Kruisiging Tydlyne

Jesus is nie Vrydag gekruisig of op Sondag opgewek nie

Wat bedoel jy Friedel? Voordat jy my van kettery beskuldig, lees asb die artikel rustig deur en veral die skrifverwysings wat gebruik word. Die stelling hierbo sal duidelik word hoe verder jy lees.

Hoe lank was Jesus in die graf?

Hoe kan ons drie dae en drie nagte inpas tussen ‘n Vrydagmiddag-kruisiging en ‘n Paassondag-sonsopkoms? Spandeer jy self gou n minuut en probeer om 3 dae en 3 nagte tussen Vrydag en Sondag oggend in te pas. Die feit is, dat ons nie kan nie.  Wat is dan die waarheid oor wanneer Jesus gekruisig is en opgestaan het? Hoe lank was Jesus Christus in die graf?

Dit is onmoontlik om 3 nagte in te pas tussen ‘n laat Vrydag kruisiging en ‘n Sondag oggend opstanding.

Ongeveer een biljoen Protestante en nog ‘n biljoen Katolieke glo dat Jesus Christus op ‘n Vrydagmiddag, ‘Goeie Vrydag’, gekruisig en begrawe is en op dagbreek van Paassondagoggend, weer opgestaan het.

As ons dit egter vergelyk met wat Jesus self gesê het oor hoe lank Hy in die graf sou wees, vind ons ‘n groot teenstrydigheid. Wat het Jesus oor die onderwerp gesê? For as Jonah was three days and three nights in the belly of the great fish, so will the Son of Man be three days and three nights in the heart of the earth” (Matthew 12:40).

Die konteks waarin Jesus Christus hierdie woorde gesê het, is belangrik. Die Skrifgeleerdes en Fariseërs het ‘n wonderbaarlike teken van Hom geëis om te bewys dat Hy inderdaad die langverwagte Messias was. “But He answered and said to them, ‘An evil and adulterous generation seeks after a sign, and no sign will be given to it except the sign of the prophet Jonah'” (verse 39).

Dit was die enigste teken wat Jesus gegee het dat Hy die beloofde Messias was:  For as Jonah was three days and three nights in the belly of the great fish, so will the Son of Man be three days and three nights in the heart of the earth” 

Tradisionele tydsberekening maak nie sin nie

Die Evangelies is duidelik dat Jesus gesterf het en dat sy liggaam haastig laatmiddag, net voor sononder, in die graf geplaas is toe ‘n Sabbat begin het (Johannes 19: 30-42).

Volgens die tradisionele tydsberekening vir “Goeie Vrydag tot Paassondag” is dit een nag en een dag van Vrydag tot Saterdag sononder. Saterdagaand tot Sondag dagbreek is nog ‘n nag, wat ons dan twee nagte en een dag gee.

Waar kry ons dus nog ‘n nag en twee dae om die drie dae en drie nagte gelyk te maak, wat Jesus gesê het dat Hy in die graf sou wees?

Dit is beslis ‘n probleem. Die meeste teoloë en godsdienswetenskaplikes probeer dit omseil deur aan te voer dat enige deel van ‘n dag of nag as ‘n dag of nag tel. Hulle sê dus dat die laaste paar minute van daardie Vrydagmiddag die eerste dag was, die hele dag Saterdag die tweede dag was, en die eerste paar minute van die Sondagoggend die derde dag.

Dit klink tog redelik?

Die probleem is dat dit nie werk nie. Dit kom dan slegs by drie dae en twee nagte uit, en nie drie dae en drie nagte nie.

Johannes 20:1 vertel ons dit ook “on the first day of the week Mary Magdalene went to the tomb early, while it was still dark, and saw that the stone had been taken away from the tomb.”

Sien jy ook die probleem hier? Johannes vertel dat dit nog donker was toe Maria Sondagoggend na die graf gaan en dit leeg vind. Jesus het reeds voor dagbreek opgestaan. Hy was dus nie gedurende enige dagliggedeeltes van die Sondag in die graf nie, en niks daarvan kan as ‘n dag gereken word nie.

