Abide in Me / Bly in My
Ek begin vanoggend se boodskap met aanhalings uit Sakkie se openingsbrief in ons 2020 tydskrif:
Wat sien jy?
Visie is die manier of wyse hoe jy sien, en dit wat jy raaksien. Dit het te doen met die wyse waarop jy kyk en die voorwerp wat jy sien. Dit het verder te doen met hoe goed jy dit kan sien. Met ander woorde jou visie kan baie skerp wees, of belemmerd wees. Die omstandighede waaruit jy kyk het natuurlik ‘n groot invloed op hoe jy sien.
Visie gaan nie net oor dit wat jy in die natuurlike sien nie, maar ook wat jy in die gees sien. Die vraag is dus Hoe sien jy? Wat sien jy? In Israel het ‘n Joodse vriend ons geleer dat ons moet leer om te luister sodat ons kan sien. Ons kyk deur te hoor met ons gehoor. Dit beteken dus dat ons sien op God se 20/20 wyse as ons kan leer om te luister en na-speur wat Hy aan ons wil kommunikeer.
Geestelike 2020 visie is wat dit vir ons moontlik maak om die lewe met al sy geleenthede en uitdagings ten volle te sien en te beleef. Sonder geestelike 2020 visie sien ons net die realiteit, maar met geestelike 2020 visie sien ons dieper as die oppervlak en kyk ons na ons lewens en omstandighede op ‘n Goddelike, Koninkryks wyse.
Friedel, hoe kan ek my geestelike 20/20 visie verbeter. Hoe kan ek dieper as die oppervlak kyk? Hoe kan ek na my en my gesin se omstandighede op n Goddelike, koninkrykswyse kyk?
Lees Johannes 15:1-8 (NKJV)
Afrikaans – Bly in my (85/83) / om aan My verbonde te bly (NLV)
Betekenis van “Abide” – Engels – in die konteks van Joh 15
- Om te bly (to dwell)
- Om aan te hou / te volhard
- Om geduldig te wag vir iets
Grieks – Meno (5 verskillende woorde wat die betekenis van meno uitlig)
- epimeno – n volharding in waarmee jy besig is.
- katameno – permanente woonplek / gereelde plek van besoek
- parameno – om langs iemand te bly, – om naby iemand te bly, om te oorleef, om lewendig te bly
- hupomeno – om te bly in n plek en dit nie te verlaat nie / om agter te bly / (to dwell)
- prosmeno – aanhoudende lojaliteit aan iemand, om saam iemand te gaan.
Lees weer Joh 15:1-8 (AFR53)
- 3 dinge abide: Jy in My, Ek in jou, My woorde in jou.
As Jesus vir ons sê: “Abide in Me” / Bly in My, sê hy vir ons:
- Maak My teenwoordigheid jou permamente woonplek. Kom lê gereeld besoek af by My
- Volhard in jou soeke na My. Kom kuier gereeld by My.
- Om te oorleef, om lewendig te bly gaan dit nodig wees dat jy langs My / naby My bly.
- Jou lojaliteit aan My word bewys deur jou aanhoudende soeke na My teenwoordigheid in jou lewe.
- Kom stap saam met My.
As Jesus vir ons sê: “as I abide in you” / soos Ek in jou, sê Hy vir ons:
- Ek sal by jou kom bly. Ek sal gereeld by jou kom kuier.
- Dit gaan jou help om te volhard in jou soeke na My.
- Ek sal my lojaliteit aan jou bewys deur jou my woonplek te maak.
- Ek sal by jou kom bly en jy sal geestelik lewendig bly.
- Ek sal saam met jou stap, deur dik en dun.
As Jesus vir ons sê: “and My words abide in you” / en My woorde in julle, sê Hy:
- My woorde sal hul permanente woonplek in jou vind. My woorde sal gereeld by jou kom kuier.
- My woorde sal jou versterk om te kan volhard.
- My lewende woord sal vir jou lewe gee.
- Hy sê – Friedel jy het nodig dat My woorde permanent in jou hart en gedagtes kom woon.
Jesus waarborg ons:
In vers 4: Jesus maak dit duidelik: As ek nie met Hom verbind is nie, as ek nie in Hom bly nie, as Sy teenwoordigheid nie my gereelde kuierplek is nie, is ek gewaarborg om geen vrug te dra nie.
VOORBEELD VAN TAKKIE:
- Afgesny van Sy bron van voeding.
- Dink julle as ons almal saamwerk, kan ons maak dat hierdie takie vrug dra?
- Miskien as ons n vrug hieraan vas tape ja?
- Maar hierdie is nie blywende vrug nie.
In vers 5: Maak Jesus dit duidelik: As ek met Hom verbind is, as ek in Hom bly, as Sy teenwoordigheid my gereelde kuierplek is, is ek gewaarborg om vrug te dra.
