Wat is die hoofpunte wat vir jou uitgestaan het in die week se sessie? Waarvan het Heilige Gees jou bewus gemaak? Spandeer tyd in gebed met Hom en mag jy ervaar hoe Heilige Gees jou lei na waters waar genesing is.
Eks 20:5(b) – Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van die wat My haat…
As Vaders en Moeders het ons lewe n impak en invloed in ons kinders en kindskinders se lewe. Deu 28 se seëninge en vloeke maak dit ook duidelik. As ek Deu 28 se sëninge beleef, sal my kinders die seën beleef. As ek gebukkend gaan onder Deu 28 se vloeke, sal my kinders dit ook so beleef.
Om n gesonde individue te wees, is gesondheid op 3 vlakke nodig nl: liggaam, siel en gees. “Ongesondheid” in enige van hierdie areas beinvloed nie net myself negatief nie, maar wetenskaplike navorsing toon dat ons nageslag ook negatief beinvloed word daardeur agv die impak van ons keuses ten opsigte van dieeet, die invoed van ons omgewing op ons en lewensgebeurtenisse op ons gedagtes, hart en liggaam wat ons DNA en gene beinvloed. Hiedie invloed op gene en DNA vlak het n rippel effek op ons nageslag.
Die wonderlike nuus is dat ons n invloed het op die uitkoms.
Jou wandel van gehoorsaamheid na lewe saam met Vader, Seun en Heilige Gees op al 3 vlakke van jou lewe (liggaam, siel en gees) kan veranderinge op DNA en gene vlak bewerkstellig wat n positiewe uitkoms (n seën) op jou en jou nageslag kan bring.
Die waarheid opgevang in Eks 20:5 is nie net omdat Die Here sit en n besluit van seën en vloek maak nie, maar omdat Hy ook as Skepper weet watter impak dit in my liggaam het en hoe dit oorspoel in my nageslag se lewens.
Hierdie is n kort en kragtige opsommende video van dit waaroor ons gesels: https://vimeo.com/97876005
GEDAGTE: Mag hierdie kennis jou opgewonde maak om lewe te begin kies. Dit wat lewe bring oor jou liggaam, jou siel en jou gees. Die verandering wat kom is nie net op gedrag vlak nie, maar baie dieper. Die verandering beinvloed nie net jou dag vandag nie, maar jou en jou nageslagte se toekoms.
GEBED: Hemelse Vader, al verstaan ek nie alles nie, kies ek gehoorsaamheid en kies ek om meer tyd met U en in U woord te spandeer. Help my om stap vir stap, dag vir dag die regte keuses te maak wat my en my kinders se lewe positief sal beinvloed. In Jesus Naam. Amen.
Spr 3:7-8 (AFR53) “Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad; dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente”.
So, om af te wyk van die kwaad is genesing vir my liggaam. Neeeee. Dit kan nie wees nie. Interessant dat Salomo se raad aan sy seun om nie wys te probeer wees in sy eie oë nie, gevolg word deur n goue sleutel vir gesondheid in ons lewe.
Epiginetika is dalk n nuwe woord en onderwerp vir jou, so jou gedagtes veg hierteen omdat dit vreemd is. Ons voel dalk dat ons gemakliker sou gewees het om voor n mediese Dokter te sit en dit te hoor. As n Spesialis dit vir ons vertel, dan sal ons uit die spreekkamer stap, dit glo en verder gaan Google om ons huiswerk hieroor te doen. Maar nou kom hierdie woorde van iemand af wat duisende jare terug gelewe het en wat weet wyse ou Salomo tog?
Wetenskap en die mediese wêreld het in die laaste jare al hoe meer dinge uitgevind wat die Bybel bevestig. Net so ten opsigte van hierdie skrifgedeelte.
Hoe belangrik is n wandel van gehoorsaamheid na lewe? Salomo kom sê vir ons dat hierdie beginsel n dieper impak het as net op siel en gees vlak. n Wandel van gehoorsaamheid is ook genesing vir die liggaam en n verkwikking vir jou gebeente.
Vrees die Here en doen wat Hy sê. Laat Sy weg en Sy riglyne jou pad en fondasie raak.