Dit laat ons op die meeste met ‘n deel van ‘n dag op Vrydag, die hele Vrydagaand, ‘n hele dagliggedeelte op Saterdag en die grootste deel van die Saterdagaand. Dit is ‘n volle dag en ‘n gedeelte van ‘n ander, en een volle nag en die meeste van ‘n ander — nog steeds ten minste ‘n volle dag en ‘n volle nag kort op die tyd wat Jesus gesê het dat hy in die graf sou wees.

Dit is duidelik dat iets nie sin maak nie. Of Jesus verkeerd gespreek het oor hoe lank Hy in die graf sou wees, of dat die tydsberekening “Goeie Vrydag tot Paassondag” nie akkuraat was nie.

Dit is duidelik dat albei nie waar kan wees nie. So watter een is reg?

Die sleutel is om God se tydlyne te verstaan

Die sleutel tot die tydsberekening van Christus se kruisiging en opstanding lê in die begrip van God se rooster, vir die tel wanneer ‘n dag begin en eindig, asook die tydsberekening van die Here se Bybelse feeste gedurende die lente tyd van die jaar toe hierdie gebeure plaasgevind het.

Ons moet eers besef dat God nie ‘n dag om middernag begin en eindig soos ons nie – dit is ons menslike manier om tyd te tel. Genesis 1:5 sê vir ons baie duidelik dat God ‘n dag begin met die aand (die nag gedeelte) en die volgende aand weer eindig – “En dit was aand [nag] en dit was môre [daglig], die eerste dag.” God herhaal hierdie formule vir die hele ses dae van die skepping.

In Levitikus 23, waar God al sy heilige Sabbatte en feeste lys, maak Hy dit duidelik dat dit ‘van aand tot aand’ gehou moet word (Levitikus 23:32) – met ander woorde van sononder tot sononder, wanneer die son gesak het en die aand het begin.

Jesus het die paasmaaltyd saam met sy dissipels geëet, volgens Joodse tradisie met die sak van die son (die eerste volmaan van hulle Lente), wat die dag 15 van die maand Nissan aangekondig het, die Joodse Paasfees. Daardie selfde aand is Hy gevange geneem en die volgende dag, op Paasfees is Hy gekruisig.

Josef van Arimathea en Nikodemus, wou voor sononder, Sy liggaam haastig in die nabygeleë graf van Josef plaas (Johannes 19:39-42). ‘n Sabbat het teen sononder begin (Johannes 19:31), toe alle werk sou moes staak, anders moes Jesus se liggaam vir die duur van die Sabbat aan die kruis gebly het.

Twee soorte ‘Sabbatte’ lei tot verwarring

 

Soos Johannes ons in Johannes 19:31 vertel: “Therefore, because it was the Preparation Day, that the bodies [of those crucified] should not remain on the cross on the Sabbath (for that Sabbath was a high day), the Jews asked Pilate that their legs might be broken [to hasten death], and that they might be taken away.”

Van die Afrikaanse vertalings vertaal “for that sabbath was a high day” as “die dag van daardie Sabbat was groot” of “want daardie Sabbat dag was n groot dag”. Hierdie vertaling is egter nie heeltemal korrek nie, want die verwysing is na die weeklikse 7e dag Sabbat, daarom verwys ek hier na die Engelse vertaling van “that sabbath was a high day” – die verwysing na n ander spesiale Sabbat.

In die Joodse kultuur is take soos kos kook en huishouding in stand hou ‘n dag voor ‘n Sabbat gedoen om te verhoed dat hulle op God se bestemde rusdag werk. Dus word die dag voor die Sabbat gewoonlik ‘die voorbereidingsdag’ genoem. Dit is duidelik dat die dag waarop Christus gekruisig is en sy liggaam in die graf geplaas is, die dag onmiddellik voor ‘n Sabbatdag was.

