Selfvergifnis en veroordeling

Wat is die hoofpunte wat vir jou uitgestaan het in die week se sessie? Waarvan het Heilige Gees jou bewus gemaak? Spandeer tyd in gebed met Hom en mag jy ervaar hoe Heilige Gees jou lei na waters waar genesing is.

Rom 8:1 – Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Jys sal dalk vir my sê: Hierdie is nie n spesifieke skrif oor selfvergifnis nie.

Met die luister van die sessie mag jy dalk gewonder het hieroor… Dat jy nog nooit iets spesifiek in die Bybel gelees het oor selfvergifnis nie. Oor God wat jou moet vergewe, Ja. Oor jy wat ander moet vergewe, Ja. Maar niks oor selfvergifnis nie.

Jy is reg, die Bybel praat nie spesifiek oor selfvergifnis nie. Die Bybel lig die belangrikheid uit van 2 partye wat mekaar moet vergewe en ons wat vergifnis vanaf God nodig het. Hierdie vlakke van vergifnis het te doen met ons redding en ons pad van dissipelskap en groei.

Om redding te ontvang het ons God se vergifnis nodig. Nie ek wat myself moet vergewe nie. Ek kan myself vergewe tot ek blou is in die gesig, dit gaan nie my ewige redding bewerkstellig nie. Selfvergifnis het niks te doen met my redding nie.

Selfvergifnis het wel baie te doen met die mate van oorvloed en oorwinning wat ek beleef in my geestelike wandel met die Here. As jy al ooit in jou lewe iets verkeerd gedoen het wat jou en jou geliefdes in n baie moeilike situasie geplaas het, of erger, dalk iemand se lewe gekos het, sal jy presies weet wat ek bedoel.

In jou binneste is daar n stryd… Die stryd om jouself nie meer te verkwalik vir hierdie negatiewe gebeure nie. Vir solank as wat jy gebukkend gaan onder die selfverwyte, is daar nie oorvloed en oorwinning nie in jou verhouding met die Here nie.

Rom 8:1 verwys dalk nie direk na selfvergifnis nie, maar dit verwys na die beginsel dat ons Hemelse Vader ons nie aanhou bly veroordeel nie. n aanhoudende vleeslike wandel het beslis veroordeling. n Haat van die vlees, n haat van sonde, n begeerte en bewustheid en n prioriteit strewe om God te gehoorsaam en oor te gee aan Heilig Gees, belyn jou vir hierdie Gees wandel. En die skrif sê – geen veroordeling vir so n persoon.

As jou Hemelse Vader bereid is om jou te vergewe, wie is jy om joueself nie te vergewe nie? Daar is geen sonde wat die bloed van Jesus nie die mag het oor daardie sonde, om dit te vergewe nie. Moenie aanhou om jouself te verwyt nie. Laat gaan dit en laat die kruis van Jesus toe om die volle impak in jou lewe te hê.

GEDAGTE: As jy al oor en oor vir God gevra het om jou te vergewe vir jou verkeerde handel van die verlede, het Hy dit lankal al gedoen. Dis nou tyd vir jou om daaroor te kom en dit te laat gaan. Moenie toelaat dat jou selfverwyte in die pad staan van jou geestelike groei nie.

GEBED: Hemelse Vader, ek glo die leuen dat my oortreding te groot was vir U vergifnis. Dankie dat U n ander waarheid tot my spreek. Die waarheid van “geen veroordeling”. Ek dank U dat ek U vergifnis kan vat en daatmee saam my selfveroordeling kan laat gaan. Ek spreek myself vry. In Jesus Naam. Amen.

Gen 3:4 – Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie”.

Leuen, leuen, leuen. Hoe belaglig is hierdie woorde nie? Nadat God gesê het: “As jy daarvan eet, sal jy beslis sterf”. En wat het gebeur? Hulle het geestelik gesterf, en later fisies. Die dood het toe wel gekom, en nie soos die leuenaar dit gesê het nie.

Wat sê die leuenaar dalk vir jou wat teënstrydig is met dit wat God gesê het? Dalk iets in die lyn van: Dit wat jy gedoen het is darem net te erg. God sal jou nooit vergewe nie. Kyk hoe seer het jy mense gemaak, jy gaan jou hele lewe lank met die nagevolge daarvan lewe.