En Hy bevestig weer: Sonder Hom kan ons geen vorm van vrug in ons lewe dra nie.
Kom ons gaan na Psalm 91
Psa 91:1 (NKJV) “He who dwells in the secret place of the most High shall abide under the shadow of the Almighty.”
- (NLV) Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skadu van die Almagtige.
Hoe belangrik is vers 1 in hierdie Psalm?
Ek wonder of die res van psalm 91 nie eintlik kondisioneel is vir diegene wat vers 1 hulle realiteit maak.
- Is vers 3-16 se beloftes dalk vir die mens wat die geheime plek van die Allerhoogste sy woonplek maak nie?
Die psalm digter praat in Vers 1 van die Skuilplek van die Allerhoogste – Die Geheime Plek in Engels.
- VRAAG – Wie se plek is die geheime plek? – Antw: The most High / Die Allerhoogste se plek.
- VRAAG – Wat is die geheime plek? Antw: Dit is die geestelike realm waarin God bly en beweeg.
- En volgens die psalm digter kan hierdie realm die woonplek van die mens raak.
- Ek en jy kan bly en beweeg in die geheime plek waar God bly en beweeg.
Dalk is hier nuwe verbond mense wat vir my wil sê: Friedel, Nuwe Testament. Wys dit vir my in die NT.
(dankie dat julle vra, ek dog julle vra nooit nie). 🙂
Wanneer julle bid…
(die woorde van Jesus… As die psalm digter so sê, dra dit gewig. As Jesus so sê, moet ek beslis aandag gee)
Mat 6:5-6 (NKJV) – lees 2 verse
- Wat jy doen, moenie dit doen om deur mense gesien te word nie.
- Wanneer jy bid, gaan na jou kamer toe en maak die deur toe.
- Wie van julle weet dat Jesus hier bedoel jy is alleen in jou kamer??
- maw – gaan erens waar jy alleen is en gaan bid.
- Erens waar jou intimiteit met Jesus nie sigbaar vir ander gaan wees nie.
- Huwelik – intimiteit voor kinders en intimiteit agter geslote deur.
- Maak die deur toe. En bid – onthou, ons onderwerp is “Abide”
- Tot jou Vader wat in die geheime plek is. Vers 6 volgens die NKJV.
- Jesus, soos die psalm digter kom en sê vir ons dat Vader se domain / woonplek, n geheime plek is.
- VRAAG – Waaruit bestaan die geheime plek? Antw: uit geheimenisse.
- En volgens Jer 33:3 is die geheime plek n plek waar geheimenisse bekend gemaak word:
- “Call out to me (bid), and I will answer you – I will tell you great things, hidden things of which you are unaware.”
- Hy wil dinge rakende Homself en dinge rakende onsself met ons deel.
- Ek en jy het n Vader wat in n geheime plek bly en wat geheimenisse met my en jou wil deel.
- Ek glo dit is deel van die beloning wat Mat 6:6 van praat vir die wat in die geheim bid tot Vader wat in die geheime plek is:
- v6b “your Father who sees in secret will reward you openly”
- Hy beloon ons besoek aand die geheime plek deurdat Hy geheime dinge met ons deel.
- Hy beloon ons met Sy teenwoordigheid (trane vloei soms in die geheime plek).
- Hy beloon ons met n innerlike vrede wat alle verstand te bowe gaan.
- Hy beloon ons met n vreugde en blydskap ten spyte van ons omstandighede.
- Hy beloon ons soms met wonderwerke.
- Want Hy is n beloner van die wie Hom doelgerig soek, sê Sy woord.
Hy beloon ons met Homself – die ultimate
Die geheime plek is n plek waar jy leer van God se teenwoordigheid.
- Deel 2 van Psa 91:1 sê – Shall abide under the shadow of the Almighty.
- As ek en jy in daardie skaduwee sit, is Hy baie baie naby.
- Dis n plek waar jy jou hart met Hom deel en Hy syne met jou.
- Dis n plek waar ek en jy verander om te word wie Hy wil hê ons moet wees.
- Dis n plek waar ons perspektief kry. n Plek waar ons geestelike 20/20 visie verbeter.
- Die geheimenisse wat Hy met ons deel, help ons om dieper as die oppervlak te sien.
Hoe gereeld gaan besoek jy daardie plek? Daar is geen plaasvervanger vir alleen tyd met God nie.
Aäron se staf – ek sluit af
In Numeri 17 maak God n stelling dat hy die stam van Levi en Aaron uitgekies het as priesters.
n Staf wat afgesny is van sy bron, maar neergelê was in die tabernakel, in God se teenwoordigheid.
- Staf van Aaron wat bot, bring bloeisels en vrugte voort.
- Hoeveel te meer sal dit nie met my en jou gebeur nie…