Die vraag is, watter Sabbat?

Die meeste mense neem aan dat Johannes praat van die gewone weeklikse Sabbatdag, wat van Vrydag-sononder tot Saterdag-sononder gehou word. Uit Johannes se duidelike verklaring in Joh 19:31, neem die meeste mense aan dat Jesus gesterf en op ‘n Vrydag begrawe is – dus die tradisionele geloof dat Jesus gekruisig is en op ‘Goeie Vrydag’ gesterf het.

Die meeste mense het geen idee dat die Bybel oor twee soorte Sabbatdae praat nie – die normale weeklikse Sabbatdag wat op die sewende dag van die week val (om nie te verwar met Sondag nie, wat die eerste dag van die week is) en sewe jaarlikse Sabbatdae, gelys in Levitikus 23.

Omdat die tradisionele Christendom hierdie Bybelse jaarlikse Sabbatdae (sowel as die weeklikse Sabbat) lankal laat vaar het, het mense al baie eeue lank nie besef dat die evangelies ons duidelik vertel van hoe Jesus Christus gekruisig en opgestaan het – en waarom ‘Goeie Vrydag tot Paasfees’ Sondag” nooit so gebeur het nie.

Die meeste mense merk nie op dat Johannes ons uitdruklik vertel dat die Sabbat wat met sononder begin het onmiddellik nadat Jesus gekruisig is, een van hierdie jaarlikse Sabbatdae was nie. Let op in Johannes 19:31 sy verduideliking dat ‘daardie Sabbat ‘n groot dag was’ – ‘high day’, ‘n term wat gebruik word om die sewe jaarlikse groot Sabbatte van die gewone weeklikse Sabbatdae te onderskei.

Wat was hierdie ‘groot dag’ wat onmiddellik gevolg het op Jesus se kruisiging?

Die Evangelies vertel ons dat Jesus die aand voordat Hy veroordeel en gekruisig is, die Pasga saam met sy dissipels gehou het (Matteus 26:19-20; Markus 14:16-17; Lukas 22:13-15). Dit beteken dat Hy op die Pasga-dag gekruisig is.

Levitikus 23, wat God se feeste opsom, vertel ons dat op die dag na die Pasga ‘n afsonderlike fees, die Fees van die Ongesuurde Brode, begin (Levitikus 23: 5-6). Die eerste dag van hierdie fees is ‘n heilige samekoms waarop ‘geen werk’ gedoen moet word nie (Levitikus 23:7).

Hierdie dag is die eerste van God se jaarlikse Sabbatte. Dit is die ‘groot dag’ waarvan Johannes geskryf het. Verskeie Bybel kommentare, ensiklopedieë en woordeboeke merk op dat Johannes hier verwys na ‘n jaarlikse Sabbat eerder as die gewone weeklikse Sabbatdag.

Pasga het teen sononder begin en die volgende dag teen sononder geëindig, toe hierdie jaarlikse Sabbat begin het. Jesus het die Paasfees saam met sy dissipels gehou en is later daardie aand gearresteer. Na dagbreek die volgende dag is Hy ondervra voor Pontius Pilatus, gekruisig, en dan haastig begrawe net voor die volgende sonsondergang toe die ‘groot dag’, die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brode, begin.

Levitikus 23 vertel die volgorde en tydsberekening van hierdie dae, en die Evangelies bevestig die volgorde van die gebeure soos dit ontvou het.

Jesus is Woensdag gekruisig, nie Vrydag nie

Verskeie rekenaarprogramme bestaan wat ons in staat stel om te bereken wanneer Paasfees en God se ander feeste in ‘n bepaalde jaar val. Hierdie programme toon dat die pasga-maaltyd op die jaar van hierdie gebeure, Dinsdagaand geëet is (na sononder) en Woensdag sononder die begin was van die ‘Groot Sabbat dag’, die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brode.

