Skaamte

Wat is die hoofpunte wat vir jou uitgestaan het in die week se sessie? Waarvan het Heilige Gees jou bewus gemaak? Spandeer tyd in gebed met Hom en mag jy ervaar hoe Heilige Gees jou lei na waters waar genesing is.

Skaamte verskil van skuld

Skuld se boodskap is: “Ek het iets gedoen wat sleg en verkeeds is”. Skaamte se boodskap is: “Ek is sleg”. Skaamte het n identiteit skuif en verhoudings konneksie nodig. Sonde kom plaas skuld op ons, maar skaamte lê ons lam selfs nadat vergifnis gesoek en gegee is.

Skaamte as gevolg van iemand anders se sonde teen ons

Skaamte word algemeen gevind in iemand wat een of ander vorm van mishandeling deurgegaan het. Dikwels ervaar die persoon wat seksueel mishandel is meer skaamte as die persoon wat hulle dit aangedoen het.

Skaamte as gevolg van ons eie sonde van die verlede

Word jy lam gelê deur skaamte oor jou eie verkeerd van die verlede? Soos Oos van Wes verwyderd is en nooit ontmoet nie, dis hoe Jesus jou sonde van jou verwyder, sou jy berou hê en na Hom toe draai. Geen verkeerd is sterker as die vergewende krag van die bloed van Jesus nie. Jy kan dalk nog die voorvalle onthou en ander mense kan die voorvalle onthou, maar die Een wie se onthou die heel belangrikste is sê: Ek sal jou sonde uitwis en dit nie meer onthou nie.

Skaamte laat jou onwaardig en onseker voel

Skaamte is n ander term vir ongeloof in God se liefde vir jou deur Jesus Christus. Dit is een ding om te glo dat jou sonde verwyder is van jou; dit is n ander ding om te glo dat God se liefde vir jou nooit sal verander nie. Skaamte is n versperring wat keer dat God se liefde deurdring tot jou; selfs ook dat ander mense jou liefhet. Skaamte klink so: “Dit is waar vir ander, maar dit is nie waar vir my nie”.

Poging om van skaamte ontslae te raak deur vinger te wys na ander

Die ma wat skaam is oor haar eie liggaam se kondisie kan maklik haar eie dogter kritiseer oor haar eetgewoontes en kleredrag. Dit hou skaamte lewendig in die generasie en die dogter kan maklik met dieselfde skaamte deur die lewe gaan. Pa kom by die huis na n moeilike dag by die werk waar n baas elke dag tekere gaan en skaamte wakker maak en dan doen pa dieselfde aan sy eie vrou en kinders.

Sukkel om gesonde verhoudings te hê

As ek nie glo dat ek liefgehê kan word nie, gaan ek sukkel om n gesonde verhouding met enige persoon te hê. Ek sal myself distansieër van ander om te keer dat ander die “ware ek” leer ken. In die kern van my wese glo ek dat as jy my regtig gaan leer ken, jy nie meer in n verhouding met my sal wil wees nie.

Jesus maak die weg oop vir herstelde verhoudings met ander mense en met God.

Deel van Jesus se missie op aarde was om gevangenes vry te laat van die tronk waarin hulle sit. Skaamte is n tronk. Oor en oor raak Jesus die uitgeworpenes van die gemeenskap aan. Hy genees hulle en verwelkom hulle terug in God se familie.

GEDAGTE: Is skaamte diep gewortel in jou? Die die slegte vrugte sal verdwyn as die wortel uitgetrek word. Die bloed van Jesus het mag oor die las van skaamte. Die bloed van Jesus het mag oor die verkeerd van jou hede en verlede. Solank jy bly vashou aan die verkeerd, beoefen jy jou mag uit. As jy oorgee aan Jesus, gee jy Sy bloed die kans om te oorwin.

Gen 3:10 En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”

Soos Adam en Eva veroorsaak ons skaamte dat ons by die verkeerde plekke gaan wegkruip.

Ons kruip weg in ons huise of weg van ons huise af. Ons kruip weg in ons kamers of by die kantoor. Ons kruip weg agter ons tuiswerk, tuinwerk, garagewerk. Ons kruip weg agter ons rekenaars en selfone, agter koerante en tydskrifte. Ons kruip weg agter oorfone, sosiale media, XBOX,  DSTV en Netflix. Ons kruip weg agter ons personlike mode trends, opvoeding en loopbaan. Ons kruip weg agter leuens of grappies. Ons kruip weg agter ‘ek is ‘n introvert’ of ‘ek is ‘n ekstrovert’.

Ons elkeen het ons eie vyeblare waaragter ons wegkruip om ons naaktheid weg te steek. Ons eie trots is die aandrywing om ons skaamte weg te steek, ongeag die koste.

Ons instink om weg te kruip is egter nie heeltemal verkeerd nie. Ons moet net op die regte plek wegkruip. Daar is slegs een plek waar al ons skaamte bedek word en ons nie verder hoef te vrees nie: Die skuilplek wat Jesus Christus vir ons bied.

Daar is geen ander plek waar versoening kan plaasvind vir ons sonde van die hede of verlede nie. By Jesus alleen kan volkome reiniging plaasvind.

In plaas van om weg te hardloop van die Here af, moet ons na Hom toe hardloop en by Hom gaan wegkruip. Net soos die Here in die tuin n diertjie doodgemaak het om die dier se vel te gebruik as klere vir Adam en Eva om hul naaktheid en skaamte te bedek, is die Lam van God geslag om vir eens en vir altyd te bedaal vir sonde sodat ons nie met die las van skaamte hoef te loop nie.

GEBED:  Hemelse Vader, vergewe my dat ek van U af weggehardloop het en agter my valse wegkruip plekke gaan skuil het om my skaamte te bedek. Ek besef dit vandag en kies om nie verder daar te skuil nie, maar by U te kom skuil. Dankie vir deurbrake in my stryd met skaamte, vir die bloed van Jesus wat my kom reinig. Ek vat dit. Dit is vir my vandag en ek prys U Naam daarvoor. Amen.

WordPress Video Lightbox