek wonder sommer vanoggend: Hoeveel van ons hier is in ons binneste op n goeie plek? En wie van ons hier is nie op so n goeie plek nie?
As gelowiges is die “HOEKOM?” of “HERE, EK VERSTAAN NIE” vraag gewoonlik nie baie ver verwyderd van die stryd nie.
Ek verstaan die vraag HOEKOM? (ek het nie die antwoord op die vraag nie, maar ek verstaan die vraag).
Net so oor n week terug was Kyla se 12 jaar doodsdag herdenking.
vir n paar jaar uitgerek, die donkerste tyd van ons lewe.
Ons het nie lewe ervaar nie. Ons het nie lig ervaar nie.
Net baie harseer, gebrokenheid en een BAIE groot HOEKOM? (by my altans)
Friedel, Lerie en Charne het donkerte en dood ervaar. Wat ons nodig gehad het was nie om weer tot bekering te kom nie, maar n herlewing te ervaar.
Net so vanoggend glo ek hier is mense hier en jy dink dalk jy het “gebackslide” en jy het nie weer n bekering nodig nie maar n herlewing.
Herlewing (revival) per definisie: “To return to life”
“In hom was lewe en die lewe was die lig vir die mense”
Koning Hiskia en die volk se terugkeer na lewe
2 Chron 29: 1, 3, 4, 16
Hiskia was 25 jaar oud toe hy koning geword het.
Dinge was baie donker in Juda toe hy oorgeneem het.
Hy het in n baie slegte ouerhuis grootgeword.
Hiskia was 9 jaar oud toe sy pa Agas koning van Juda geword het.
Agas sluit die tempel deure
In 2 Chro 28: Agas was Koning van Juda vir 16 jaar.
Agas het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.
He made idols and worshipped Baal.
He sacrificed his children in fire in the Hinnom valley. (van Hiskia se boeties / sussies)
Hy het afskuwelike dinge van die ander nasies beoefen.
In one day 120,000 soldiers of Judah was killed.
Agas se grootste fout – 2 Chron 28:24 – Agas het die deure van die tempel toegesluit en vir hom op elke hoek in Jerusalem altare gebou.
Die breek van intieme fellowship met die Here is baie gevaarlik – dinge kan baie vinnig sleg agteruitgaan in ons geloofslewe.
In every town in Judah he built high places to burn sacrifices to other gods. (16 jaar lank)
Terug by Hiskia – 2 Kron 29, 30 en 31 – die pad na herlewing
STAP1 na herlewing
2 Kron 29:3 – hy het in die eerste jaar van sy regereing, in die eerste maand, die deure van die huis van die Here oopgemaak en dit herstel.
2 Kron 29:5 – Hiskia aan die priesters en leviete: Luister na my Leviete! Reinig julle en reinig die huis van die Here, die God van julle Voorvaders. Vat die vuilgoed uit die heiligdom uit.
ERV – Make yourselves ready for Holy service
Make the Temple ready for Holy service
Remove from the temple that does not belong IN there.
Moeilike tye skep ruimte vir ongewensde gedagtes.
LEUENS
Is die Here goed?
Die kerk is vol skeinheilige mense.
Kan ek op God se beloftes staatmaak?
Ander is dalk vir die Here belangrik, maar nie ek nie.
Wat kan die glo van leuens veroorsaak? – die tempel deure kan toeslaan.
Ek kom nie meer LCF toe nie.
Ek kom nie meer kerk toe nie, enige kerk.
My hartsdeure slaan toe en my verhouding met God gaan agteruit.
Leuens veroorsaak “onreinheid in die heiligdom”. (stof, spinnerakke, gemors kom lê op ons hart)
Watter leuen glo jy vanoggend? Watter onreinheid is in jou heiligdom?
2 Chron 29:16 – the priets went into the inside part of the Lords Temple to clean it. They took out all the unclean things they found there.
8 dae tydperk: die verydering van “gemors” uit die heiligdom (STAP 1)
Vat tyd: Identifiseer die onreinheid in jou heiligdom (Gebed en vra die saam gemeente)
STAP 2 na herlewing
2 Chron 29:21 – 24 (lees)
bulle, skaapramme, lammers, bokramme – bloed
Sondeoffers
Wat maak jy met die onreinheid wat jy ontek in jou heiligdom?
Die kruis, die bloed, vergifnis
Here ek is jammer dat ek die leuen leef, die leuen glo.
Die pad terug na lewe: “In Hom was lewe en die lewe was die lig vir die mense”
Identifiseer die onreinheid – verwyder die onhreinheid –> deur erkentenis en belydenis.
Stap 3 na herlewing
2 Kron 29:25 – 28 (lees)
Die instrumente is ingebring, lofsange het weerklink.
Daar was lofprysing. Daar was aanbidding.
Hulle was op hulle kniee voor die Here, hulle aangesig teen die grond.
VRAAG: Wanneer laas was jy op jou kniee voor die Here, jou aangsig teen die grond – in lofprysing en aanbidding?
Vers 30 – They praised God and became happy
Vers 36 – Hezekiah and the people were very happy
2 Chron 30:21 – The people of Israel celebrated the festival of unleavened bread with great joy and the levites and priests praised the Lord every day with all their strength.
The joy of the Lord is our strength!!!
Die terugkeer van die vreugde van die Here lig ons uit ons omstandighede uit.
Stap 4 na herlewing
2 Kron 30:1 – Paasfees is weer gevier.
Die hele hoofstuk 30 handel oor die herinstelling van die Paasfees.
Na die fees het die mense huis toe gegaan en alle simbole van afgodery in Juda verwyder.
Herlewing het reeds gekom.
Om die priesters te bemagtig om op die wet te fokus en die volk te leer, moes die volk vir hulle sorg.
2 Kron 30:4 – die volk bring offers om te sorg vir die priesters en leviete.
So baie dat dit te veel was en stoorkamers gebou moes word.
Die feeste is weer gevier – die offers het aanhoudend bly invloei.
Wat is die punt?? –> Bly wandel in God se beginsels.
Moenie ophou om die woord te “doen” nie.
Die bly in sy wee, laat ons wandel op die weg van lewe.
Ek eindig met die laaste vers van hoofstuk 31: In alles wat hy onderneem het ter bevordering van die tempeldiens en die gehoorsaamheid aan die wet en gebod, het hy met sy hele hart gevra na die wil van sy God, en daarom was hy voorspoedig.