Seksuele sondes en sielsbande

Wat is die hoofpunte wat vir jou uitgestaan het in die week se sessie? Waarvan het Heilige Gees jou bewus gemaak? Spandeer tyd in gebed met Hom en mag jy ervaar hoe Heilige Gees jou lei na waters waar genesing is.

Gen 1:28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.

Uit die skrifgedeelte is dit baie duidelik dat kinders kry en n nageslag, op God se hart is vir die mensdom. God het vir ons die daad van seks gegee om te vermenigvuldig.

Maar seks is nie net iets wat ons moet verdra net sodat ons gehoorsaam kan wees aan die opdrag van vermeerdering nie. Seks is geskape as iets moois, vir die mens om te geniet. Maar soos meeste ander dinge wat God mooi geskape het, kom satan in met sy vernietigende boosheid om die mooiheid van die skepping af te breek en te vernietig. Omdat seks die mens op so n diep vlak beinvloed, kan ons verstaan dat daar n strategie is om dit teen ons, die kroon van God se skepping, te gebruik.

Sedert die begin van tyd het God bestaan binne die eenheid van 3 persone – Vader, Seun en Heilige Gees. Vader, Seun en Heilige Gees is in n perfekte verhouding met mekaar. Toe kom die Here en Hy maak die mens as n refleksie van wie Hy is.

Wat het dit nou met seks uit te waai?

Seks is wel 2 liggame wat bymekaarkom, maar seks is ontwerp deu God om baie meer te wees. Seks is ook 2 siele wat verbind op n baie diep vlak. Seks verenig 2 persone fisies, emosioneel en geestelik.

Omdat hierdie verbintenis van 2 siele n groot saak in God se oë is, skep Hy toe ook n veilige omgewing waarin dit geniet kan word – die huwelik.

God se prenjie van gesonde seksualiteit is n man en n vrou wat uitsluitlik aan mekaar behoort binne die raamwerk van die huwelik. Hierdie is n veilige omgewing vir man en vrou om mekaar te geniet, vry van vrees, onsekerheid en skande.

Prediker 4:9-12 vertel vir ons hoe 2 beter is as een, maar 3 is nog beter (gaan lees dit gerus). Kan seks binne die huwelik aanbidding wees tot God? Kan die diep liefde, respek en begeerte wat n getroude paartjie slegs vir mekaar het, ook die aandag van die hemel trek, in so n mate dat dit die Skepper van seks verheerlik omdat dit tussen 2 getroude mense geniet word op die manier wat dit voor bedoel is? Ja, ja, ja. Die Hemel glimlag wanneer n getroude paartjie hulleself bewaar net vir mekaar en wanneer hulle saamkom in seksuele intimiteit en mekaar se emosionele tenk volmaak.

Gedagte: Mag Heilige Gees treë vir treë jou beeld oor die seksuele verander en jou en jou huweliksmaat genees om mekaar op dieper vlakke te vertrou en te geniet. Wees dapper en gesels met mekaar oor die onderwerp.

Gebed: Hemelse Vader, dankie dat ek kan vra dat U my beeld oor die seksuele sal kom verander om dit te sien in die lig waarmee U dit geskape het. Iets wat mooi en rein is. Openbaar asseblief elke negatiewe afdruk en ongoddelike sielsband in my lewe en begelei my tot vryheid en genesing. In Jesus Naam. Amen.

Mat 5:27-29 (NLV) – “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle, elke man wat met ’n wellustige oog na ’n ander vrou kyk, het al klaar in sy hart egbreuk gepleeg. En as jou regteroog jou laat struikel, pluk dit liewer uit en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter dat een van jou liggaamsdele tot niet gaan as dat jou hele liggaam in die hel eindig.

Ons het in die Vibrant Hearts sessie na die skrifgedeelte verwys.

Kyk en begeer is egbreuk. Punt. Jy kan dit probeer suiker om die mond sit net soos jy wil. Dit gaan nie verander nie. Die feit dat dit alledaags is in ons samelewing, maak dit nie reg nie. Jak 4:4 voeg by dat vriendskap met die wêreld, vyandskap met God is, en dit praat met egbreukers en egbreeksters.

1.  Pornografie kan jou siel kom steel

Regtig? Dit kan nie wees nie. Kan ek verlore gaan omdat ek gereeld myself aan pornografie blootstel? Wel Jesus sê vir ons in die skrifgedeelte van vandag dat ons eerder ons oog moet uitpluk as ons oog ons laat struikel. Struikel in wat? Struikel in kyk en begeer. Want kyk en begeer is egbreuk en om aanhoudend te struikel hiermee is n probleem. Só n groot probleem dat dit beter is om jou oog uit te pluk as om met albei oë in die hel te beland.

Hoe ernstig is dit om vry te kom van die probleem van pornografie?

2.  Pornografie steel intimiteit met jou huweliksmaat

Pornografie skep baie probleme vir die huwelik. As bevrediging op ander maniere gevind word as die daad van seks tussen n getroude man en vrou, is die daad van seks nie meer nodig nie en droog intimiteit in die binnekamer op.

3.  Pornografie steel intimiteit met God

Skuldgevoel. Dis wat inkruip na blootstelling aan pornografie en mastrubasie. Skuldgevoel hou ons op n afstand met God. Skuldgevoel steel vrymoedigheid om tot God te nader. Satan gebruik skuldgevoelens om mense te keer om tyd eenkant te sit om met God te spandeer, want ek voel vuil en sondig en daarom kan God my nie liefhê nie. Pornografie is n wapen in satan se hand om mense weg te hou van die plek van intimiteit met God.

Hoe ernstig is dit om vry te kom van die probleem van pornografie en mastrubasie?

Gedagte: LCF bied in die nuwe jaar die program Conquer Series aan vir mans by ons manneprogram op Maandae en Vrydae. Die program is gefokus op verslawings soos pornografie. Skakel gerus daar in om meer te leer oor die onderwerp.

Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U my help om met my geestelike wapens te veg om nie verder vir satan te bemagtig om by my te kom steel nie. In Jesus Naam. Amen.

WordPress Video Lightbox