

[vc_section][vc_row][vc_column width=”1/6″][/vc_column][vc_column width=”2/3″][vc_column_text]
Hoekom ag slaan op die woorde van Jesus?
Om gehoor te gee aan Jesus se woorde is dalk nie maklik nie, maar dis nie onmoontlik nie.
ALLEENLIK omdat niks vir God onmoontlik is nie (Mar 10:27). God in my, God deur my
(die woorde van Johannes oor Jesus)
Joh 1:14-17 (1983) 14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. 15Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.” 16Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 17God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
Die wet was iets ekstern wat aan Moses gegee is. Moses is nie die wet nie en die wet is nie Moses nie.
Maar toe Jesus kom, toe kom genade en waarheid aarde toe. Jesus is genade en waarheid.
Jesus Christus is vir die gelowige in persoon n kombinasie van genade en waarheid. Nie net genade of net waarheid nie.
En wanneer ons “JESUS gaan LEEF” – dit vir ons belangrik is om te sien hoe albei afgespeel het in Sy lewe.
LCF Band: “Amazing grace, how sweet the sound that saved a wretch like me. I once was lost, but now I’m found. Was blind, but now I see” – the hour I turned to God and was accepted – precious
Genade (in hierdie lewe / nou / vandag): Om van God af te ontang, wat ek nie verdien nie.
(aanneem tot kindskap, vergifnis, Sy teenwoordigheid, liefde, goedhartigheid, ewige lewe)
Om met genade te lewe beteken dat ons eerste met n daaglikse diep besef het dat ons self nie verdien wat ons het nie. (ek praat nie hier van n gevoel van onwaardigheid nie – dis iets anders)
Ons is nooit dankbaar vir dit wat ons dink ons verdien nie. Ons is altyd diep dankbaar vir die dinge wat ons weet ons NIE verdien nie.
Wanneer ons oor die onderwerp van genade praat is sommige versigtig dat ons nou vir mense n oop deur gee om sonde te kan doen. (maar dis nie die korrekte benadering nie)
Dit help my om te onthou dat die prys wat vir ons genade gebring het was n BAIE, BAIE , BAIE duur prys.
n te duur prys vir my om n lou lewe te lei.
Wat is waarheid en wat is nie? Nie n eenvoudige vraag om vir die wêreld te antwoord nie.
Vir baie is waarheid relatief. Jy het jou waarheid, ek het my waarheid. Wat waar vir jou is, is nie waar vir my nie. – (verdraai die woord om by jou leefstyl aan te pas)
Is dit waarheid vir die gelowige?
Ons kan nie die waarheid verander nie. Die waarheid moet ons verander. (herhaal)
Dis gevaarlik wanneer ons poog om die waarheid te verander om aan te pas by ons leefstyl. Ons kan tydelik daarmee wegkom, maar kan dalk verassings kry wanneer ons God van aangesig to aangesig ontmoet.
Die einste waarheid wat ons probeer buig, gaan die einste waarheid wees wat ons gaan oordeel.
Die Waarheid sê: daar is n hel en ek verdien dit.
Genade sê: Jesus kry wat ek verdien, sodat ek nie hoef te ontvang wat ek verdien nie (die 2 loop nie apart)
Joh 1:17 – “… genade EN waarheid het deur Jesus Christus gekom”.
** Meeste van ons neig of na die een, of na die ander (eks n genade persoon / eks n waarheid persoon – jy is te radikaal, of jy is nie radikaal genoeg nie), maar ek glo julle sal met my saamstem dat om JESUS te LEEF ons net soos Hy genade en waarheid nodig het.
Luk 18:9-14 (LEES) – rooi letter woorde van Jesus
As dit kom by sonde, kan ons mense in 2 groepe kategoriseer:
Dis vir my opvallend dat Jesus die 2 groepe anders benader het.
Jesus se rooi letter woorde teenoor skrifgeleerdes en fariseers:
Joh 8:1-11 – vrou betrap in owerspel
Die “slegs-waarheid” groepie daag op met klippe in hulle hand – die vrou is op hete daad betrap, sie wet sê sy moet sterf.
As die “slegs-genade” groepie daar was, sou hulle dalk hul hand op haar skouer geplaas het met die woorde “dis OK liefie, moenie worrie oor die buite egtelike verhouding nie. Die Here verstaan jou situasie en ons verstaan ook.”
“Het iemand jou veroordeel nie…?”
Genade: Ek veroordeel jou ook nie…
Waarheid: … Gaan heen en sondig nie meer nie
Hier is die punt vir my en jou: Kom ja Jesus toe vir genade, maar bekeer jou (draai weg) van n leefstyl van sonde.
Opsomming vir ons teenoor ander (LEEF JESUS):
Die wêreld daar buite ken hoofsaaklik 2 tipes Christene:
Wat ons gemeenskap nodig het is n derde tipe Christen:
[/vc_column_text][/vc_column][vc_column width=”1/6″][/vc_column][/vc_row][/vc_section][vc_row][vc_column][vc_column_text]
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]
[vc_row][vc_column][vc_column_text]
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]Ons sal graag wil hoor wat die impak was wat Vibrant Hearts op jou lewe gehad het. Deel dit met ons hier:[/vc_column_text]
[vc_row][vc_column][vc_column_text]

[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column]