Weet een ding… Gister het jy gekies om jouself te vergewe en die selfverwyte te laat gaan. Vandag sal die leuenaar elke geleentheid soek om jou te kom lam lê met selfverwyt. Raak geoefen om dit raak te sien. Bid vir geestelike onderskeid om dit raak te sien.

Jak 4:7 voeg by: “Onderwerp julle aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug”. Onderwerp jou aan God se waarheid oor jou, oor jou bestaande situasie en oor jou verlede. Heilige Gees mag dalk die verkeerd uitwys, maar bring altyd saam dit die alternatief wat na die lewe lei. Die leuenaar wys die verkeerd uit en saam met dit mislukking en wanhoop.

Joh 3:17 sê: God het nie Sy Seun in die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word – Jesus is die alternatief vir veroordeling.

Redding, vergifnis, groei, vrede, vreugde, aanvaarding is in jou Hemelse Vader hand en hart vir jou.

Raak bewus van elke leuen van selfverwyt en selfveroordeling wat wil terugkruip en onderwerp dit aan n ander waarheid. God se waarheid. En sien hoe die vyand vlug, elke keer.

(Hierdie proses mag dalk van tyd tot tyd herhaal – die leuenaar is ook n kansvatter)

GEDAGTE: Ook in selfvergifnis is dit belangrik om te dink wat jy dink. Vat die leuns van selfverwyte vas en onderwerp dit aan die ander waarheid van God se woord waarop jy memoriseer en mediteer.

GEBED: Hemelse Vader, dankie dat U n ander waarheid tot my spreek. Die waarheid van U woord (wat is die skrif wat spreek tot jou situasie? Spreek en bid dit.). Ek onderwerp die leuens van my selfverwyte aan U waarheid. Satan, in Jesus naam gee pad met jou leuen. Ek is vergewe en ek vergewe myself. Amen.

Luk 18:13-14 – “Die tollenaar het op n afstand bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my sondaar genadig!’ Ek sê vir julle: Hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is.”

Jesus het hierdie gelykenis vertel om vir ons te leer dat dit beter is om bewus te wees van jou eie tekortkominge en daarom in afhanklikheid van God te leef as om op jouself en jou eie “goedheid” te vertrou en daardeur te dink jy is beter as ander mense om jou.

Die Fariseër was n persoon van n hoë aansien van mense in die gemeenskap gehad het en dis baie duidelik dat hy ook meer van homself gedink het as wat hy moes. Hy het neergekyk op ander mense wat sondaars in sy eie oë was.

Wat hierdie skrifgedeelte relevant maak tot ons sessie van die week oor selfvergifnis, is nie net dat die tollenaar op sy bors geslaan het en homself n sondaar genoem het nie. Hy kon ook nie eers dit regkry om sy oë op te slaan na die hemel toe nie. Dis nie waar dit gestop het nie.

Hy het God aangeroep en gevra om genade.

Hoe belangrik is hierdie laaste stap nie? Wat help dit om net belas te wees met skuldgevoelens en jouself op jou bors te slaan en slegte, afbrekende eienskappe aan jouself te gee? Ek is sleg. Ek is n sondaar. Ek is n mislukking. Ek is teleurgesteld in myself.

Hierdie tollenaar was goed bewus van sy verkeerd. Hy het op sy bors geslaan en homself n sondaar genoem, maar hy het God om genade gevra en daardeur sy afhanklikheid verklaar aan God om hom te vergewe.

Was jy al hierdie tollenaar, maar sonder die uitroep tot God om jou te vergewe? Slegs n slaan op die bors en afbreek maak aan jouself.

Die laaste stap van uitroep tot God om vergifnis, was die sleutel tot Jesus se woorde: “Hierdie man, eerder as die eerste, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is”. Sonder die woorde “O God, wees my sondaar genadig”, sou niks verander het nie en sou die tollenaar steeds net n sondaar met selfverwyte gebly het.

Nou dat jy jou selfverwyte aan God gegee het en om vergifnis gevra het vir jou aksies van die verlede, kan jy gerus wees dat die Here Jesus dieselfde woorde oor jou spreek – iemand wie se saak met God reg is.

GEDAGTE: Moenie jou selfverwyte weer nader trek nie. As dit weer by jou wil kom kuier, herinner jouself en satan aan 1 Joh 2:1-2. As jy op jou bors wil slaan in teleurstelling, moenie dit doen sonder om uit te roep vir genade, God om vergifnis te vra en in geloof dit te ontvang nie.

WordPress Video Lightbox