Raak ontslae van bitterheid, vergewe waar jy moet, moenie jouself haat nie, moenie dat jou gedagtes toksies wees en maak dat jy gebukkend onder vrees lewe nie. Hierdie is maar n paar voorbeelde van die kwaad waarvan ons moet afwyk en wat veroorsaak dat ons mank loop in ons geloofslewe; maar dit het ook n negatiewe inpak op ons liggaam en ons gesondheid.
n Gesonde liggaam met gebeente wat verkwik is weer oordraaglik in die spermselletjie en eierselletjie wat mekaar ontmoet en geboorte gee aan die volgende geslag. Moet nooit dink dit is te laat nie. Die merkers kan verander. Jou kinders is nie net oorgelaat aan dit wat reeds gebeur het nie.
Hoe sien ek om na my liggaam? Ek moet gereeld oefeninge doen. Ek moet oplet wat ek by my mond inprop. Dis 2 algemeen bekende punte. Salomo kom voeg by. Vrees die Here en wyk af van die kwaad.
GEDAGTE: Treë vir treë… Dis hoe jy daar gaan kom. Watter eerste treë kan jy gee wat jou in die regte rigting gaan stuur om genesing vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente te bewerkstellig?
GEBED: Hemelse Vader, ek kies gehoorsaamheid. Dit waarvan U my bewusmaak, dit kies ek te doen. Help my asb om nie net n hoorder van U woord te wees nie, maar n dader. Ek glo dat my liggaam stap vir stap, soos ek gehoorsaamheid kies, ook die seëing van genesing en vekwikking sal ervaar. In Jesus Naam. Amen.
Ese 22:30 (NLV) – Ek het gesoek na iemand wat die muur wat die land beskerm, kon herbou. na iemand wat voor My in die gaping in die muur kon staan sodat Ek nie die land hoef te vernietig nie, maar Ek het niemand gekry nie”.
In hierdie fotos is die mure om die ou stad van Jerusalem sigbaar. In antieke tye, was hierdie hoë mure die beste manier om n stad met sy inwonders te beskerm. Heel bo op die mure is gapings ingebou waar soldate aan die binnekant van die muur kon waghou asook staan en veg indien vyande die stad wou inval.
Vanuit die gaping, kon die stad teen vyande beskerm word. Die soldaat wat in die gaping staan, beskerm die muur om die stad. Die soldaat en die muur staan tussen die vyande van die stad wat dreig om in te kom en die inwonders van die stad.
Ese 20 skets vir ons die prentjie waar Israel se sonde hulle ingehaal het en die verwoesting van Jerusalem voor hande was. Met Sy woorde in vers 30, maak die Here dit duidelik dat die verwoesting van die stad verhinder kon word, as daar net iemand was wat in die gaping sou kom staan tussen God en die mense om in te treë vir die mense, maar niemand is gevind nie.
Psa 106:23 vertel vir ons van n keer wat Moses in die gaping kom staan het tussen God en die volk – “Hy het gesê Hy sou hulle vernietig, maar Moses, Sy uitverkorene, het vir die volk in die bres getree en gepleit dat God hulle nie in sy toorn vernietig nie”.
Die beginsel van in die gaping staan vir die land, in die gaping staan vir n persoon is nie onskriftuurlik nie. Ons kan intree en die geestelike geveg kom veg. Ons kan ons wapens opneem en deur gebed intree en daardeur die vernietiging wat dreig, kom afweer.
Wie sal in die gaping staan vir jou familie en nageslag? Moenie dat die hartseer woorde kom herhaal: “Ek het iemand gesoek om in die gaping te staan, maar het niemand gevind nie”. Moenie onderskat watter krag jou gebed het nie. Moenie onderskat wat die impak gaan wees van jou hart wat weer volkome na die Here toe draai, nie net in jou lewe nie, maar ook in jou nageslag se lewe.
Kies jy om te draai na Hom met jou hele hart. Kies jy om verder in die gaping te staan vir solank as wat dit nodig is. Die Here wat gebede verhoor, sal ook jou uitroep om genade hoor en die land / jou nageslag, kom red.
GEDAGTE: Waar vra Heilige Gees vir jou om in die gaping te staan?