Jesus is toe gekruisig en begrawe op ‘n Woensdagmiddag, nie op Vrydag nie. Dit is hoe die maan siklus geloop het in daardie jaar om op die 15e van die maand Nissan, die dag van fees met ‘n volmaan aan te kondig.

Kan ons verdere bewys hiervan in die Evangelies vind? Ja, ons kan inderdaad!

Kom ons kyk na ‘n selde opgemerkte detail in Markus 16:1: “Now when the Sabbath was past, Mary Magdalene, Mary the mother of James, and Salome bought spices, that they might come and anoint Him.”

In daardie tyd, as die liggaam van ‘n geliefde in ‘n graf geplaas was (eerder as om dit direk in die grond te begrawe), sou vriende en familie gewoonlik geurige speserye in die graf langs die liggaam plaas om die slegte reuk te verminder.

Aangesien Jesus se liggaam in die graf geplaas is net voor die begin van die Hoog-Sabbat, het die vroue nie die tyd gehad om daardie speserye voor die aanbreek daarvan te bekom nie. Hulle kon dit ook nie op die Sabbatdag gekoop het nie, want winkels was gesluit. Dus, sê Markus, het hulle die speserye na die Sabbat gekoop – ‘toe die Sabbat verby was’.

Maar let op op ander onthullende inligting in Lukas 23:55-56: “And the women who had come with [Christ] from Galilee followed after, and they observed the tomb and how His body was laid. Then they returned and prepared spices and fragrant oils. And they rested on the Sabbath according to the commandment.”

Sien jy die uitdaging hier? Markus sê duidelik dat die vroue die speserye na die Sabbat gekoop het – ‘toe die Sabbat verby was.’ Lukas vertel ons dat die vroue die speserye en geurige olies voorberei het, waarna ‘hulle volgens die gebod op die Sabbat gerus het.’ Markus sê duidelik dat die vroue die speserye na die Sabbat gekoop het – ‘toe die Sabbat verby was.’

Hulle het die speserye na die Sabbat gekoop, en berei die speserye voor voordat hulle op die Sabbat rus. Dit is ‘n duidelike teenstrydigheid tussen hierdie twee Evangelie verslae – tensy daar twee Sabbatte betrokke was!

As ons verstaan dat daar twee verskillende Sabbatte genoem word, verdwyn die probleem.

Markus vertel ons dat die vroue die speserye gekoop het om die liggaam van Jesus te salf na die ‘Groot dag’ Sabbat, wat Woensdagaand teen sononder en Donderdagaand teen sononder geëindig het. Lukas vertel ons dan dat die vroue die speserye voorberei het – ‘n aktiwiteit wat op Vrydag sou plaasgevind het – en dat hulle daarna ‘volgens die gebod’ op die Sabbat [die normale weeklikse Sabbatdag, Vrydag-sononder tot Saterdag-sononder gehou het, ‘gerus het.’

Deur die besonderhede in albei verslae te vergelyk, kan ons sien dat daar twee verskillende Sabbatte genoem word, tesame met ‘n werkdag tussenin. Die eerste Sabbat was ‘n ‘Groot dag’ – die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brode, wat op ‘n Donderdag geval het. Die tweede was die weeklikse sewende-dag Sabbat.

Die oorspronklike Grieks waarin die Evangelies geskryf is, vertel ons ook dat daar twee Sabbatsdae by hierdie verslae betrokke was. In Matteus 28:1, waar Matteus skryf dat die vroue ‘na die sabbat’ na die graf gegaan het, is die woord Sabbat hier eintlik meervoudig en moet dit vertaal word as ‘Sabbatte’. Bybelweergawes soos Alfred Marshall se Interlinear Greek-English New Testament, Green’s Literal Translation Young’s Literal Translation en Ferrar Fenton’s Translation maak dit duidelik.

Wanneer het Jesus dan opgestaan?

Ons het dus gesien dat Jesus Christus op ‘n Woensdag gekruisig en begrawe is, net voordat ‘n jaarlikse Sabbat begin het – nie die weeklikse Sabbat nie. Wanneer is Hy dus opgewek?

Johannes 20:1, soos vroeër opgemerk, vertel ons dat: “on the first day of the week Mary Magdalene went to the tomb early, while it was still dark, and saw that the stone had been taken away from the tomb.” Die son het nog nie opgekom nie – ‘dit was nog donker’, vertel Johannes ons – toe Maria die graf leeg gevind het.

Dit is dus duidelik dat Jesus Sondagoggend nie met sonop opgewek is nie. Wanneer het dit dan plaasgevind? Die antwoord is duidelik as ons eenvoudig die Evangelies lees – en Jesus Christus se eie woorde – en dit aanvaar vir wat hulle sê.

“For as Jonah was three days and three nights in the belly of the great fish, so will the Son of Man be three days and three nights in the heart of the earth,” sê Jesus (Matteus 12:40).

Soos ons bewys het, is Jesus begrawe – ‘in the heart of the earth’ – net voor sononder op ‘n Woensdag. Al wat ons hoef te doen is om vorentoe te tel. Ons bring ons een dag en een nag na Donderdag teen sononder. Nog ‘n dag en nag bring ons na Vrydag teen sononder. ‘n Derde dag en nag bring ons na Saterdag teen sononder.

Volgens Jesus Christus se eie woorde sou hy drie dae en nagte nadat Hy begrawe is, op dieselfde tyd — naby sononder – opgewek gewees het. Pas dit by die Skrif? Ja – soos ons gesien het, het Hy reeds Sondagoggend opgestaan en die graf leeg toe Maria daar aankom, terwyl dit nog donker was.

Terwyl niemand in die omtrek was om sy opstanding te sien (wat plaasgevind het in ‘n verseëlde graf wat deur gewapende wagte opgepas is nie), wys Jesus Christus se eie woorde en die besonderhede in die Evangelies dat dit drie dae en drie nagte na sy begrafnis moes gebeur het, naby sonsondergang aan die einde van die weeklikse Sabbat.

Probeer soos jy kan, dit is onmoontlik om drie dae en drie nagte tussen ‘n laat Vrydag begrafnis en ‘n Sondagoggend opstanding in te pas. Die tradisie van Goeie Vrydag – Paassondag is eenvoudig nie waar nie. Maar as ons na al die besonderhede in die Evangelies kyk en dit met Jesus se eie woorde vergelyk, kan ons die waarheid sien – en dit pas perfek.

Die woorde van die Engel van God, wat die vroue so by die leë graf laat skrik het, is waar: “Do not be afraid, for I know that you are looking for Jesus, who was crucified. He is not here; he has risen, just as he said” (Matthew 28:5-6, New International Version).

Die Ou Testament en die Nuwe Testament saam is die Woord van God en sonder die Ou Testament se fondasie, sou sommige dinge in die Nuwe Testament nie vir ons sin maak nie. Die meeste van julle mag dalk vir die res van julle lewe Paasfees hou tussen Goeie Vrydag en Opstanding Sondag. Dis nie wat ek probeer verander nie.

Jy mag dalk vir my sê: “Wat maak dit saak op watter dag dit gebeur het Friedel? Die belangrikheid is dat dit wel gebeur het en dat ons dit jaarliks herdenk.” Die rede hoekom ek hierdie uitlig is om die dilemma van 3 dae en 3 nagte uit te lig en dat ons nie die Bybel se integriteit moet betwyfel nie, al maak ons somme nie sin nie. Die “versteekte” waarheid van 2 Sabbatte in die week, ondersteun 100% Jesus se woorde asook die skrywer van die Evangelies.

Is dit nie wonderlik om uiteindelik ook ‘n antwoord te kry op jou vraag rondom hierdie tydlyne nie? En dit met ‘n 100% verduideliking en ondersteuning van die Woord van God.

WordPress Video Lightbox